28 Mei 2003
US REGSTELLINGS (VIR GERRIT) ...
Gerrit haal n klomp wilde stellings uit die verlede om n huidige verwikkeling te onderskraag. Wat van stelling toets relatief tot omstandighede?
Toe die Victoria Kollege regstellende aksie ondergaan het, was daar geen ander Afrikaanse Universiteit nie, en buitendien het die regering toe ook nie vir UK, Wits en Rhodes probeer Afrikaniseer nie, hulle het die Engelse hul plek in die son gegun soos wat Afrikaners hul plek wou hê.
Die regering sou sy kiesers vervreem het as hy nie Afrikaners aan hul skoenrieme help optel het nie. Die punt is dat dit gewerk het, nie teoreties nie, maar in die praktyd, want Suid-Afrika het tegnologies ver bo die res van Afrika uitgestyg.
Die US se taalbeleid waarop jy nou so trots is, het gekom nadat die aanvanklike beleid so warm geklap is in die pers dat almal wat tel gesien het hier hkgk en die US moet liewer wegbly van die makliker roetes van verengelsing soos die ander historiese Afrikaanse Universiteite.
Waarom is jy so suur oor die sg idee waarvoor Stellenbosch veronderstel is om te staan? Dit mag miskien vandag vir jou net so uit pas soos God save the King na fliek klink, maar in die tydswrig waarin dit geskep is, was dit korrek en nodig.
Tewens, volgens jou teorie van Afrikaans vir diversiteit, is dit nou nog net so relevant!
Henry Richter
terug