SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    10 Junie 2004

    EK LAG SAAM, VIR JEANNE GOOSEN ...

    “Ek lag my gat af” is vir my ’n biezondere lewensfilosofie. Ek probeer self soveel tyd as moontlik inruim vir my stokperdjie: om te glimlag. (Bloot omdat ek te blerrie lelik lyk as ek voluit lag.)

    Met jou sal ek lekker kan gesels, en bietjie baklei ook. Maar dan moet ons saam om ’n pampoen gaan sit, lyk dit my. Dan kan ek ook sommer vir jou vra wat is hierdie ding wat baie mense oor pampoene het. Breytenbach het glad ’n pampoen gaan sit op Marthinus van Jaarsveld se doodskis — wrintie dan nou!

    (Maar tog wil ek vrek oor pampoenkoekies. My ma het altyd pampoen gekook vir middagete, met suiker en kaneel, en dan koekies van die oorskiet gemaak vir aandete. Ek het die hele dag geleef vir daardie awendmaal. Maar laat ek herhaal en beklemtoon: dit geld net vir pampoenkoekies).

    Nou wil ek darem vir jou sê, JG: ek wil-wil hier en daar met jou verskil oor Afrikaans. Net so ’n opmerkinkie of twee.

    Jou waarneming by die skool in Atlantis is baie mooi. Dis betekenisvol dat die kinders so dink, maar dit kan mos nie as gesaghebbend beskou word nie. Afrikaans het nie die statuur bereik wat hy vandag beklee alleenlik omdat arm mense dit gepraat het nie — en ek sê dit met alle respek. Jy en ek kan vandag die luukse smaak van ’n moedertaal in sy huidige vorm juis omdat daar vroeër dae voor gewroeg is, en omdat daar vandag nog hard gewerk word om ten minste dit wat bereik is — op alle vlakke — te bewaar. Ek wil nie ’n klomp voorbeelde noem nie — jy’s immers op hoogte van sake. (Dit klink mos soveel beter as daai hoge “op die hoogte”.)

    Maar kyk, as mens aan die voortbestaan van ’n taal dink, dan dink jy ook mos aan dinge soos formele onderwys. ’n Senior onderwysvrou sê nou die dag vir my daar is vandag slegs 2000 onderwysstudente in die land. Blykbaar in totaal. Ek gee dit nou maar aan teen dieselfde prys. (Het jy geweet ’n klomp onderwyskolleges staan leeg?) Nou wonder ’n mens waar gaan Afrikaanse, en Afrikaans-, onderwys oor sê tien jaar staan?

    Jou opmerkings oor Afrikaans as ’n “witmenstaal” is ietwat onvolledig (open ended?) Ek persoonlik sien nie ons taal as slegs ’n witmenstaal nie, en ek glo nie dis ’n credo by enige huidige taalfundi of -stryder nie. En ’n goeie argument vir die teendeel, is hoeveel bruinmense (ook swartmense) hulself heelhartig in die “taalstryd” inwerp, op alle vlakke, ook waar dit die handhawing en (hopelike) voortsetting van die hoër funksies van ons almal se taal aanbetref.

    Komaan 008: gooi jou strugglenet wyd!

    (Luister, ek het lankal jou Pawpaw gekoop, maar probeer myself nog steeds in die psige van ’n hond insaik. Ek moet nou waai — dis pampoentyd, om dr Anton Prinsloo se beroemde anglisisme te gebruik).

    Groetnis.

    Swys

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.