Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Baie dankie vir jou vertroue in Vonk. Dit is ’n tydskrif wat kan en sal werk en die mense daarmee gemoeid het so baie vertroue en die wil om die tydskrif te laat werk, dat daar geen twyfel bestaan dat dit nog groot hoogtes gaan bereik.
Ons weet die volgende oplaag gaan ook uitverkoop, soos die eerste een, ten spyte van al die ou foutjies, ons ook maar net mense, maar mense met ’n visie en ’n missie en ons gaan die ding doen, vir al ons mede-Afrikaners.