SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Poësievoorlesings by Up the Creek

Louis Esterhuizen

Sedert Oktober 1997 vind daar maandeliks op die laaste Dinsdag van die maand poësievoorlesings plaas by die restaurant Up the Creek in Gerhard Moerdykstraat in Pretoria. Die voorlesings word deur twee Pretoriaanse digters, H J Pieterse en Louis Esterhuizen, gereël. Hul oogmerk is om die vermaaklikheidwaarde van poësie te herstel en dit ’n wyer blootstelling te gee.
    Gesien in die lig van die entoesiastiese opkoms elke maand, is die projek ’n groot sukses. Dit is niks vreemds om ’n gehoor van meer as honderd mense in hierdie restaurant saamgetrek te vind tydens die voorlesings nie. Die program bestaan gewoonlik uit twee dele. Eerstens sal ’n groep genooide digters uit hul werke voorlees en dan behoort die verhoog aan die gehoor. Enigiemand wat sou wens om voor te lees uit werke wat hulle saamgebring het, kry die geleentheid daartoe.
    Bekende digters wat al tydens die voorlesings opgetree het, is onder andere Stephan Bouwer, Stephen Gray, Fanie Olivier, Leon de Kock, Johann Lodewyk Marais, Rosa Keet, Jan de Wet, Gert Vlok Nel en talle ander.
    Die Up the Creek-voorlesings het ook aanleiding gegee tot twee verdere projekte: Ten eerste ’n publikasie wat aan die einde van 1998 verskyn het wat die beste van die jaar se voorlesings saamvat, en tweedens ’n reeks Bekgevegte (Poetry Slams) wat met groot sukses in Pretoria opgevoer is. Die konsep van die Bekgevegte is basies dat twee digspanne teen mekaar meeding deur verse rondom bepaalde temas wat deur die gehoor gegee word, binne tien minute te skryf en voor te lees.
    Die reaksie was sodanig dat Pieterse en Esterhuizen ’n reeks Bekgevegte tydens vanjaar se Klein Karoo-kunstefees gaan aanbied. Die digters wat hieraan gaan deelneem, is Pieterse en Esterhuizen, asook Stephan Bouwer, Leon de Kock, J C van Staden en Roy Blumenthal. Die Bekgevegte vorm deel van die rimpelfees en behoort groot belangstelling uit te lok vanweë die feestelike aard daarvan.

Pretoria Boys High School

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.