SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Eenvoudig onweerstaanbaar

Pieter Redelinghuys
Blitsverkoper!
Seks & drugs & boeremusiek
Koop nou!

Kombuis, Koos A
Seks & Drugs & Boeremusiek — die memoirs van ’n volksverraaier
Human & Rousseau
Kaapstad
2000
294 pp
ISBN: 0798140658
Prys: R79,95

Koos A Kombuis het lank gedink oor die titel van sy outobiografie. Daar was baie opsies: Die reuk van tweedehandse kombi’s, Braai Freedom en selfs Sy kom op die sekelmaan, ’n voorstel van ’n vriend.

Maar soos hy tereg opmerk in die proloog: “nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie, maar hulle sal altyd swakker verkoop as Seks & Drugs en Boeremusiek, die memoirs van ’n volksverraaier.”

Dis met die ter inleiding dat Kombuis ons ’n vlugtige kykie gee na die vyf periodes in sy bestaan tot op hede, opgedeel in kleure. Dit begin by die rooi vormingsjare toe hy vuur en vlam was vir die lewe, en strek tot die Blou Periode waar hy homself tans bevind. Maar nie soos in “depressie-blou” nie, veel eerder blou soos in “lekker (en) mooi (blou).”

Tussen die begin en die “einde” van sy opgesomde en uiters opwindende lewensverhaal raak-raak hy aan die soeke na waarheid (Swart Periode), die rustelose jare van dagga en harde dwelms (Groen Periode) en die rock ’n roll revolusie in Afrikaans (Infrarooi Periode).

Uit die titel, weet Kombuis te vertel, kan die leser aflei dat daar drie uitstaande vormingswigte in sy lewe was / is, drie is immers sy “lucky number”. Hy verwys natuurlik na musiek, die “donerse dagga … (en) fokken drugs” en seks, “nie alles daarvan nie … maar darem genoeg”.

Op dié noot begin ’n mens lees aan 294 bladsye, om uit te vind hoe die skrywer, kunstenaar en musikant homself versoen het met sy verlede, ’n verlede wat sy eerste “nare draai” by die Blinkogies-kleuterskool gemaak het voor hy uiteindelik — meer as vier dekades later — tot die besef sou kom “…die oplossing vir die siekte van Afrikanerskap sou op die ou end nie lê in die ontkenning van Afrikaans nie, maar in die aanvaarding daarvan.”

Seks & Drugs en Boeremusiek is eenvoudig onweerstaanbaar. Ek moet nog een leser ontmoet wat nie die boek in een of twee sessies deurgedraf het nie.

My eerste ondervinding van die boek se impak het kort gedraai van familietwis. Die hare het so amper-amper gewaai daai naweek toe ek op die ingewing van die oomblik besluit het om die boek oor die drumpel van my ouerhuis te dra.

Wat bedoel was as ’n Vadersdaggeskenk het binne 27 bladsye uitgeloop op ’n ouerlike binnegeveg oor wie nou eintlik eerste leesreg op die boek het. Dis hier waar Kombuis ’n skreeusnaakse staaltjie verhaal van sy oupa en sy ouma.

“My oupa se huis was, toe ek klein was, vir my soos Die Tabernakel vir die Israeliete. ’n Wonderlike plek, maar vol oordeel vir sterflinge en sondaars …” Hy beskryf sy oupa as ’n “Baie Belangrike Man” met ’n “moerse pens”, sy ouma as ’n saggeaarde vrou, “rond en mooi soos ’n seepbel …” As sy ouma die Heilige Gees was (“Alomteenwoordig in haar liefde”), skryf Kombuis, was sy oupa God die Vader (“streng en moerig”).

Dis maar een kort uittreksel uit ’n boek wat ’n bewys lewer van hoe mooi Afrikaans geskryf kan word. Kombuis span die taal in met humor, liefde en deernis, maar ook tragiek, woede en vrees.

Sonder om prekerig te wees, sonder om voor te skryf en sonder om genotsugtig te werk te gaan slaag die skrywer daarin om, bowen alles, die leser tot die slotsom (sy slotsom en ons s’n) te bring: “Ons kan ophou om onsself so vreeslik uit te kak. Ons het lank genoeg skuldig gevoel ... dis nie ’n sonde om te lewe nie.”

Ofskoon Koos Kombuis op bladsy 284 belowe dat sy “volgende boek” nie ’n “outobiografie (sal) wees nie”, kan ek (as leser) bloot afsluit deur te sê: “en nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie, maar die grootste van die drie is die smagting na nog woorde uit die skrywer se pen …”

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.