SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    27 Julie 2004

    HOE NUUT IS SUID-AFRIKA NJANNIES KUPHELA? ...

    In ’n SA vol rassehaat en nyd (en dit kom beslis nie net van die Doodgewone Ouens en Wetters van hierdie wêreld nie) waar apartheid of “afsonderlike ontwikkeling” gewoon omgekeer is en herdoop is tot Affirmative Action; waar ’n skare op die begrafnis van ’n heldevereerde rassis dus “kill the farmer, kill the Boer” mag chant sonder om deur die nuwe leiers tot orde geroep te word en die gevolg daarvan die toenemende uitmoor van boere is in die aangesig van ’n polisiemag wat al minder en minder van hierdie sake oplos en die rassistiese moordenaars tot orde bring(waarom, wonder ek?); waar iemand soos Leigh Matthews op die wreedste (on)denkbare wyse deur die izinswelaboya misbruik en vermoor word, in watter mate is daar dan werklik sprake van ’n “nuwe” Suid-Afrika? Of het ons bloot maar die “oue” se rigting verander maar die beginsel andersins mutatis mutandis behou? For the sake of just injustice?

    My eerste sin hierbo is so lank omdat die lys rassisties-gedrewe wandade in die naam van (vertikale) reg en geregtigheid so baie is. Maar steeds is die sin nóg volledig, nóg naastenby opweg daarheen om volledig en afgehandel te wees. Verwoerd se poging om apartheid of blatante rassediskriminasie te verstroop tot afsonderlike ontwikkeling en later selfs Connie Mulder se wysgerige amanzimtoti daarvan tot plurale gemeenskappe, was totaal onsuksesvol in hul pogings om pap by wyse van spreke in porridge te verander. Net soos in die geval van die meer brawe skrywers hier op SêNet, is die enigste ding waarin werklik geslaag is om die werklike kak agter ’n skuilnaam vir ’n skildvel te verberg. Hoe kan mnr Mbeki et al dan nog dink die jongste “nuwe” naam vir apartheid en dus vertikale diskriminasie tussen die rasse (na smaak versout met die slagspreuk “kill the farmer, kill the Boer” wat dan ook ewe getrou in praktyk op aangaande wyse volbring word) skielik aanvaar sal word as ’n “verontmisdadisering” van die grootste misdaad teen die mens en sy menswaardigheid in general? En hoe dan kan daar beweer word dat ons nou ’n “nuwe” Suid-Afrika is as ons steeds ewe “oud” nie ’n nie-rassige regering het nie, waarna Ministers met trots as “swart” regering verwys? Die ou “wit” regime was eenrigting anti-swartgekant; wat maak ’n “swart” regering nou danig heilig genoeg om nie anti-witgekant te wees, soos dan ook uit die feite skyn te blyk nie? Ons hoor mos ook – en moet dit vir soetkoek opvreet – dat hierdie nuwe vorm van afsonderlike ontwikkeling se einde nog ligjare van in sig is. In die proses word die haat waardeur dit sodanig onderlê word, deur die agbare Minister op die brood geplak van Afrikaners wat lank voordat apartheid nog in 1948 deel van die konstitusie geword het geleef en hul nou gewraakte uitlatings gemaak het. Dis dan hierdie uitlatings uit vevloeë se dae wat volgens die Agbare die Minister die “swart” regering se bevoordeling van “swartes” (who are more equal than the rest of the nation, so therefore “kill the farmer, kill the Boer”) gebaseer op die beginsel van ras regverdig.

    Quo vadis dan nou met die verskillende vorme van apartheid wat die rassistiese brein kan bedink? Wat gaan op die cliché affirmative action volg?

    En wat Afrikaans betref – daai taal wat toenemend uit die skole en die openbare sektor gedwing word en wat gretiglik deur instellings wat vroeër gekleim het hulle is Afrikaans opgegee word en waarvan alle boeke uit staatsbiblioteke (in opdrag?) verwyder en verpulp word – het ek betreklik min hoop gesien die toenemende gretige gewilligheid van so baie Afrikaners om die nuwe rassisme van regstellende aksie met allerlei rasionalisasies ter wille te wees. Gratkruip het die virtue van ons tyd geword. Dikwels onder naais akademiese en wysgerige redenasies van die “intellektuele” oom en antie Toms in onse midde. Ons het heeltemal te veel van hierdie onkels en anties om te kan voortbestaan. Deesdae is daar selfs meer van hulle as wat daar hijackers daarbuite is. Skynbaar is daar goeie redes vir Duitsers in Duitsland en Franse in Frankryk en Nederlanders in Nederland om respektiewelik rondom Duits en Frans en Nederlands saam te trek sonder om as laertrekkers beskou te word in die goor sin van die woord deur hul eie mense. Maar die nuwe Trek van onse Broederbond is om Afrikaans te verloën. Kyk maar ’n bietjie rond wat vang juis die ou groot reuse van die destydse “Afrikaanse” besigheidswêreld nou so ewe “ja, baas, goed, my baas” aan. Party van hulle se hoge seders gee hul kinders dan nie eens meer Afrikaanse name nie en stuur hul ook nie meer Afrikaanse skole toe nie. Oom Jacques Shirac, wat sou jy daarvan sê as julle Franse ou bloedjies skielik Engelse name sou kry en Engelse skole toe sou gestuur word daar in Parys en so aan? Miskien het jy jou Hugenoot-afstammelinge hier in Afrika iets van werklike integriteit en beginselvastheid mee te dele, of wat praat die ou in hierdie Huis van Oom Siener alles?

    Die sg “intellektueles” wat hier op SêNet ewe akademies-wysgerig inderdaad vir die ondergang van Afrikaans pleit, is Afrikaans se doodsteek saam met die amptelike apartheid (regstellende aksie) en al die Vlakplase (plaasmoorde, verkragtings, kapings waarop die dood met eentonige reëlmaat volg). Ons is geteiken om uitgewis te word, met of sonder oom en antie Tom. Maar hul “samewerking” kan dit heelwat smaakliker maak.

    Daarom gooi ek handdoek in. Dit laat my onwillekeurig dink ook aan al die sieners wat onse nasie oplewer. So spreek Oom Siener nou weer hier op SêNet met soveel bravade van sy huis aan die ander kant af tot ons. Weer eens maar net gewone skisofreniese waandenkbeelde of maar net nog meer safe-guarding opportunisme? Want die Oom laat my dink aan ’n ou NP-parlementariër wat een oog gehad het terwyl die ander permanent toe en nie-sienende was.

    Die opposisie het destyds ogv hierdie ou oom se aansprake en uitsprake in die “wonderlike” naam van apartheid die stelling gemaak dat hy sy oop oog op sy salaris en voordele het wat met die LP-joppie kom en die toe een op wat werklik in die landsbelang was. Nou wonder ek net: siende dat ons almal eintlik met drie oge geseend is, watter een het Oom Siener op die weklikheid?

    Moedelose Neelsie vra maar voordat hy heeltemal handdoek mbt alle hoop op uitkoms ingooi.

    Swysie, jy sal hierdie ou sommer dadelik kan plaas, naamlik:

    uBhekifa

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.