SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    24 Maart 2004

    ENLIGHTENMENT ...

    Daar is ’n woord — noem dit maar “X” — wat Oosterse mistici graag gebruik. Blykbaar is dit ’n sentrale begrip sowel in Boeddhisme as in Hindoeïsme en ander Oosterse godsdienste. Ek weet nie wat die woord in Sanskrit, Mandaryns of enige ander Oosterse taal is nie — Johann Rossouw moet maar sê — maar ek weet dat dit in Engels vertaal word as “enlightenment”. Daaruit sou ’n mens seker kon aflei dat dit in Duits “Aufklärung” en in Afrikaans “verligting” sal heet.

    “Enlightenment”, “Aufklärung” en “verligting” verwys in die Weste na die filosofie van die 18de eeu — die klassieke teks is Kant se “Wat is verligting?”. Verligting beteken vir Kant mondigwording — dit wat met ’n mens gebeur wanneer jy vir jouself dink in plaas van om op tradisie en gesag staat te maak.

    En in die Ooste? Wie weet, dalk beteken X iets heeltemal anders? Maar dan ook weer nie so anders nie, want wat dit ook al mag beteken, dit is klaarblyklik naby genoeg aan die Westerse begrip om in Engels met dieselfde woord, “enlightenment”, vertaal te word.

    Nou is daar ’n interessante linguïstiese verskynsel wat ek graag verklaar wil hê. Sodra Afrikaanssprekendes — en dit is letterlik net hulle in die hele wêreld wat hierdie vreemde gedrag toon — oor X praat, dan gebruik hulle die Engelse woord “enlightenment”, nie die Afrikaanse “verligting” nie. Blykbaar is daar dus ’n subtiele betekenisverskil tussen “enlightenment”, “Aufklärung”, “verlichting” ens enersyds en “verligting” andersyds wat van so aard is dat eersgenoemde klomp begrippe “X” toereikend vertaal, maar laasgenoemde nie. Om sake verder te kompliseer, is die verskil tussen eersgenoemde klomp en laasgenoemde egter nou weer nie so groot dat dieselfde probleem hom tov 18de eeuse filosofie voordoen nie — daar kan al die woorde, “verligting” inkluis, gebruik word om na dieselfde ding te verwys. Kennelik is hier ’n baie gesofistikeerde semantiek aan die werk! Dit is in elk geval die enigste logiese verklaring vir Afrikaanssprekendes se gewoonte om, al Afrikaanspratend, “enlightenment” eerder as “verligting” te sê wanneer hulle oor die Boeddha ens praat.

    Of sou dit kon wees dat “Oosterse” spiritualiteit hier by ons meer Amerikaans as Oosters is? Of dalk dat die waarde vir baie dissipels eerder in die eksotiese karakter daarvan as in die substansie lê — ’n eksotisme waarvan die gebruik van ’n Engelse woord waar ’n goeie Afrikaanse ekwivalent bestaan as simbool funksioneer? Is “enlightenment” ’n merker van die feit dat ons hier met iets “weird”, “cool” of “far-out” te doen het? Sou iets soos “verligting” te “stuffy” klink? Is “Oosterse” spiritualiteit dieselfde as styl of smaak? En wat sou Krishna, Boeddha en die ander hiervan dink?

    Ek wonder maar net. Wil iemand my dalk enlighten?

    Gerrit Brand

    Is dit miskien omdat die Afrikaanse woord “verligting” swaar dra aan meer as een betekenis? Behalwe dat dit deur die politiek gekaap is, beteken dit, benewens enlightenment, ook relief. ’n Mens kan verligting van sooibrand, hardlywigheid en kommer ervaar. “Illuminasie” is ook lelik gekaap. Praat ’n mens van “beligting” klink dit weer na Teaterkunde I of restaurant-ambience. Wil iemand my ook enlighten? — Deborah

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.