SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Belangrike dokument oor die Afrikaner se reis


Cas van Rensburg

Tiesj
weerkaatsings vanmelewe

Fanus Rautenbach

TiesjFanus Rautenbach vertel al diep in hierdie outobiografie ’n staaltjie wat in die lig van die latere verloop van sy lewe van groot belang blyk te wees. Hy en ’n maatjie besluit op ’n dag dat ’n oplossing vir hul groot “lewensprobleem”, naamlik om nuwe meisies te ontmoet, dalk in die penmaatrubriek van Die Huisgenoot te vinde is.

Hulle stuur dan ook hul “kiekies” weg en na weke van groot afwagting, en die skelm deurblaai van hierdie tydskrif in die kafee op die hoek, verskyn dit. En dan, tot konsternasie van sy maatjie, kom hy by aanskoue van sy gesig in ’n tydskrif tot die belangrike besef: “Ek wil van geweet word!”

Vir etlike dekades is daar dan ook deur byna die ganse Afrikaanse bevolking van hom “geweet”. Uitsluitsel is sekerlik nog nie gegee nie oor die rol wat hierdie man gespeel het deur met humor ander wêrelde oop te maak vir ’n volk wat homself, sy politiek, sy godsdiens én sy rugby te ernstig opgeneem het.

Hy kon dit regkry omdat hy nie in die eerste plek ’n grapjas was nie, maar ’n intelligente mens wat sekere waardes kon bevraagteken (dikwels tot groot ongemak van die voorgestoeltes van die SAUK) omdat hy aan homself en sy eie waardes getrou was.

In Tiesj maak ’n mens nou kennis met hierdie waardes wat van vroeg af al in hom as ’t ware ingegrif is, en dit is ’n verbasende herontmoeting met jouself en jou eie mense.

Fanus skryf hier oor veral die dertigerjare en dit is nie net sy verhaal nie, maar ook die van die Afrikaner en sy pynlike reis van die plaas af stad toe.

Hy vertel hoe hy en sy vier broers en susters saam met sy ouers vir maande ’n klein huisie met ’n ander gesin moes deel terwyl sy pa werk gesoek het. Die hele verhaal is een van ’n eenvoudige en armoedige bestaan waar die hele gesin met vier pennies gevoed moes word. Maar dit is ’n ryk verhaal wat ’n mens weer eens laat besef waar en hoe die Afrikaner van goeie inbors werklik beslag gekry het. Ook hoe ons taal ontwikkel het, want hierdie boek is veral ook die verhaal van Afrikaans. In hulle gesin moes elkeen wat ’n “Ingilse” woord gebruik het, ’n pennie betaal. Dit sorg onder meer vir die mooi staaltjie van Fanus se broer, wie se fiets ’n “vrym” pleks van ’n raam gehad het.

In die beskrywing van sy grootwordjare in Melville, Westdene en Brixton — daar was baie adresse van baie huurhuise — vind ’n mens inderdaad die swerftogte van die Afrikaner terug. Ook die geestelike reise — sy pa en sy Bybelse mymeringe word pragtig uitgebeeld, terwyl sy eie seksuele en geestelike ontwaking aangrypend beskryf word. Alles in eenvoudige taal wat aantoon dat hy ’n meester van die woord is.

Dit is ’n belangrike dokument hierdie van ’n tydvak in die Afrikaner se ontwikkeling wat dikwels te midde van luuksemotors en vakansiehuise vergeet word. Hierdie boek moet met eerbied ontvang word. Hy skryf oor vergange dinge waarvan geweet moet word!


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.