25 Junie 2004
AFRIKAANSE VERTONINGS OP DVD ...
Suid-Afrikaanse kunstenaars behoort dit te oorweeg om van hulle lewendige
vertonings op DVD op te neem. Op hierdie stadium weet ek net van twee
musiek DVDs deur Afrikaanse kunstenaars, Matthys Roets en Steve Hofmeyr.
Die hartseer is dat van die topvertonings nie op DVD opgeneem word nie; ek dink aan vertonings soos Anton en Vrinne (brilliant), Skouspel, Karen Zoid gaan nou n Unplugged toer doen, daar is vele meer. Tony Cox, Maurits Lotz, DNA Strings, Gian Groen, te veel om te noem. Selfs Koos Kombuis se Blou Kombuis sou goed op DVD gewees het.
Hier op die platteland is dit moeilik om topvertonings by te woon, die
kunstenaars wat hierheen kom is nou nie om oor rave nie. Ja, ons gaan ook
Potch en Oudshoorn toe, en woon n gig in Pretoria by as ons in die stad
kom.
Ek neem aan dat die kostes aan so n projek hoog kan wees, ek dink tog daar
is n mark vir Afrikaanse musiek vertoning DVD,s (Live met n band), net nie n Belboks musiekvideo-kompilasie nie.
Wil graag hoor van ander LitNet regulars, Katvrou, Piet pompies,
Dorpstraatbewoner en company.
Groete
Doinkie
terug