SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    8 September 2003

    MEERTALIGHEID (VIR GERRIT BRAND) ...

    Beste Gerrit

    Jou brief van 3 September verwys (aangaande die Novell vs. Microsoft analoog waarop jy uitstekend en inspirerend reageer het op Free Citizen). In hierdie brief vertel jy vir die Afrikaansprekende slapgatte (dis nou die ouens wat sê hulle is Afrikaans maar verkies om alles in Engels te doen omdat dit vir hulle en hulle kinders makliker is) hoe dit eintlik beter is om meertalig te wees. Om terug te gaan na die analoog toe – dis logies dat ’n persoon meer werd is wat Microsoft probleme SOWEL AS Novell probleme kan oplos.

    Jou brief inspireer my om met ’n groter passie meertalig te wees: nog meer as wat ek self besluit het na aanleiding van ’n gebeurtenis wat verlede jaar met my gebeur het: By ’n sekere universiteit is tweedejaar ingenieurswese studente verplig om ’n voorlegging en optrek van ’n besigheidsplan in Engels te doen om kamtig te “oefen” vir wanneer hulle gaan werk. Hulle kan dit nog nie eers ordentlik in hulle eie taal doen nie, nou moet hulle twee spreekwoordelike brûe tegelykertyd oorsteek. In elk geval, ek het per ongeluk daarvan te hore gekom en alles in my vermoë gedoen om die (een van die slapgat Afrikaanssprekendes) dosent te oorreed om eerstetaal Afrikaanssprekendes die geleentheid te gun om die voorlegging in Afrikaans aan te bied. Weke se vergaderings met Studenterade, briewe aan registrateure, later selfs gedreig om die taalombudsman in te kry. Uiteindelik moes die dosent in die klas om verskoning vra en toestemming gee dat Afrikaanssprekendes wel die ding in Afrikaans kan doen. Ek het nou my deel gedoen, nè ... ? SLEGS EEN Afrikaanse groep (uit 12 Afrikaanse groepe, waarvan die Afrikaansprekendes 60% van die totale groep was) het hulle voorlegging in Afrikaans gedoen! Net daar het ek besluit en agtergekom: dit werk nie om vir ander op te kom in taal-verwante goed nie. Eintlik is die meeste van ons Afrikaners slapgatte en dink alles is “makliker” deur dit in Engels te doen.

    Van daardie dag af, is ek nog net so vuur en vlam oor Afrikaans deur dit altyd te praat, maar is nie meer ’n “weldoener” vir Afrikaans nie – dit word in elk geval net in mens se gesig teruggegooi deur slapgat Afrikaners (en lui dosente destyds). Baie mense is verbaas wat ek regkry in die sogenaamde Engelse professionele werksomgewing deur slegs Afrikaans te praat. Sonder om ’n hardegat te wees, uit die aard van die saak.

    Baie dankie, Gerrit, vir jou inspirasie: elke Afrikaanssprekende wat homself (ten minste) tweetalig hou, bevoordeel definitief homself: beste van twee (of meer) wêrelde. Die beste van alles is dat eerstetaal Afrikaanssprekendes reeds beter af is – hulle kan albei tale feitlik 100% praat, en in die meeste gevalle selfs beter Engels skryf as eentaliges (dis nou Engelse). Om nie eers te praat van Afrikaanse en Nederlandse literatuur wat se deure, soos jy tereg gesê het, bottoe vir eentaliges is nie.

    Voorwaar, mense soos ou Swaeltjie wat hulle kinders wil verengels gaan verseker dit makliker vir hulle kinders maak – dalk die eerste 6 jaar of wat. Maar een ding is verseker: hierdie kinders gaan uitmis (op geleenthede, denke, filosofië, erfenisse). Groete

    Ekke

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.