SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Biebie van der Merwe resenseer VISTA se Taalreis met Taxi

Taalreis met Taxi is ’n werkboek vir studente van Afrikaans vir akademiese doeleindes. Dit is veral gerig op tweede- en derdetaalsprekers, en fokus op die soort probleme wat sulke studente ondervind wanneer hulle Afrikaans op tersiêre vlak bestudeer.

Die boek vorm een van drie komponente van VISTA se indrukwekkende taalprogram — ’n bundel kortverhale (Taxi-staanplekstories); ’n interaktiewe rekenaarprogram op CD-ROM (INSTAP) en die funksionele werkboek onder bespreking (Taalreis met Taxi).

Die kortverhale in Taxi-staanplekstories is spesiaal versamel met die oog op die studente-samestelling van die verskillende kampusse van VISTA, en die resultaat is ’n heerlike boek waarin almal wat dit lees met die boek-taxi op reis gaan deur Suid-Afrika. Die nuwe en die oue word uitgebeeld met humor en met patos; met selfspot en met erns. Die INSTAP-been van die program is gebaseer op die bekende STEPIN vir die aanleer van Nederlands, wat aan die Katolieke Universiteit van Leuven ontwikkel is. Vir INSTAP het Daan Wybenga en sy span egter die inhoud heeltemal aangepas. Waar STEPIN ’n egte aanleerdersprogram is vir mense wat geen Nederlands ken nie, is INSTAP ontwerp vir studente wat reeds Afrikaans op skool aangeleer het, maar nie moedertaalsprekers van Afrikaans is nie. Die inhoud is aangepas met die oog op die ontwikkeling van akademiese taalvaardighede, en sluit aan by die verhale in Taxi en die oefeninge in Taalreis.

Die werkboek Taalreis met Taxi kan ewe goed in kontaksituasies as in afstandsonderrig gebruik word. Hierdie boek gaan ’n uitkoms wees vir menige opvoedkundige inrigting wat skielik groot groepe tweede- en derdetaalsprekers het wat Afrikaans in matriek geslaag het, maar by wie akademiese taalvaardigheid in Afrikaans ontbreek. In Taalreis word agt “roetes” gevolg en die taxi stop by twee “haltes” vir ’n bietjie hersiening. Agteraan, soos dit hoort, is die “sleepwa” — volgepak met taalbagasie waarin terme en definisies, verduidelikings en taalkundige beskrywings almal netjies ingepak lê.

’n Verskeidenheid aspekte word in die werkboek aangeraak — van skryfkonvensies tot lees- en begripsvaardighede; van woordeskatuitbreiding tot sinsontleding. Daar word aandag gegee aan taalregisters en tussenin kom formele taalkundige begrippe aan die bod. Die student word voortdurend verwys na die kortverhale in die bundel Taxi en alhoewel literêre analise nie ’n doelwit van die Taalreis is nie, dwing sommige vrae studente om indringend te lees.

Die boek is egter nie sonder probleme nie. Die feit dat die kortverhaalbundel (Taxi) en die werkboek (Taalreis met Taxi) saam gebruik moet word, laat die vraag ontstaan wat van die werkboek word as daar oor vyf jaar geoordeel word dat ’n nuwe kortverhaalbundel voorgeskryf behoort te word. Verder bly dit vir ’n konserwatiewe siel, soos ek, maar moeilik om gewoond te raak daaraan dat ’n mens so ’n mooi boek druk en dan die studente verplig om daarin te skryf, maar dit is nou eenmaal hoe dit werk met ’n “werkboek”.

Wat die formele taalkunde betref, maak die skrywers dit duidelik dat geen wetenskaplike begrip “bloot om teoretiese redes” aangebied word nie; nogtans is die insluiting van onder andere sekere woordsoortonderskeidings soms los van enige praktiese toepassing, terwyl enkele tipiese taalprobleme van Nguni- en Sotho-sprekers nie formeel aandag kry nie. Maar om hare te kloof terwyl ons praat oor ’n besonder bruikbare tersiêre boek vir die ontwikkeling van akademiese taalvaardigheid by nie-moedertaalsprekers, sal onvanpas wees.

Proff Gert Jooste en Daan Wybenga, wat die hele taalprojek beplan het en saam met hul medewerkers en kollegas ontwikkel het, verdien werklik ons gelukwensing vir die groot taak, en Van Schaik-uitgewers ons dank — mag hulle elke pennie van hul belegging terugkry!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.