SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Picasso en Afrika

Theo Kleynhans1

Die huidige diskoers oor Sandile Memela2 se uitlatings oor Picasso se sogenaamde "diefstal" van Afrika-kuns is 'n grenslose irritasie. Ek reageer graag paragraafsgewys op sy siening soos uiteengesit in "Unmasking Picasso and finding Africa beneath" (City Press). Paragrawe deur hom is telkens ingekeep:

It is now an established fact that Africa is the "cradle of humankind".

Ons almal stem saam met die feit, Sandile. Maar wat het die geboorte van die mensdom nou te doen met Afrika-kuns of die geboorte van Kubisme? Ek dink jy probeer om met jou openingsin die oppergesag van Afrika te bewys.

As if that is not enough, in the first decade of the 21st century there is irrefutable evidence that African intellectuals possessed an eternal creative spark that ignited and propelled the careers of legends like Pablo Picasso.

Asof wat nie genoeg is nie? Asof die feit dat Afrika die wieg van die mensdom is? Ek sukkel om die logika te volg. Wat bedoel jy? Natuurlik is daar onweerlegbare bewys van die kreatiwiteit van Afrika-kunstenaars, maar was hulle intellektuele? Ek probeer nie om hulle kunstenaarskap te ondergrou nie, ek betwyfel net die intellektualiteit van die skeppingsproses wat eerder die stamgebonde religieuse praktyk van die kunstenaar onderskryf. Nie alle kunstenaars is intellektuele nie. Gaan lees gerus na oor die Art Brut- en Art Naïf-strominge in hul suiwerste vorm. Ek stem ook saam dat die "ewige kreatiewe vonk" van Afrika-kuns (slegs) 'n sekere periode van Picasso en sy kollegas se oeuvre laat ontvlam het. Ook dat hierdie bewuswording van Afrika-kuns hierdie groep kunstenaars se werk vorentoe gedryf het.

The link between President Thabo Mbeki's African Renaissance and the role of the Arts and Culture Department may not be too clear at the moment.

Ek stem saam dat die skakel tussen die sogenaamde Afrika-Renaissance en die Departement van Kuns en Kultuur en die rol wat dit vertolk binne die visuelekuns-sektor in Suid-Afrika 'n troebel, ondeurdringbare tameletjie van burokrasie is wat plaaslike kunstenaars verbluf laat, maar dit tersyde.

But the government should be congratulated for concluding a bilateral cultural exchange programme with the French government, among others, which has resulted in the Picasso and Africa roving exhibition.

Ja, baie dankie. Dit is lekker dat mens nie die heeltyd oorsee hoef te reis om internasionale kuns te sien nie.

At the Standard Bank Gallery in Johannesburg, the truth hangs naked that Picasso would not have been the renowned creative genius he was if "he did not steal" and adapt the work of "anonymous (African) artists".

Ha, ha, ha! Dis nou 'n grap! Die naakte waarheid is eerder dat al sou mens alle verwysings van Afrika uit die verstommende oeuvre van Picasso weglaat, hy steeds as een van die grootste kunstenaars en innoveerders van die 20ste eeu gesien sal word. Ek kan argumente gaan haal by postmodernistiese ontlening en ons kan lang gesprekke hê oor die oorsprong van inspirasie. Maar nie een van die finale werke wat Picasso ooit gemaak het tydens hierdie Afrika-periode, is 'n direkte kopie nie. Dit is beïnvloed deur Afrika-maskers, dit huldig die vereenvoudiging van vlakke; maar in elke werk is Picasso se hand besig om te vervorm, om aan te pas, om te verwerk tot 'n beeld wat wydsbeen tussen Afrika en Europese kunstradisies staan.

Of course, the sponsors and organisers of this exhibition prefer to continue putting Picasso on a pedestal. In fact, they have gone out of their way to manufacture an intellectual discourse that projects Picasso as someone who so loved and appreciated African art that he went out of his way to open it to the world.

Nee, Picasso moet nie net op 'n voetstuk geplaas word nie, hy verdien 'n triomfboog. Die organiseerders het ook nie uit hul pad gegaan om enige iets anders as Picasso en sy werk wat deur Afrika-beelde beïnvloed was, te wys nie. Die werk sal, soos alle goeie kuns, vir ditself praat. Die kunstenaar hoef ook nie verlief te wees op sy materiaal nie. Hy gebruik dit soos wat iemand wat 'n klipmuur bou, die volgende klip selekteer wat die beste pas. Verduidelik ook jou stelling dat die organiseerders uit hul pad gegaan het om Picasso in hierdie "positiewe" lig te stel.

They have picked out 84 pieces of his works, branded them as "out of his creative imagination" and prepared the simple-minded folks to sing praise songs for Picasso.

Gelukkig het die "simple-minded folks" jou sprankelende joernalistiek om hulle na die "waarheid" te lei!

But after a short exposure to this momentous exhibition, it suddenly becomes very clear that this is all a white-wash.

Is dit nou "White-wash" as opposed to "Black-wash"? Ek vra maar net - praat ons oor kuns of oor kleur?

The work itself, especially the African masks, makes a very profound statement that says there is a profound and strong connection between African art and Picasso.

Juis, daarom word Afrika-maskers en Picasso se werk wat daardeur geïnspireer was, saam gewys.

Picasso is one of the many products of African inspiration and creativity who lacked the courage to admit its influence on his consciousness and creativity.

Interessant, dan, dat die kurators Afrika-beelde insluit in hierdie uitstalling. As daar geen verwysing tussen die twee was nie, hoekom het hulle enigsins die moeite gedoen? Veral as mens bewus is daarvan dat dit nie Picasso se eie versameling maskers en beelde is wat die uitstalling meegaan nie - sy versameling was reeds te verstrooi en breekbaar om die reis mee te maak. Die kurators het dus uit hul pad gegaan om soortgelyke maskers en beelde te vind om hierdie uitstalling te vergesel. Hoe kom jy tot die slotsom dat Picasso het nie die moed gehad om die invloed van Afrika-maskers en -beelde op sy kreatiwiteit en sy bewussyn te erken nie? Sy werk is deurspek met verwysings na Afrika-kuns - waar kom jy aan jou inligting?

The reign of Picasso as the "creative genius of 20th century modern art" has been plunged into a crisis, if not come to an end, in my mind.

Jou astrantheid het geen perke nie. Niemand beleef 'n krisis nie en Picasso se ster het geensins getaan nie. Neem 'n hoofpynpil, of sien 'n terapeut, want die wêreld gaan nie ophou draai nie.

The public cannot help but listen and watch with displeasure the promotion of yet another European artist at the expense of the great work done by "anonymous (African) artists".

Nee, die publiek kan nie glo dat jou aannames gepubliseer is nie. En dalk sou die Afrika-kunstenaars genoem geword het as hulle naspeurbaar was. Die maskers op die uitstalling word deurgaans toegeskryf aan die naaste stam se styl. Dalk kan jy verduidelik hoe die "anonieme Afrika-kunstenaars" opgespoor kan word? Nie een van die maskers is geteken deur die "anonieme Afrika-kunstenaars" nie, so wat wil jy meer hê? Sal jy dit verkies as geen "Europese" kunstenaar ooit weer na Afrika verwys in sy werk nie? Sal jy dan gelukkig kan speel met al jou Afrika-speelgoed wat blykbaar net vir die gebruik of inspirasie is vir "Afrika"-kunstenaars?

Of course, the assertion that Picasso copied from African artists will be considered blasphemy, impolite and arouse resentment in some quarters.

Nee, ons dink nie dit is lasterlik of ongemanierd nie. Ons neem dit net met 'n knippie sout. Met hierdie sin bewys jy dat jy opruiende joernalistiek wil maak. Is dit alles 'n publisiteitsfoefie?

But it would be false not to accept and espouse the ideals promoted by the African masks themselves who accuse one of their products, Picasso, of not being faithful in acknowledging their inspiration and influence in his life and work.

Asseblief! Woordryke propaganda!

It is, indeed, one of the greatest cultural coups of the century that Mbeki's government, through its African Renaissance philosophy, combined with the work of the Arts and Culture Department, has awakened us and created a new consciousness.

Ja, moet net die President kwaad maak nie! Maar is dit nie 'n bietjie laat om nou die heunigkwas uit te haal nie?

We can move forward into the new African century with pride and confidence, secure in the knowledge that Africa is the cradle of humankind.

Afrika is die wieg van die mensdom. Luister mooi - die mensdom. Dit beteken dat die hele mensdom kom uit Afrika. Daarna het die oermens gereis na ander kontinente en as gevolg van hulle omgewing en spesifieke genepoel geëvolueer om verskillende rassegroepe te vorm. As jy Afrika opeis as jou oergeboortegrond, mag Picasso dit dus ook doen.

Not only that, we have long given birth to the original artists of the earth.

Word wakker, daar is regoor die wêreld rotstekeninge.

The Picasso and Africa exhibition has changed the view of western art and is bound to redefine relations with the West.

Stel jy 'n revolusie voor?

We have been taken for a ride where the humanity, creativity and methodology of African artists have not been given the acknowledgement, dignity, respect and reward that they deserve.

Ek bekommer my wanneer mense sulke stellings maak. Volgens my het die kurators en organiseerders van hierdie uitstalling uit hul pad gegaan om nie net krediet te gee aan die Afrika-kunstenaars nie, maar om die onderbou van Afrika-kuns in Picasso se werk uit te lig. Dit ontstel my as sogenaamde joernaliste kuns wil gebruik om ander agendas te opper. Ek hoor hoe eggo die Krog-plagiaatdebat hier.

Elke kunstenaar is 'n produk van sy tyd en die postume verdagmaking van Picasso se werk en intensies is kleinlik. Waarom word Picasso nie eerder gehuldig omdat hy Afrika-kuns as inspirerend genoeg geag het om te ondersoek nie? Waarom word hy nie bedank omdat sy belangstelling die soeklig laat val het op Afrika-kuns nie? Soos Krog bedank moet word vir haar monumentale bydrae. Waarom probeer mense soos Sandile Memela steeds om tweespalt en twis te saai? In hierdie geval het sy politieke agenda in sy gesig ontplof en ek hoop hy verstik daaraan.

  •   Die Picasso en Afrika-uitstalling is nog te sien in die Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Galery, (021) 467 4660, in Kaapstad tot 21 Mei


    1   Die veelsydige kunstenaar en skrywer Theo Kleynhans is die huidige kurator vir visuele kuns by die ABSA KKNK, maar hy reageer hier in sy persoonlike hoedanigheid.

    2   Sandile Mamela is 'n ampsdraer in en woordvoerder van die Departement Kuns en Kultuur, maar hy het sy artikel in City Press in sy persoonlike hoedanigheid gepubliseer.





    LitNet: 09 Mei 2006

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.