6 Mei 2003
VONK MY! AFRIKANER-WEES IS MOEILIK! ...
Hier sit ek met n gebreekte hartjie en nat gehuilde maskertjie!
Die een groep sê dis tipies Afrikaans om geweldig streng te wees met die taal.
Die ander groep sê dis tipies Afrikaans om fokken bar te wees.
Nou wonder ek net, wie is reg en wat is tipies Afrikaans? Is dit dalk
moontlik (snak, skok) dat ons te maklik die woorde tipies Afrikaans of tipies Afrikaner gebruik?
Jy weet, as ons n punt wil maak oor enige iets negatief in Suid-Afrika, begin ons met: tipies Afrikaner/Afrikaans. Dit laat my wonder ...
Is daar nie Franse wat redelik streng is oor hoe Frans gebruik word
nie?
Is daar nie Franse wat fokken bar is nie?
Die Erg Gekonfuseerde ...
Gemaskerde Sopbeen
terug