SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Uitsonderlik

Karen de Wet


Buy now!
Fourie, Coral & Maunick, Édouard, J
Splinters from the fire / Éclats d’un Feu
Protea Book House
2000

’n Uitsonderlike boek, en dan boonop ook nog ’n besondere mooi publikasie, wat pas van die drukpers af is, is Splinters from the fire / Éçlats d’un Feu — ’n produk van die samewerking tussen Coral Fourie en Édouard Maunick en uitgegee deur Protea Boekhuis en die Alliance Française de Pretoria. Mens kan bykans nie glo dat ’n boek wat so netjies versorg is, op gegreinde kwaliteit papier gedruk is, met medewerkers van hierdie internasionale formaat spog, en boonop ’n optekening van San-stories is, somaar en bykans onopspraakwekkend bloot verskyn nie. Kunstenaar, skrywer en beeldhouer Carol Fourie het die “Boesmanstories” in Splinters from the fire versamel en geredigeer, en die Franse vertalings, asook die elegant geskryfde voorwoord “portico” (1) wat werklik soos ’n ingangsportaal tot die huis van stories lees, is deur Édouard Maunick — die internasionaal bekroonde digter, skrywer, kritikus en vertaler wat ’n Mauritiaan van geboorte en deserdae Pretorianer is. Oorspronklike illustrasies is gedoen deur vyf San kunstenaars: Kgoro/whaa, Mo/ussi, Dju-o-ghai, //Au-a-ghai en //Waa-ká; en by elke storie word vermeld wie die verteller is, asook waar en deur wie dit opgeteken is. Hierdie indrukwekkende lys kunstenaars wat vir die primêre teks van die boek verantwoordelik is, kom elegant tot hul reg in die stylvolle en gepaste ontwerp deur HOND BK. (Sien mens Tienie du Plessis se kennershand in die skoon en vleiende uitleg, die sensitiewe tipografiese ontwerp, die heerlik komplimenterende papier, die pretensieloos presiese bandontwerp?)

Die titel van Splinters from the fire is geneem uit ’n Boesmanlied:

    Take a splinter
    from the fire
             let it light
             your way.
    Then
    follow your song.

en dit is volgens hierdie trant wat die hele publikasie verloop. Mens lees in die lig van [/ by die gloed van?] die vuur van ’n ou beskawing en jy loop in jou ontdek en verstaan agter die klank van die boek se lied aan.

Drie gedigte (“Life”, “A prayer” en “A child”) open die publikasie, waarop die voorwoord, ’n glossarium, ’n verduideliking van die tekens wat die klapklanke voorstel, en dan die 21 geïllustreerde stories volg. Wonderlike stories. Vuurstories. Vir slaaptyd se salig droom, vir wakkertyd se bewus leef. Oerstories. Wysheidstories. Soos die heuningstorie (“The story of honey”) en die oorsprongstorie (“The origin of the Bushmen”); soos die stories oor die oopkop haas (“Clear-headed Hare”), oor die veer wat ’n volstruis geword het (“A feather became an ostrich”), en oor die ou man wat sy trane geweier het, geen meegevoel wou betoon nie sodat die reën dit ná sy dood vir hom moes doen (“The old man Tsauke who would not weep”). Die boek sluit dan met ses kleurplate van Coral Fourie se kuns, wat in die woorde van Maunick se inskrywing daarby, “ ’n Lied vir die aarde” word (“Song of the world”); en kort biografiese inligting oor beide Maunick en Fourie. Dis hier, in ’n kort verwysing na haar lewe en navorsing onder lede van die San-kultuur, waar dit verwoord word van hoe kosbaar die inhoud en aanbod van hierdie boek is:

    “The Bushmen are the only custodians of a priceless treasure: a culture, with its roots directly in the hunter-gatherer ancestry of all mankind. While these little people manage to survive physically their unique culture is rapidly disappearing. The writings, the personal art creations of Coral Fourie and the brotherhood she shares with the Bushmen aim at keeping the flame of a threatened people alive. For the San culture forms an intrinsic part of the treasures of humanity.”

“We are in Africa, the country of Timbuktu, where the book trade dates from the middle of the 16th century,” skryf Maunick in die voorwoord. Protea Boekhuis kan, wat die inhoud, aanbod én versorging van hierdie publikasie betref, trots wees op die plek wat hulle aan die begin van die nuwe millennium en aan die suidpunt van die kontinent, tot die voortsit van hierdie tradisie maak.

Splinters from the fire is nie as ’n kinderboek uitgegee nie — maar Fontaine se fabels is ook nie. Dis ook nie ingeklee as ’n tydsdokument wat ’n baie brose, ’n op die rand van die verganklikheid in verdwyn kultuur, vas moet vang nie — laat dit vir die argeoloë en antropoloë en so. Dis wel ’n baie onderhoudende boek met Boesmanstories uit Boesmanvertellers se monde en met illustrasies deur Boesmankunstenaars. Koop hierdie boek, want dis ’n kleinood — en ’n besonder goed versorgde een met ’n sensitiewe aanbod van delikate stories wat murg vir elke lees se uitsuig gee, boonop.

  • See also the review of Shadow Bird
    portico — covered walkway leading to main entrance

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.