SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die intelligente speurverhaal

Anita van Zyl


Koop hier
Orion, Deon Meyer se tweede speurroman na sy suksesvolle voorganger, Feniks, het in Junie vanjaar by Human en Rousseau verskyn. Die lywige sagtebandweergawe — 360 bladsye — is beskikbaar teen R84,95.

Met Orion bevestig Deon Meyer wat hy reeds met Feniks bewys het: dat hy ’n onderhoudende, spannende, uiters leesbare speurverhaal kan skryf. Al die spanningselemente is daar: oudpolisieman Zatopek van Heerden kry ’n tweede kans nadat sy betrokkenheid by die ongenaakbare wêreld van moord en roof in die Kaapse Skiereiland en sy eie persoonlike ontnugtering hom amper aan die verkeerde kant van reg en geregtigheid laat beland. Hy kry na ’n nag van aanhouding ’n kans om sy speurvernuf te bewys, hierdie keer in ’n siviele hoedanigheid. Hy moet binne slegs sewe dae ’n testament opspoor wat saam met die res van die inhoud uit die kluis verdwyn het ná ’n raaiselagtige moord op ’n middelklas-meubelhandelaar ’n jaar tevore.

Wat aanvanklik na ’n roetine-ondersoek lyk en by die leser die verwagting van ’n tipiese “whodunnit” skep, ontvou spoedig in ’n netwerk van vals en ware leidrade wat Van Heerden al hoe dieper by die ondersoek betrek en uiteindelik tot die ontrafeling van ’n hele komplot van haat, geweld en bedrog lei. Dit wil sterk herinner aan sommige van die bekentenisse wat tydens die pas afgelope Waarheids- en Versoeningskommissie aan die lig gekom het. Want Van Heerden se ondersoek na die moord-en-roof-saak ontmasker die geheime bedrywighede van Militêre Intelligensie en die Weermag en die mag-en-geweld-orgie tydens die destydse grensoorlog in Namibië. Dit maak van Orion ’n eietydse en baie aktuele roman waarmee Meyer ook politieke kommentaar lewer. Omdat Van Heerden se ondersoek ’n paar mense in hoë posisies uiters ongemaklik maak, loop hy hom telkens vas teen ’n goed beplande doolhof van leuens en geheime. Die spanning word deurgaans gehandhaaf soos wat daar telkens ’n nuwe kinkel in die kabel kom. Meyer hou die leser tot en met die laaste bladsy aan die raai.

Die spanning word versterk deur die beperkte tyd waarin Van Heerden die testament moet opspoor. Dit word slim ondersteun deur die hoofstukindeling: Van Dag 7 tot en met D-Dag. Die ontknoping van die spanningsverhaal word afgewissel met Van Heerden se rekonstruksie van sy eie lewensverhaal. Die twee verhaallyne word afgewissel deur die gebruik van verskillende lettertipes. Dit is ’n uiters geslaagde tegniek omdat die twee verhale nie inmekaar loop nie. Tog is die twee verhale nou met mekaar verweef, en Meyer slaag daarin om al twee verhaallyne suksesvol af te rond en die spanning te handhaaf.

Meyer se hoofkarakter, Zatopek van Heerden, is ’n lewensgetroue en geloofwaardige figuur, soos ook die ander handhawers van wet en orde. Mat Joubert, die hoofkarakter in Feniks, maak weer sy verskyning, hierdie keer as een van Van Heerden se betroubaarste bondgenote. Ook ander karakters soos Nougat O’ Grady en Bester Brits van Militêre Intelligensie is oortuigende en herkenbare karakters. Miskien is dit juis vanweë die geloofwaardigheid van hierdie karakters dat die twee vrouekarakters, die prokureur Hoop Beneke, en Kara-An Rousseau minder geslaagd is. Die twee vroue in Van Heerden se lewe is twee teenpole en verteenwoordig miskien die twee kante in Van Heerden se samestelling: die goeie en die bose wat daagliks in hom ’n stryd voer. Hoop Beneke is die verpersoonliking van die ideale vrou wat deur vrouetydskrifte aan mans en vroue voorgehou word: sy is suksesvol, intelligent, onafhanklik en selfversekerd, maar tog te alle tye vroulik, weerloos en beheerst. Miskien moes Meyer haar minder van ’n “superwoman” van die afgelope paar dekades gemaak het. In hierdie opsig is die skatryk, dinamiese maar bedorwe en beeldskone Kara-An met haar vreemde voorkeure juis vanweë haar “afwykende” gedrag veel meer ’n mens van vlees en bloed, en gevolglik interessanter, soos Van Heerden. Of is die vroulike karakter in ’n speurverhaal waarin die hoofkarakter ’n sterk, humeurige man sonder fieterjasies is, juis bedoel om meer van ’n versiering as ’n medespeler te wees? Want ten spyte van die feit dat sy die een is wat vir Van Heerden betaal om die testament op te spoor, is haar betrokkenheid by die saak nie altyd heeltemal oortuigend nie. As leser het ek die gevoel gehad dat sy meer erns het om die geheim van Van Heerden se tragiese verlede te ontrafel as om die testament te vind.

Meyer se werk getuig van deeglike navorsing — oor wapens en oor die wêreld van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Dit verseker die geloofwaardigheid van die gebeure. Hoewel ontstellend, is niks wat in Orion gebeur ooit vergesog nie. En dit is miskien juis dit wat daarvan ’n geslaagde en terselfdertyd ontstellende verhaal maak.

Orion is, soos reeds genoem, ’n speurverhaal wat die leser aan die lees hou. Tog is daar soms gedeeltes wat ek “oorbodig” gevind het en wat die spanningslyn effens verbreek — soos byvoorbeeld die sekuriteitswag Tiny se weergawe van die swart soldate se rugbywedstryd teen die Russe by hul opleidingskamp tydens die apartheidsjare. In die konteks van die roman en die gebeure sou die verhaal waarskynlik hegter gewees het daarsonder. Dit dra nie by tot die hoofgebeure nie en sou moontlik as ’n korter verwysing suksesvoller gewees het.

Met Orion, soos met Feniks, vul Deon Meyer ’n groot en belangrike leemte in die Afrikaanse boekemark — dié van die intelligente speurverhaal. Beslis die moeite werd om te lees!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.