SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Manlike kameraderie en avontuurlus oorheers

Marius Crous

Stoffel in die wildernisStoffel in die wildernis
Christiaan Bakkes.
Human & Rousseau
2000

1.

In ’n artikel oor Ernest Hemingway beweer Gregory Woods (1993) dat daar in die macho literatuur van Hemingway telkens sprake is van die sogenaamde “pomps and posturings of virility”. Dit kom daarop neer dat veral heteroseksuele mans probeer om die weerlose gevoelens wat hulle mag ervaar, te verdoesel agter spiere, asook deur gebruik te maak van ’n tipe manlike taalgebruik. Onder gay mans word dit ook nie uitgesluit nie en daar kan mens praat van spiere as ’n vorm van butch drag.

In Bakkes se verhale word die leser gekonfronteer met hierdie “precious masculinity” soos Woods dit noem. Die leser word bekendgestel as ’n wildbewaarder, ’n tipiese alleenloper wat tuis voel tussen diere, wat aard in die bosse, wat spoorsny en wat nie maklik verhoudings met vroue aanknoop nie. Voorts pas hy nie in by die stadsmilieu nie en kan ’n mens die hoofkarakter inderdaad koppel aan die volgende beskrywing van Woods: “ the male body engenderes a repressed voice, characterised by pride and sadness”. Omdat Stoffel die wildbewaarder en Stoffel die luitenant in die Weermag nie inpas in die samelewing nie, isoleer hy homself in ’n milieu waar hy heers, naamlik die veld. Deur net te let op die titels van die verhale kry mens reeds ’n idee hiervan: “Die olifante van De Wagensdrif”, “Die luiperd”, “Krokodil in ’n pisvel”, “Boswet”, “Die jagtog”, “Die hond”, “Land Rover Jackie”. Benewens die titel, naamlik “Stoffel in die wildernis”, dui die motto ook vir die leser daarop dat ons hier te doen het met die “haunts of lonely men”, ’n homososiale sfeer van kameraderie en avontuurlus.

2.

Voor- en agterop die teks is foto’s van Christiaan Bakkes. Die tekens in die foto’s sluit aan by die verhale: hy sit op ’n kampstoel, hy is bebaard, bruingebrand met lang blonde lokke, hy dra ’n wit band om sy hare, sy skoene (vaalgestof) is die soort wat avonturiers gewoonlik dra en voor hom sit ’n groot, swart hond. Bakkes se regterhand is besig om die hond se bors te streel??? Maar dan die opvallendste: sy linkerarm, wat naaste aan die kamera is, is tot by die elmboog af. (Dit herinner aan Mapplethorpe se foto’s van gespierde liggame waarvan daar dikwels ’n ledemaat ontbreek). In die teks, “Die jagtog” sluit die spreker af, deur op te merk: “Dit was my eerste jagtog sedert ek my arm drie jaar gelede verloor het” (p 89, ook p 91). Hierdie teken in die foto (en die verhaal) illustreer die idee van manlike weerloosheid, verklaar die isolasie en die uitwyk na die boendoes, die kameraderie met die Ander. Sou die leser ook simpatiek staan teenoor die weerlose mans in die verhale, nadat sy / hy die foto bekyk het? Die onderskrif by die foto, naamlik dat hy tans werk in die “Skedelkus Nasionale Park”, sinjaleer ook isolasie, afsondering en saam met die verminkte ledemaat, die swart hond en die duister agtergrond op die foto, het ons hier met ’n memento mori te make.

3.

Die verhaal “Soldaat op straat” handel, soos die titel reeds aandui, oor ’n soldaat wat op naweekpas gaan en vir sy vriende in die stad gaan kuier. Dit is nogal vreemd om in ’n tyd waar grensverhale en die grenspsigoses heeltemal verswyg word in Afrikaans, verhale oor die onderwerp te lees. Met die vertrekslag merk die kolonel op: “En los die wippe uit. Die probleem met julle fokken DPs is dat julle net wil suip en die fokken wippe wil saag. Los die wippe uit. Moenie terugkom met ’n welsynsprobleem nie. Het jy my?” (p 29). Benewens die feit dat die kolonel, vasgevang in ’n mansgesentreerde wêreld leef waar daar geen “wippe” is nie, is dit ironies, want die held in die verhale het nie juis veel sukses met vroue nie. Wanneer hy dan in die bekende omgewing terugkom, woon sy vriende nie meer in die woonstel nie en is hulle weg, sonder om hom eens te laat weet. Gevolglik, ontuis in die stedelike milieu, verlang die hoofkarakter terug na “Harvey en die Boesmantroepe. Hy verlang na die kolonel en ja, hy verlang na sersant-majoor Le Roux” (p 36). Slegs in die natuur en die isolasie van die natuur voel hy hom tuis. ’n Plek waar manlike kameraderie oorheers.

4.

Ek het die wildernis verken en in al sy fasette beleef. Caprivi, Krugerwildtuin, Kaokoland. Ek is nog steeds in die wildernis. Die afsondering, ontbering en vryheid het my onafhanklik gemaak. Selfsugtig en hardkoppig. Die wildernis het my emosies afgestomp. Miskien ook my brein effe aangetas. Van tyd tot tyd is daar ’n vrou … (p 100)

Na die lees van hierdie uittreksel besef mens dat die verteller ’n Hemingway-tipe karakter is, een van daardie “men without women”, wat tuis voel in ’n homososiale sfeer. Wanneer hy wel aan ’n vrou / meisie dink, is die blou kikoi wat sy agtergelaat het, al wat oorbly en hy wikkel die kikoi om sy heupe. Binne hierdie homososiale sfeer van soldate in oefenbroekies, van Boesmans wat spoorsny, van olifante wat die bakkie omkeer, is daar nie plek vir vroue nie. Trouens, die vroue in die teks word gewoonlik gekoppel aan ’n afsêbrief.

Woods (1993) sluit aan by Eve Kosofsky Sedgwick wat beweer dat heteroseksuele mans besonder selfbejammerend en sentimenteel kan wees. Sy praat van ’n “extraordinary high level of self-pity” onder heteroseksuele mans. Ek meen, dink maar net aan die anti-feministiese mansgroepe, die Robert Bly-vind-jou-oerman-uitstappies en die manlike opmarse om soos wafferse Tarzans op hul borste te slaan en te protesteer teen verkragters wat mans ’n slegte naam gee; teen fopdosparades in die naam van die Bybel … noem maar op. Veral as dit kom by die man-vrou-verhoudings in die verhale het ons hierdie tipe selfbejammerende reaksie.

5.

Net soos semen, word die trane van die heteroseksuele man as kosbare skatte in ons patriargale kultuur beskou, aldus Woods. In die verhaal “Jeffrey” (p 90) word ’n ander sy van die outsiderverteller geïllustreer. Sy buddy, Harvey, met wie hy saam in die Weermag was, se seuntjie sterf. Anders as Harvey wat versigtiger was, het Stoffel altyd probeer om die gevaar uit te tart, met die gevolg dat hy sy arm verloor het. Die wedersiens met die buddy word soos volg verwoord:

Ek aarsel toe hy nader kom. Ons oë sluit in ’n blik. Hy glimlag steeds. “Harvey, ek is lief vir jou,” sê ek en bars in trane uit. Die volgende oomblik is sy arms om my en ons hou mekaar vas terwyl ons huil. Katie sluit van iewers by ons aan. Sy skuif by ons in en ons huil. (p 93)

Katie, die vrou wat die homososiale kameraderie versteur het, staan aanvanklik eers buite die sfeer (“van iewers”), maar die kosbare trane van die twee mans bring haar nader en sy word deel van die groep. Die verhaal eindig met Stoffel wat, op aandrang van Katie, “Danny Boy” by die graf sing.

6.

Slotvrae:
  • Sluit Christiaan Bakkes se verhale aan by die “Women are from Venus; Men are from Mars”-opvatting oor die geslagte?
  • Hoekom maak hy so dikwels van lomp konstruksies soos “luisterend” gebruik?
  • Reageer gay lesers anders op die teks as straight lesers? Mans anders as vrouens?

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.