SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    24 Februarie 2004

    AFRIKANER, AFRIKAANSE OF AFRIKAANSSPREKENDE? ...

    Sedert omstreeks 1994 is verskeie aspekte rondom hierdie kwessie op forums soos die KKNK en in Naspers-publikasies soos Die Burger gedebatteer — die voortbestaan en status van Afrikaans, die toekoms van die Afrikaner in ’n veranderde Suid-Afrika, Afrikaners en apartheid, die posisie van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch, nie-rassigheid en die bruin stem in Afrikaans en Engfrikaans, om maar enkeles te noem.

    Na aanleiding van Die Burger se besluit, om voortaan eerder met die term “Afrikaanssprekendes” of “Afrikaanses” na alle moedertaalgebruikers van die taal te verwys ten einde inklusiwiteit en ’n sterker samebinding rondom Afrikaans oor die kleurgrense heen te bevorder, het die Departemente Geskiedenis en Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch in Oktober 2003 dit goedgedunk om ’n gespreksforum rondom hierdie terme as uitinge van ’n kulturele identiteit te reël.

    Uit die debatte, waar bekendes soos Peter Sidego van Naspers, Hermann Giliomee, buitengewone professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenboch en Johann Rossouw, bekende filosoof as gespreksinleiers opgetree het, het die identiteitsdilemma waarin die Afrikaanssprekende taalgemeenskap hom tans bevind, duidelik na vore gekom: Aan die een kant is daar dié Afrikaanssprekendes, hoofsaaklik bruin of swart, wat hulle weens ’n negatiewe ervaring daaraan verweef glad nie met die term “Afrikaner” kan of wil vereenselwig nie en ter wille van inklusiwiteit en versoening die terme “Afrikaanssprekende” of “Afrikaanse” verkies. Die historiese verwerping en vernedering van nie-wit Afrikaanssprekendes tydens kolonialisme en apartheid, om nie as integrale deel van die wit Afrikaner-kultuur en gemeenskap beskou te word nie, het in ’n baie groot mate tot sodanige siening bygedra.

    Aan die ander kant is daar (hoofsaaklik) wit Afrikaanssprekendes wat hulleself onwoorwaardelik as “Afrikaners” beskou en nie daarmee verlief sal neem om sodanige identiteit maklik te versaak nie. Hierdie beskouing berus op ’n diepgewortelde historiese en veral emosionele vereenselwiging met die Afrikaanse taal en kultuur. Johann Rossouw praat van die sogenaamde grafosfeer of tradisie van ’n gedrukte letterkunde wat al vir meer as ’n eeu lank ’n Afrikaner-kultuuridentiteit verwoord. Hierdie emosionele vereenselwiging is by meer as een geleentheid in die geskiedenis in die Afrikaner-psige geïntensifeer deur doelbewuste pogings tot ver-Engelsing deur byvoorbeeld lord Charles Somerset en Alfred Milner. Wyle Laurens van der Post het dié vurige toeëiening van ’n kulturele identiteit toegeskryf aan die “Latynse bloed” (afkomstig van die Franse Hugenote) wat in die are van die Afrikaners vloei.

    Dis teen hierdie agtergrond dat ’n groot gros Afrikaners in die huidige tydsgewrig die stelselmatige verdringing van Afrikaans in die staatsdiens, die sakewêreld, die onderwys, en veral die vervanging van enkelmediumskole ten koste van parallelmediumskole, as ’n aanslag op hulle kulturele voortbestaan beskou. Dat die dikwels hewige reaksie op wat sommige Afrikaners, gegewe die genoemde historiese ervaring, as ’n verdrinking van hul kulturele identiteit beskou nie maklik gaan verdwyn nie, is iets waarvoor daar onder sommige nie-Afrikaners klaarblyklik nie altyd ’n begrip en sensitiwiteit voor is nie. Net soos wittes nooit werklik die aantasting van die menswaardigheid van nie-wittes op grond van hulle velkleur onder apartheid sal kan begryp soos dikwels deur die slagoffers daarvan verwoord word nie.

    “Die taal is gans die volk”, lui die gesegde uit ’n vorige eeu. En dis juis hier waar die dilemma lê. Om ’n bekende metafoor te gebruik, sou mens kon sê daar word tans twee spanne om die bal — die behoud van die Afrikaanse taal en kultuurerfenis — geskrum: ’n “Woensdagspan” en ’n “Saterdagspan”, oftewel ’n wit en ’n nie-wit en ’n “ons” en “julle” perspektief. Hoe dan gemaak om alle belanghebbende partye wat dit feil het vir ’n Afrikaanse identiteit inklusief in een span saam te bind — die Peter Sidegos, Hein Willemses en Heinrich Wyngaards, sowel as die Hermann Giliomees, Johann Rossouws en Danie Goosens, om maar enkele standpunte in die debat te noem?

    ’n Vertrekpunt sou miskien wees dat mekaar se standpunte nie net gehoor word nie, maar dat daadwerklik ook daarna geluister moet word. Ten aanvang sal wedersydse ruimte en toegeeflikheid vir kulturele uitdrukkingsvorme soos “Afrikaner” en “Afrikaanssprekende” geskep en mekaar se standpunte sensitief gerespekteer moet word.

    Twee interessante veranderlikes sou dalk as rigtingaanduiders in die debat kon dien. Bogenoende gespreksforum is, soos met die meeste ander openbare debatte en gesprekke rondom Afrikaans die afgelope tyd, hoofsaaklik deur die middeljarige en gryser garde bygewoon. Mens sou as verduideliking kon aanvoer dat dit in die studente se etensuur plaasgevind het. En tog, ’n week voor hierdie gespreksforum het ’n debat oor Engfrikaans met Jackie Nagtegaal, alhoewel in die aand gehou, ’n saal vol jongmense getrek. Dit sou by bespiegeling kon impliseer dat ’n dekade van nou se “vyf-en-dertig-plussers” waarskynlik totaal anders oor ’n gedeelde Afrikaanse identiteit gaan voel wanneer die herinneringe aan historiese ongeregtighede al ’n ent verder vervaag het.

    Die tweede veranderlike is die inisiatiewe tot hereniging binne die NG Kerkfamilie. Met vorige pogings tot ver-Engelsing was die kerk dikwels Afrikaans se “laaste loopgraaf”. Hereniging op kerklike terrein sal in alle waarskynlik ’n reuse bydrae tot ’n hegter samebinding rondom Afrikaans oor die kleurgrense heen kon bevorder.

    Hoe dit ook al sy, die debat oor ’n gedeelde Afrikaanse identiteit het maar pas begin en sal by vele geleenthede, byvoorbeeld tydens die KKNK, die Suidoosterfees, die Stellenbosse Woordfees, Aardklop, ens, nog deurtrap moet word totdat daarin geslaag kan word om ras as faktor in die bepaling van sodanige identiteit irrelevant te maak. Dit sou ’n dilemma in ’n geleentheid tot die bevordering van die belange van alle sprekers van Afrikaans kon verander.

    Wessel Visser

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.