SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    27 Januarie 2001

    SENDELINGE EN VROUENS: PROBEER SIN MAAK ...

    “Toe die sendelinge hier aangekom het, het ons die grond gehad en hulle die Bybel. Hulle het gesê ‘Sluit die oë’ en ons het gebid. Toe ons ons oë oopmaak, het ons die Bybel en hulle die grond.”

    - Afrikaanse verhaal van onbekende oorsprong


    “Wat ons [swart teoloë] wil doen is om die grond terug te kry sonder om die Bybel te verloor ... of liewer: om die Bybel te gebruik om die grond terug te kry.”

    - Prof. Tinyiko S. Maluleke


    “Die teloorgang van die Christendom as ’n soliede, deeglik geïntegreerde kulturele kompleks onder kerklike beheer in Europa, saam met ander faktore, het ’n romantiese drang onder baie sendelinge gestimuleer het om na Afrika en Asië te gaan om die lewenswyse van die ‘goeie ou’ dae van Christelike Europa te herbou en te herleef ... Wat meer is, sendelinge wat op verlof huis toe gegaan het was geskok deur sommige van die radikale teologiese aksente wat uit die nuwe, sekularistiese Europa voortgekom het. Hulle teologiese ‘tuisbasis’ waaraan hulle geestelike hulpbronne ontleen het in hulle konfrontasie met heidense ‘opvattings en bygelowe’, is onverwags ondermyn deur die aanhangers van ‘liberale teologie’. Die sendeling het skielik ontdek dat hy kultureel en geestelik ’n vreemdeling in eie huis was. Dit is geen wonder dat die ou, tradisionele, landelike kultuur [van Afrika] oënskynlik gepas het op sy drome oor die goeie ou Europa nie. Bewus van die feit dat hy niks kon doen om die golf van kulturele ontwikkelinge in Europa teë te hou nie — veral as sy opleiding hom slegs gekwalifiseer het om as sendeling oorsee te werk -, kon hy ten minste emosionele en geestelike kompensasie in Afrika bereik ... Die sendeling wou dolgraag met Afrika ‘trou’ noudat Europa ‘ontrou in haar liefde’ geblyk het ... Die Evangelie van Christus moet die swartmens nie net van sonde — in die klassieke sin — bevry nie, maar ook van die kwade gevolge van die ideologieë wat andere geformuleer het as teoretiese basis vir hul verhouding met hom / haar ... Die metodologie van Swart Teologie neem die situasie van die swartmens ernstig en probeer die evangelie verstaan in verhouding tot die ervaring binne daardie situasie”

    - Manas Buthelezi


    “Ons moet die moontlike gevolge van vroulike gesigspunte vir die kerk in Afrika in oorweging neem ... Soos vrouens toenemend hul ervarings deel, sal die kerk in Afrika gedwing wees om te luister na ’n groep mense wat tot nog toe geen stem gegun is nie. Die kerk sal nie alleen luister nie, maar sal ook verryk word met talente en gawes wat tot vandag toe nog nie ontgin is nie. Vroue sal moed en respek oes. As hulle mekaar hoor, Oos en Wes en Suid en Noord, sal Afrikaanse vroue hulle verhale begin sien as kollektiewe en korporatiewe verhale van God se geloofsvolk. Hierdie ervaringe sal hulself omvorm tot ’n litanie waarin onbenullighede stelselmatig agtergelaat word en patrone van gemeenskaplike triomf, uithouvermoë, verlossing en bevryding na vore kom. Afrikaanse vroue kan nie meer die wil om te verrys weerstaan nie.”

    - Mercy Amba Oduyoye en Musimbi R.A. Kanyoro


    “Die christendom in Afrika ... die herlewing van ’n nie-Westerse religie.”

    - Kwame Bediako


    (By the way, Jaap Uys en Piet Pompies se veronderstelling dat sending na ’n post-christelike Europa nouliks voorkom is gewoon foutief. Groot getalle (swart) sendelinge uit Afrika sak jaarliks op Europa toe in die (vir Westerlinge ongehoorde) oortuiging dat hulle iets oor spiritualiteit vir witmense te lere het.)

    Gerrit Brand

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.