SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Om hom draai die spil

Johan Lodewyk Marais J C Steyn
Van Wyk Louw: ’n Lewensverhaal
(Kaapstad: Tafelberg, 1998)

Die afgelope jare was daar ’n merkbare oplewing in die biografiese geskiedskrywing in Afrikaans. Dit sluit omvangryke biografiese geskrifte oor literêre figure soos Eugène N Marais, D J Opperman, Olive Schreiner, Totius, Peter Blum, C J Langenhoven, S J du Toit en C Louis Leipoldt in.

Dat daar ook uiteindelik aandag gegee sou word aan die figuur wat allerweë as die spil in die Afrikaanse letterkunde beskou word, naamlik N P van Wyk Louw, het dus nie as ’n verrassing gekom nie. (In Karel Schoeman se Die wêreld van die digter van 1986 is net Van Wyk Louw se jeugjare in oënskou geneem.)

Die taak om die verhaal van Van Wyk Louw se lewe en werk te vertel, is uiteindelik aan J C Steyn toevertrou. Steyn, self bekend as digter en prosaskrywer, is ’n uitnemende navorser en daarom verwag die leser van die biografie by voorbaat dat die navorsing deeglik sal wees. In hierdie opsig stel die omvangryke biografie van 1 139 bladsye, met ’n verdere 168 bladsye verwysings en register, die leser nie teleur nie.

Dat daar by wyse van spreke ’n noue band tussen die “verhaal” en die “verwysings” bestaan, word bevestig deur die feit dat elke verwysing agter in die biografie onontbeerlik is. Dit is wel jammer dat daar nie ook ’n (volledige) bibliografie van Van Wyk Louw se werk en die literatuur oor hom opgeneem is nie.

Steyn neem Van Wyk Louw se lewe van sy geboorte tot en met sy dood in oënskou en maak van argiefmateriaal, primêre en sekondêre bronne en onderhoude met ’n groot aantal mense gebruik om sy verhaal te vertel. Werk deur vorige navorsers word meermale betrek (soos Schoeman se Die wêreld van die digter, Opperman se Digters van Dertig van 1953 en J C Kannemeyer se Die dokumente van Dertig van 1990).

Dikwels word daar ook in gesprek getree met ander sienings oor Van Wyk Louw. In hierdie verband verwys ek veral na Steyn se antwoord op bepaalde uitsprake in Gerrit Olivier se studie N P van Wyk Louw: Literatuur, filosofie, politiek (1992).

’n Mens is ook sterk onder die indruk dat Steyn se bekroonde navorsing oor NasPers (voorheen bekend as die Nasionale Pers) in die uitgewersbedryf in W D Beukes (red.) se Boekewêreld (1992) waardevolle “voorwerk” was vir hierdie biografie.

Die opdiep van talle stukke wat bykans vergete in die koerante en tydskrifte van ’n klompie dekades gelede lê, is in elk geval een van Steyn se waardevolste bydraes. Daar is nog talle Van Wyk Louw-prosawerke wat nie in sy Versamelde prosa 1 en 2 (1986) opgeneem is nie, maar tog verdien om vir ’n nuwe geslag lesers bewaar te word. Die biografie bevat inderdaad genoeg getuienis dat daar so gou moontlik aandag aan die uitgee van ’n deeglik nagevorste geskrifteversameling van Van Wyk Louw gegee moet word.

Om kortliks oor ’n werk soos die N P van Wyk Louw-biografie te skryf, is byna onmoontlik. Daarom volstaan ek vervolgens puntsgewys by ’n aantal aspekte wat my opgeval het en wat vermelding verdien:

  • Van Wyk Louw het Afrikaans en die Afrikaanse saak aktief bevorder. Die aandag wat Steyn aan die beskikbare inligting gee, voorkom egter grootliks dat hy maklik veroordelende uitsprake vanuit ’n “agternaperspektief” lewer. By die lees van so ’n teks behoort die leser immers ’n kykie te kry in waarom iemand soos Van Wyk Louw op bepaalde tye in sy lewe sekere keuses gedoen het.
  • Steyn se behandeling van (moontlik) anti-semitiese uitsprake deur Van Wyk Louw (kyk pp. 124-129) is van die min onbevredigende gedeeltes in die biografie. Die inligting wat Steyn in dié verband verstrek, het my laat dink aan sommige van die uitsprake van Heidegger wat deur (o.a.) Hugo Ott in Martin Heidegger: Unterwegs zu seiner Biografie (1988) aangehaal word. Steyn se verontskuldigings wou my nie heeltemal oortuig nie. Het hy nodig gehad om namens Van Wyk Louw sulke “verskonings” te maak?
  • Die beskrywing van die verhouding tussen Van Wyk Louw en sy broer W E G Louw is boeiend. Miskien moet iemand na dese ’n biografie oor W E G Louw skryf om die “verskil tussen die broers” (kyk Elize Botha se siening op p. 737) nog duideliker te laat word en om W E G Louw ook uit eie reg aan ons voor te stel. Aangesien die Dertigers ’n belangrike generasie was, wil ons soveel moontlik van hulle weet.
  • Die gedeelte oor die verhouding tussen Van Wyk Louw en Sheila Cussons is verhelderend en verbasend eerlik. My gevoel was nietemin dat Cussons se kant nie heeltemal tot sy reg (kon) kom nie. Hoekom was Cussons bereid om in sowel Katinka Heyns se TV-program oor Van Wyk Louw as in Insig (Desember 1998) oor die verhouding te praat, maar nie met Steyn nie?
  • Min Afrikaanse denkers het soveel aan polemieke deelgeneem soos Van Wyk Louw. Hierdeur het Van Wyk Louw telkens ’n belangrike rol gespeel (byvoorbeeld deur die standpunt wat hy teen sensuur in die sestigerjare gestel het) en so het hy sekerlik vir die Sestigers iets van ’n “model” geword. (Dit is byvoorbeeld opvallend dat die Afrikaanse Skrywersgilde se bestaansreg grotendeels ondermyn is nadat die sensuurkwessie “opgelos” is.)
  • Die biografie illustreer die noue verweefdheid tussen die Afrikaanse en die Nederlandse letterkunde en kultuur oortuigend. Hoe groot hierdie wedersydse verbondenheid was (en grootliks gebly het), word hier goed uitgespel. (Soms is fasette hiervan egter nie volledig genoeg nagevors nie, soos die implikasies van Van Wyk Louw se samewerking met die Nederlandse komponis en dirigent Henk Badings. Dit is Badings in sommige kringe erg kwalik geneem dat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog ’n “colloborateur” was en enkele maande lank deel van die Nederlandse Kultuurraad uitgemaak het.)
Steyn slaag daarin om ’n hoogs leesbare biografie te skryf wat die leser geboei hou. Of alle lesers egter die deeglikheid van die biografie gaan waardeer, daarvan is ek nie so seker nie. Dit sou sekerlik al ’n goeie rede vir ’n uiteindelike verkorte weergawe van die biografie kon wees. As voorbeeld hiervan sou ’n mens die verkorte en hoogs leesbare Engelse weergawe van Olivier Todd se Albert Camus: A life (1998) kon noem.

Uit Todd se biografie ontleen ek ook die volgende uitspraak: “A hundred biographies are possible for every human being” (p. ix). Steyn het ’n grootse biografie geskryf, maar daar is ook ander biografieë oor Van Wyk Louw moontlik.

In Afrikaans gaan ons te maklik van die standpunt uit dat ’n biograaf alles gesê het. Die groot wins is dat Steyn daarin geslaag het om Van Wyk Louw weer lewendig te maak; dat hy ’n nuwe geslag lesers met hom in gesprek laat tree.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.