SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Nog lank nie klaar gelees nie

François Bloemhof

twaalf
Koop nou!
Twaalf
Eben Venter
Queillerie
Kaapstad
2000

Venter is die skrywer van drie romans — Foxtrot van die vleiseters, Ek stamel ek sterwe en My simpatie, Cerise — en ’n kortverhaalbundel, Witblitz. Hy het met Witblitz gedebuteer en heel verstaanbaar, gegee die feit dat baie mense steeds ’n “regte boek” bo ’n kortverhaalbundel verkies, nie dieselfde sukses daarmee gesmaak as met veral eersgenoemde twee romans nie. (Die derde was na heelparty menings nie op dieselfde standaard nie.)

Witblitz was, ten spyte van verkope, ’n sterk stuk werk. Dit is dan ook, ten spyte van sy bekendheid vir ander genres, by kortverhale dat ek wil vermoed Venter se grootste belangstelling lê. Daar is ’n saak voor uit te maak dat Foxtrot, steeds na hierdie resensent se mening Venter se mees geslaagde werk, as ’n aaneenskakelende groep kortverhale beskou kan word. Die kortverhaal is ’n goeie medium vir iemand wat daarop ingestel is om ’n sin só te laat resoneer dat die maksimum trefkrag met die minimum woorde behaal word.

Ook hier is die kwashale meestal klein, maar hulle tref diep. Die titels van die onderskeie twaalf verhale, soos “Meisie”, “Gabriël”, “Sam” en “Meneer Jannie”, gee reeds ’n aanduiding dat die karakters voorop sal staan en dit hier gaan oor hulle reaksies op gebeure eerder as oor die gebeure self.

Die karakters is uiteenlopend, daarom is die verhale ook. Om dit Twaalf te genoem het, was ’n goeie keuse aangesien bykans enige ander titel beperkend sou gewees het en dit die klem te uitsluitlik op slegs een van die baie fasette van dié bundel sou laat val het. Hier gaan dit om man en vrou, wit en swart, oud en jonk, Australië en Suid-Afrika — in laasgenoemde geval wel meestal die Suid-Afrika van ’n paar jaar gelede, voor Venter se verhuising.

Iets waarvan ek regtig hou, is dat Venter heelparty van die sogenaamde narratiewe “reëls” eenvoudig op hulle koppe draai of ignoreer: die intrige is beslis nie altyd sterk nie; daar is verskuiwings van sommige karakters se oogpunte na dié van ander wat na perspektiefbreuke voel; plek- en logikaspronge kan lesers wat nie fyn lees nie, laat kopkrap … en meestal kulmineer dit in die soort indrukke wat jou kan laat terugsit: Ja, ek het nog nie só daaroor gedink nie. Die feit dat sommige eindes oop gelaat word, maak dit ook vir die leser moontlik om ’n eie interpretasie aan gebeure te heg. Soms, egter, moet ’n mens noem, laat ’n onlogiese gedagtesprong jou vir ’n paar sekondes vashaak en breek dit die verhaal se vaart.

Die taal is so gekonsentreerd dat jy moeilik kan voorsien wat kom volgende. Anders as met baie kortverhale, kan jy nie aanvaar dat wanneer hier net ’n paar paragrawe oorbly, jy in die pylvak is en al wat gaan volg ’n netjiese afsluiting is nie: daar kan nog ’n hele paar wendings kom. Punchlines is daar ook, en selfs as jy een verwag, gaan dit bes moontlik nie die een wees wat jy in die vooruitsig stel nie. Oomblikke word in die eindes vasgevang maar nie afgesluit nie: hulle bly eggo. En dit is een van die verhaalkuns se onderbeklemtoonde deugde: dat ’n skrywer kan weet waar om op te hou vertel.

As jy die bundel neerlê, het jy nog nie noodwendig klaar gelees nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.