SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    6 Junie 2003

    ’N MOEË DEBAT (VIR DIRK D) ...

    Dirk

    Met verwysing na jou skrywe oor “taalkwessies”. Oor een ding is jy reg: ’n mens raak mettertyd moeg vir hierdie debat. Dit is immers ’n debat wat al lankal oor die wêreld heen gevoer is. Die argumente wat jy ophaal, is al soveel keer geopper en weerlê dat niemand wat op hierdie terrein behoorlike navorsing gedoen het en op hoogte van die debat is dit meer ernstig opneem nie. Dis soos om met ’n kreasionis oor evolusie te stry. Waardevolle tyd en energie wat vir die deurdenking van verdere implikasies ingespan sou kon word, moet telkens weer op ’n herhaling van dieselfde debat gemors word: “first questions first and last”. Tog bly dit nodig om dieselfde punte oor en oor te maak sodat meer en meer mense daarvan kennis kan neem.

    Oor al die res is jy, helaas, verkeerd.

    Ek gaan nie die hele arsenaal op jou loslaat nie (as jy werklik belang stel, kan jy jou tot LitNet se Taaldebat-afdeling wend,) maar net op enkele punte in jou jongste bydrae reageer.

    Jy sê dat jy nie ’n “enkele oortuigende argument kon bespeur” in my, Swys of Jan Rap se skrywes nie. Dit verbaas my nie, want kennelik het jy dit nie gelees nie, ten minste nie met aandag nie.

    Die hele strekking van jou argument is dat Afrikaans nie as ’n vereiste vir regspraktisyns gestel kan word nie. Die probleem is net, ons het nie daarvoor gepleit nie. Ek, vir een, pleit dat kennis van meer as een amptelike taal (verkieslik drie) as vereiste aan regspraktisyns gestel word. Nie Afrikaans nie, maar enige amptelike tale. Dit is ’n vereiste waaraan die meeste swart regspraktisyns reeds voldoen en wat hulle aansienlik bo hul wit kollegas sal bevoordeel. Enige argument teen “Afrikaans as vereiste” is dus gewoon irrelevant.

    Jy wys daarop dat Afrikaans swart regspraktisyns uithou. Jy is reg — vandaar my pleidooi vir transformasie rigting veeltaligheid. Engels hou ook swartmense uit die regsberoep en bevoordeel wit aspirant regspraktisyns bo swartes, bo en behalwe die feit dat dit teen die meerderheid swart regshulpbehoewendes diskrimineer en afbreuk doen aan die vlakke van eienaarskap en identifikasie tov die regbank onder die swart meerderheid, soos die swart regsgeleerdes wat ek in ’n vroeër skrywe aangehaal het (en wat jy heeltemal ignoreer) aanvoer.

    Jou vermoede dat ek die transformasie van die regbank van minder belang as jy ag, is geheel en al ongegrond. Die noodsaak van ’n diepgaande transformasie is die basiese uitgangspunt van my pleidooi. Ons moet die huidige witmanshof omskep in ’n hof waarmee alle Suid-Afrikaners kan identifiseer en waardeur almal gerespekteer en bedien word. Die Keniaan Alamin Mazrui noem dit domestication — naas “indigenisation” en ander “-ations” ’n kernvoorwaarde vir die suksesvolle dekolonisering van Afrika.

    Jy praat van “’n PRAKTIESE REALITEIT, nl dat in ’n meertalige land eenvoudig nie gelyke status aan al die tale gegee kan word nie”. Dit is ’n stelling met verreikende gevolge waarvoor jy nie ’n enkele ondersteunende argument aanbied nie. Jy negeer eenvoudig die stapels en stapels praktiese voorstelle wat al deur individue en instansies uitgewerk is oor hoe gelyke status aan al die tale gegee kan word. Het jy die dokumente van LANGTAG, PanSAT, die Nasionale Taaldiens en ’n magdom ander deurgewerk en te lig bevind? Kan jy vir ons verduidelik hoekom al daardie voorstelle onwerkbaar is? Selfs ’n arm land soos Indië slaag daar in om baie meer tale as waarmee ons te doen het baie meer status te gee as waarvan ons op hierdie tydstip selfs kan droom.

    Selfs die regering en openbare instansies, vir wie ek kritiseer vir hul gebrek aan politieke wil en kreatiwiteit op hierdie gebied, staan nie in jou kamp nie. Kan ek uit jou argumente aflei dat jy gekant is teen:

    1) die nuwe Nasionale Taalbeleid,

    2) die nuwe Wysigingswet op die Uitsaaiwese,

    3) die nuwe Redaksionele Beleidstukke van die SAUK,

    4) die nuwe Taalbeleid vir Hoër Onderwys,

    5) die Onderwystaalbeleid van 1997,

    6) die verslag van die taakgroep wat onlangs vir die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys verslag gedoen het oor die implementering van moedertaalonderrig in Wes-Kaapse laerskole,

    7) die advies van PanSAT en die Nasionale Taaldiens aan die Departement van Justisie dat hulle nie Afrikaans as verslagtaal in die howe moet skrap nie, maar eerder na ’n veeltalige beleid toe moet beweeg,

    8) Premier Ramatlhodi van Limpopo se pleidooi dat Afrikaans as onderwystaal op skool- en tersiêre vlak nie afgeskaal moet word nie,

    9) die adjunkminister van Onderwys Mosibudi Mangena se uitsprake teen die oorheersing van Engels in die openbare lewe,

    10. die minister van Kuns en Kultuur Ben Ngubane se soortgelyke uitsprake,

    10) minister Trevor Manuel se gewoonte om Engels met Afrikaans en Afrikatale af te wissel in sy openbare uitsprake,

    11) die voorsitter van die SAUK Raad se Afrikaanse antwoorde op Afrikaanse vrae in die parlement,

    12) die nuwe beleid in die parlement om wetgewing in al die amptelike tale te publiseer en al die amptelike tale as tale van rekord te gebruik,

    13) PanSAT se herhaaldelike bevinding dat ’n eentalig Engelse beleid in staatsdepartemente en selfs privaatmaatskappye ongrondwetlik is,

    15) Die Wes-Kaap en die stad Kaapstad se taalbeleid ...

    Ek sou kon aangaan, maar ek dink jy kry die idee. Al hierdie besluite en inisiatiewe berus op uitgangspunte wat lynreg ingaan teen dié wat jy propageer. Hulle veronderstel dat veeltaligheid wenslik en haalbaar is. As jy konsekwent is, moet jy jou met mening daarteen verset. Hoekom baklei jy met klein laaities soos ons? Baklei eerder met die groot ouens wat die toekomstige karakter van ons samelewing diepgaande kan beïnvloed en van wie jy kennelik sterk verskil oor hoe daardie karakter moet lyk.

    Laastens, jy ly duidelik nog steeds aan die persepsie dat “taalkwessies” ’n Afrikaneraangeleentheid is. Alle opnames en studies oor taalhoudings en -voorkeure weerlê hierdie persepsie. Net vanoggend was ek by ’n vergadering van ’n aksiegroep wat haar vir veeltaligheid beywer en wat die regering en openbare instansies skerp kritiseer omdat hulle te veel voetesleep op hierdie gebied. Ons Afrikanertjies was in die minderheid. Onder ons lede en beskermers tel mense wat jare op Robbeneiland geslyt het, mense wat — dit kan ek jou verseker — baie hoër prioriteit aan transformasie gee as jy. By ’n kongres in Dar es Salaam is ek onlangs oorweldig deur die passie waarmee intellektuele uit alle Afrikalande die saak van veeltaligheid stel en Engels as die grootste “obstruksie” op die weg na sinvolle ontwikkeling in Afrika uitsonder. Snaaks genoeg ervaar ek geen opposisie uit daardie kring nie, maar wel uit die kring van Afrikaners wat, soos altyd, aan allerlei delusies lei oor wat swartmense nou eintlik wil hê en moet kry.

    Dis darem nie net ’n Afrikanersiekte nie. ’n Vorige rektor van Rhodes het ook ’n keer gesê: “English is what they want, English is what they need, English is what they’ll get.”

    Voorlopig het sy darem twee uit drie reg ...

    Gerrit Brand

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.