SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    3 September 2003

    NOVELL & MICROSOFT, DEEL II ...

    Is Engels waardevoller as Afrikaans?

    Jy sê dat “’n taal wat wêreldwyd gebruik kan word voordele het bo Afrikaans”. Dit is ongetwyfeld so. Jy kan immers met meer mense in die wêreld kommunikeer mbv so ’n taal. Maar dit is net so waar dat ’n kleiner taal (soos Afrikaans) voordele het bo Engels. Iemand wat Hebreeus of Swati beheers, het in bepaalde opsigte ’n voorsprong bo iemand wat Engels ken. Hy of sy kan ’n hele klomp tekste lees, programme luister of kyk en met mense kommunikeer wat vir ander ’n geslote boek is.

    Iemand wat nie Afrikaans ken nie kan nie Breytenbach se poësie in sy oerglorie geniet nie, kan meer as helfte van die tyd nie kop of stert uitmaak wat op LitNet aangaan nie en is afgesny van Afrikaanssprekende gemeenskappe asook ander nie-Engelssprekende gemeenskappe waarvan baie lede Afrikaans (maar nie Engels nie) as tweede taal gebruik.

    Jou opvatting dat taal “net kommunikasie en selfuitdrukking” is, word dus weerspreek — nie net deur jou eie bewering dat Engels voordele bo Afrikaans het nie — maar ook deur die omgekeerde daarvan wat ek hier probeer illustreer. Feit is, tale is nie uitruilbaar nie. Geen taal kan volledig vir ’n ander instaan nie. Elkeen bied waardevolle dinge wat jy nêrens anders kan kry nie. En dit het niks te doen met ’n groepsidentiteits-obsessie nie. Dit is maar net hoe taal werk.

    Hier is ’n analogie om aan te herkou. Met watter kwalifikasie gaan jy die maklikste ’n werk kry, ’n volop een of ’n skaars een? Iets soortgelyks geld taalkennis. Om ’n taal te ken wat min ander mense ken, kan baie voordelig wees. Die werke en ander geleenthede waarvoor dié taal nodig is, is weliswaar meer beperk, maar die aantal mense wat die taal beheers ook. Kortom: Wat is so special daaraan om met Engels reg te kom? Elke Jan Rap en sy maat kan dit doen!

    Ek kan persoonlik daarvan getuig dat juis my Afrikaansheid my al uitermate bevoordeel het. Ek kon Nederlands en Duits relatief maklik leer omdat ek Afrikaans is. ’n Lui ou soos ek sou nooit so ver daarmee gekom het as ek ’n onverwante taal soos Engels gepraat het nie. Die gevolg was dat ek in Nederland kon studeer en die meeste daarvan maak, dat ek vertaalwerk uit Nederlands en Duits kan doen, dat ek “internasionale kontakte” het wat my op allerlei maniere bevoordeel en — miskien die waardevolste van alles — dat ek Duits en Nederlands kan lees en dus hopelik minder van ’n “einseitiger geistiger Diät” (Gerhard Ebeling) inkry as iemand wat net Engels kan lees. (Hoe arm is sulke mense nie!)

    My Afrikaansheid het my ’n unieke angle op die wêreld gegee — en daarmee toegang tot geleenthede wat net vir “mense soos ek” beskore is.

    As ons nou weer onthou dat daar geen rede is om te kies tussen Engels en Afrikaans nie, dan word die regte manier van redeneer nog duideliker: Elke taal hou sekere voordele in wat ander tale jou nie kan bied nie. Hoe meer van hulle jy dus leer, hoe beter af is jy: “Soveel tale as ek kan,  ...

    Die feit dat elke taal eksklusiewe toegang gee tot bepaalde tekste, informasie, mense en gemeenskappe het ook implikasies vir jou opmerkings oor identiteit. Jy sê: “Dankie tog dat ek weet my kinders sal nie hulle identiteit aan taal koppel nie.” Nou ja. Of jou kinders nou bewustelik hul identiteit aan taal gaan koppel of nie, die feit bly staan dat hul identiteit, soos joune en myne, deur (onder meer) hul taal gevorm gaan word — en reeds gevorm is. Jou opmerking herinner my aan die Engelse dame wat tydens ’n groepbespreking gereageer het op iemand se opmerking “Taal is identiteit” deur te sê dat dit vir haar nie opgaan nie: Haar eie identiteit het niks met haar taal te doen nie  ... En tog het sy, in die sê daarvan, so “quitessentially English” geklink!

    Dit wat ’n mens lees, die inligting waartoe jy toegang het, die mense waarteen jy aanskuur en die gemeenskaplike horisonne waarbinne jy beweeg, het alles ’n invloed op hoe jy dink, voel en optree en hoe jy jouself sien en ervaar — jou identiteit. Ook al kom die woord “taal” nie eenmaal ter sprake in jou antwoord op die vraag “Wie is ek?” nie, dan word die inhoud van daardie antwoord deels bepaal deur die taal of tale waaraan jy blootgestel is.

    Jou “Dankie tog  ... ” spreek van ’n hoë waardering vir individualiteit, ’n waardering wat ek met jou deel (maak dit ons minder individue?). Paradoksaal genoeg, kan individualiteit — in die sin van “Ek is uniek en ek is special” (en al daai corny dog belangrike goed) — juis geoptimaliseer word deur sterk met sekere kollektiewe erfgoed soos ’n taal te identifiseer — en veral as dit ’n relatief klein en plaaslike taaltjie is. Alles wat uniek en besonders aan dié taal is, kleef immers ook aan jou as die draer en gebruiker daarvan. Engels maak jou soos die meeste mense; Afrikaans maak jou anders. Die kombinasie van die twee maak jou nog meer anders. En as jy dan nog sommer ’n bietjie Venda en Deens bygooi, dan is jy wragtig soos niemand anders nie! Weer eens: “Soveel tale as ek kan,  ... ”

    Persoonlike identiteit kan net op een voorwaarde tot stand kom: as die individu op ’n unieke manier dit wat hy of sy van die voorgeslagte geërf het en met ander deel, selekteer, kombineer, toeëien en vervorm. As jy niks het om mee te begin nie, gaan jy ook met niks eindig nie. Die vryheid om te kies wat jy wil doen en wie jy wil wees is waardeloos as daar niks is om uit te kies, om mee te werk nie — ’n kunstenaar sonder materiale en stof beteken niks. Die grootste individualiste — mense wat “hul eie mens” is — is dié met die wydste blootstelling. Mense wat net Engels praat, sal makliker neig om massamense te wees — volgers en verbruikers van die voorgegewe, tropdiere wat in ’n kollektiwiteit opgaan en skaars ’n persoonlike identiteit vertoon.

    Mense wat met hul harte stewig in hul streek, hul gemeenskap, hul taal ens gewortel staan terwyl hul takke hoog en wyd oor die wêreld uitsprei - hulle is die waarna ons met reg opkyk. Mense wat hul eie verag, verag ook hulself en die bronne van hulle self. Erger nog: hulle gebruik die oë van ander om te kyk, die breine van ander om te dink en die taal van ander om te praat. Van individualiteit is hier nog nouliks sprake. Net van slawerny.

    Of wat praat ek (en in watter taal)?

    Gerrit Brand. Vryburger

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.