SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    2 Julie 2003

    DEBAT OOR MEERTALIGHEID IN HOWE (VERAL VIR GERRIT BRAND) ...

    Beste Gerrit

    Ek het jou raad gevolg en toe die taaldebat op LitNet nageslaan, daarom dat ek nou hierdie moeë ou koei uit die sloot uit opgrawe.

    Eers net dit: ek het my laaste brief oor die onderwerp geskryf sonder dat ek jou (ietwat neerhalende) brief van 8 Mei 2003 gesien het. Dit gebeur ongelukkig seker as mens net nou en dan hier inloer, en verklaar waarom ek hoegenaamd nie met jou punte van kritiek gehandel het nie.

    Hoe dit ook al sy, dit het nou vir my duidelik geword presies waar ons paaie skei, en ek wil graag duidelikheid hê oor veral een aspek, nl die kwessie van welke taal die “grootste gemene deler” in Suid-Afrika is. Jy sal jou herinner dat ek my pleidooi vir Engels as die enkele verslagtaal in ons howe grootliks baseer op my indruk dat Engels die “ggd” is. Ek plaas die begrip tussen aanhalingstekens omdat jy in jou brief van 8 Mei nie net gestel het dat Engels nie die “ggd” is nie, maar eintlik die indruk geskep het dat mens nie met die konsep van “ggd” kan werk nie. Jy het jou brief afgesluit met ’n neerhalende en dramatiese “Gemene deler indeed!”

    Groot was my verbasing dus toe ek, in navolging van jou raad, die Taaldebat raadpleeg en, onder meer, die bydrae van Andries Van Der Walt van 6 Desember 2001 raaklees waarin hy, namens die Taalsekretariaat, die blye nuus aankondig dat Afrikaans die derde grootste taal in SA is en verder (minder blymoedig) dat Engels, wag vir dit, die GROOTSTE GEMENE DELER is! Dis nou die organisasie wat jy verteenwoordig by MAG, nè?

    Dit lyk my ek hoef dus nie my argument te heroorweeg nie. Die eenvoudige vraag is dus tog: moet ons die makliker roete van die “ggd” volg , of die baie meer gekompliseerde (hoewel lofwaardige) voorstelle tov meertaligheid wat jy bepleit ?

    Ek gaan nie my argumente van praktiese uitvoerbaarheid herhaal nie, buiten om weer te sê dat ek maar swarigheid sien vir al ons regters, veral die wittes, as hulle nou skielik ’n derde taal moet aanleer. Ek moet byvoeg dat so n beleid ten minste groot komiese potensiaal inhou. Ek sal nou nie name noem nie, maar ek kan aan ’n hele paar regters (as Swys hier lees: Swys, ek sluit landdroste in as ek praat van die regbank) dink wat uiters komies sal lyk as hulle nou skielik moet probeer om hul hofverrigtinge in gebroke Xhosa, Zoeloe, of wat ook al, moet voer.

    Terloops, Gerrit, ek moet darem sê dat ek die bydraes, ook joune, op die Taaldebat baie interessant gevind het. Ek weet egter nie of sulke hogere akademiese oefeninge altyd met vrug in die praktyk toegepas kan word sonder taamlik ingewikkelde “engineering” nie. Partykeer moet mens dinge maar los om natuurlik te ontwikkel soos dit die mensdom pas. In SA, glo ek, vind mense dit gerieflik om taaldiversiteit te oorkom deur Engels te gebruik. Daarom word Engels gebruik as besigheidstaal en ook as vermaaklikheidstaal. Alle openbare geleenthede, soos die hordes vermaaklikheidstoekenningsfunksies (sjoe!), politieke geleenthede (selfs partypolitieke geleenthede van hoofsaaklik “swart” organisasies soos die ANC, COSATU, ens) vind in Engels plaas. Waarom?

    Moet ons nie maar aanvaar dat Engels die “ggd” is nie en dat met behulp van tolke waar nodig, alle burgers van SA wel geholpe geraak sal kan word nie? Watter tale stel jy voor moet geleer word, wat gebeur as ’n regter verplaas word (of bloot net wil verhuis) na ’n ander provinsie waar ander tale die meerderheid is. Wat van die regspraktisyns? Al slaag ek daarin om Xhosa aan te leer, kan ek dan nooit Durban toe trek sonder om van beroep te verander nie? Wat van hofverslae? Hoe gaan oom Koos Poggenpoel wat al donkiejare op Koekenaap praktiseer ’n beslissing wat in Sotho in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling gerapporteer is verstaan, en hoe gaan hy sy kliënt reg adviseer as hy nie kan nie? Ek raak nog nie eers aan die probleme rondom vaktaal, terminologie (wat sal ons sê vir “reprobation” en “approbation” in Venda?) handboeke, ens nie.

    Ja, natuurlik sal die afskaffing van Afrikaans as hoftaal tot gevolg he dat minder mense in hul eerste taal gehelp word, maar ek wil glo (onnagevors) dat bykans almal wat Afrikaans as eerste taal het, ook darem die rooitaal kan gooi, en die wat nie kan nie, kan van tolke gebruik maak. Daar bestaan egter myns insiens geen geldige gronde waarom Afrikaans in hierdie opsig bo die ander (nie-Engelse) amptelike tale bevoordeel behoort te word nie.

    Ten laaste hoop ek dat jy hierop sal antwoord, in minder neerhalende toon, omdat ek werklik in n werkbare oplossing belangstel.

    Groete

    Dirk D

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.