6 Mei 2004
BABELSE TAALKANKER VIR GERRIT ...
Gerrit maak hierdie asemrowende stelling: “Is dit regtige die einde van die wêreld as deelnemers aan ’n konferensie nie altyd verstaan wat gesê word nie?” Ek hou daarvan. Ek hou baie daarvan!
Dit bevestig my vermoede (nee: my empiriese waarneming) oor tien jaar as profestor in die geesteswetenskappe dat konferensies en kakpraat sinonieme is. Glo my: selfs toe almal Afrikaans met mekaar gepraat het, was daar soveel hoogdrawendhede, sulke taalvertoon, sulke warm lug dat Jors Troelie min gesnap het!
Die beste is, soos my Unisa-kollega dit so mooi gestel het: “En geen tak kraak daarna nie.” Dus: na al die vurige gepraat, vlieë-afvangery en bepaling van hoeveel engele op die punt van ’n naald dans, gebeur net mooi niks. (Behalwe ’n owerspelletjie of twee.)
En nou sit ek hier in Oz met my blouboordjiejoppie — min tyd en g’n geld vir kakpraat nie. En ten minste kan ek saans trots wys: Daai lewwetrie daar, ek het hom gefieks.
Dis meer as wat ’n konferensieganger kan sê.
Klaas Krissen
terug