SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Gesprekkereeks snoer bekendes saam by Die Burger Suidoosterfees

Diegene wat intellektuele stimulasie saam met hul vermaak geniet, kan gerus ’n draai maak by Die Jakes Gerwel Gesprekkereeks, Non-Racialism in Afrikaans: Hoe sal dit lyk en klink? Bekendes uit verskillende beroepsvelde sal as sprekers optree in die twee afsonderlike sessies.

Vrydag 3 Oktober is Generasie van ‘94 aan die woord, met sprekers Fiks Mahola, Phumzile Malambile, Jackie Nagtegaal, Jo-ann Strauss en Heindrich Wyngaard.

Mahola is bekend as die immergewilde Simphiwe van 7de Laan. Hierdie 24-jarige akteur was voorheen te sien in die televisiereekse Lisenethini (Speedo) en Generations (Lucas). Teaterrolle sluit in Die lewe is alleen draaglik as ’n mens bietjie dronk is, Playing for keeps, Ke moja, Bra, Ke moja en ander. ’n Interessante vaardigheid van Mahola is marionetkuns.

Malambile, ’n boorling van Somerset-Wes, is voorsitter van die Black Students Association by die Universiteit van Stellenbosch. Dié voormalige primarius van Goldfields-koshuis se akademiese kwalifikasies sluit in ’n Sekondêre Onderrig Diploma aan die Cape College of Education en ’n BA Honneursgraad in Inligtingswetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

Nagtegaal, bekend vir haar debuutroman op 16-jarige ouderdom, Daar’s vis innie Punch, is reeds besig met haar nuwe roman. Sy ontvang vanjaar twee literêre pryse vir Vis Innie Punch: die MER-prys van R20 000 vir jeugliteratuur en ’n kykNet-merietetoekenning van R10 000 in die kategorie vir skrywers jonger as 35.

Strauss, ’n voormalige mej Suid-Afrika (2000) en bekende Pasella-aanbieder, tree gereeld by verskeie geleenthede as seremoniemeester en motiveringspreker op. Sy kan vlot Xhosa praat en was by Celebrity Big Brother die tweede laaste huismaat gewees om uitgestem te word. Sy was onder meer betrokke by die installering van ’n biblioteekleeslokaal by Pollsmoor-gevangenis.

Wyngaard is in Mei aangestel as assistentredakteur op die hoofredaksie van Rapport in Johannesburg. Dié oudjoernalistiekstudent van die Skiereiland Technikon het sy loopbaan in joernalistiek as algemene en nuusverslaggewer by Die Burger begin, was daarna lid van die politieke redaksie, en vir ’n jaar artikelredakteur by Insig. Wyngaard was daarna senior parlementêre skrywer en later politieke nuusredakteur by Die Burger. Voor sy aanstelling by Rapport was hy vir meer as ’n jaar adjunkredakteur: mediaskakeling in die kantoor van die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport. ’n Aantal van sy kortverhale is reeds in verskeie tydskrifte en twee bundels gepubliseer. Wyngaard het onder meer ook aanbiederswerk gedoen vir die kykNet-program Kwêla en Punt Geselsradio.

Wanneer die Generasie van ‘76 aan die woord is, kan groot name uit die politieke en akademiese wêreld verwag word, met dr Frederik Van Zyl Slabbert, Antjie Krog, prof Hein Willemse, dr Pallo Jordan en dr Zimitri Erasmus.

Dr Frederik van Zyl Slabbert, pa van twee en “a keen observer of the current scene” was vir tien jaar akademikus, daarna twaalf en half jaar politikus en deesdae politieke analis en besigheidsman. Huidiglik is hy by verskeie organisasies betrokke, wat Khula Consulting (Edms) Beperk (direkteur) en Aardklop (voorsitter van die direksie) insluit, en politieke konsultant by ’n verskeidenheid belangegroepe en organisasies. Hy het verskeie akademiese artikels en boeke agter sy naam, wat die boek Afrikaner Afrikaan insluit.

Krog is ’n bekende in literêre kringe en sal ook te sien wees by die ASV-potpourri van Kaapse Skrywers. Sy het reeds tien digbundels, twee verseboeke vir kinders, ’n kortverhaal en die bekende boek Country of my skull op haar kerfstok. Haar eerste toneelstuk is onlangs op plaaslike bodem opgevoer. Onder haar verskeie toekennings is die Eugène Marais-prys vir mees belowende jong skrywer (1973), die Olive Schreiner-toekenning vir prosa (2000) en die RAU-prys vir beste boek van die jaar (2000).

Prof Willemse is professor en hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Hy het onder meer studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland (waaraan hy vir geruime tyd verbonde was), Skiereiland Technikon en Universiteit van Pretoria. Toekennings wat hy ontvang het, sluit in ’n Insig Afrikaans Onbeperk-toekenning (KKNK) vir innoverende bydrae tot die verbreding en verryking van Afrikaans. Hy was betrokke by verskeie onderhoude en gesprekkke in die pers, radio en televisie, en as joernalis betrokke by onder meer die skryf van artikels vir verskeie koerante en tydskrifte.

Dr Zweledinga Pallo Jordan is voorsitter van buitelandse sake (Parlement van Suid-Afrika) en voormalige minister vir omgewingsake en toerisme. Hy het onder meer studeer aan verskeie Suid-Afrikaanse Universiteite en in Amerika en Europa. Van sy vele kwalifikasies sluit in ’n nagraadse kwalifikasie aan die Londense Skool vir Ekonomie. Sedert sy aansluiting by die ANC in 1960 het hy verskeie posisies binne dié organisasie beklee, onder meer hoof van navorsing in die departement inligting en publisiteit in die jare tagtig .

Dr Zimitri Erasmus is senior lektor in Sosiologie aan die Universiteit van Kaapstad. Sy gee klas vir voorgraadse en nagraadse studente in die onderwerpe ras, geslag en sosiale identiteite. Haar navorsingsbelangstellings sluit in die posisionering van identiteite in sosialetransformasie-konteks. Sy het verskeie publikasies reeds gepubliseer rakende die politieke implikasies van ras, kultuur en herkonseptualisering van sosiale identiteite in Suid-Afrika.

Dus kan die generasies van ‘94 en ‘76 ’n afspraak maak om hierdie gesprekkereeks-sessies by te woon, wat definitief intellektuele pitkos sal bied.

*Die Burger Suidoosterfees vind op 3 en 4 Oktober te Skiereiland Technikon, Bellville plaas. Kaartjies kan bespreek word by (021) 406 2835 of kontant aangekoop word by die grondvloer van die Naspers-sentrum, Checkers in Middestad Mall, Bellville, of Checkers, Westgate Mall, Mitchell’s Plein. Die volledige feesprogram is beskikbaar by www.suidoosterfees.co.za.


Alle navrae: (021) 406 2835 of suidooster@media24.com

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.