SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die sel as heelal

Willem Anker

is die slagoffer van 'n doktorstesis in Afrikaanse letterkunde en sporadiese vryskuttery.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

Klik op omslae om te bestel by kalahari.net!
Wen Mondmusiek en die Ongedanste Dans!
Vyf gelukkige LitNet-lesers kan elk 'n geskenkpakkie bestaande uit Breyten Breytenbach se versamelbundel Die ongedanste dans (Human & Rousseau) en die CD Mondmusiek (Human & Rousseau / Rhythm Records) wen! Al wat julle moet doen is om 'n haastige e-pos te stuur na sharon@litnet.co.za en vir ons een voorstel vir 'n LitNet-artikel te maak. Die kompetisie sluit op 16 Junie, maar skryf sommer nou in en kom solank in aanmerking!
Bestel nou by kalahari.net!
Bestel nou by kalahari.net!

Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983, deur Breyten Breytenbach. Human & Rousseau, Kaapstad, 2005. (Slapband, 459 bladsye, ISBN 0-7981-4402-5, R150.)

Laat in sy lewe, aan die einde van die skets "Life Story Briefly Told", beskryf Hermann Hesse sy eie dood soos hy dit voorsien. Aangesien kronos vir hierdie magus van min belang is, be-skrywe hy verlede en toekoms, 'n verbeelde dood.

die ek is so oud soos water!
maar in die skoenlapper
se wappervlug kom ewige verposing1

Die Staat smyt die verteller in die Hesse-outobiofiksie in die tronk, omdat sy kuns as te rewolusionęr geag word en hy (hoe ook anders vir Duitse skrywers) 'n jong meisie verlei het. Die beton van die selmure maak egter gou plek vir 'n skildery wat 'n hele muur opvreet. As die muur toegeskilder is, loop die heer Hesse sy geverfde landskap binne en gaan bly hy tussen sy ver(f)hale, onsigbaar vir enige sipier.

Ook die groot volksverraaier soms bekend as Breyten Breytenbach het sy timeshare op onkoste van die Staat gehad. En dit was niemand se verbeelding nie. Sewe jaar in 'n sel vir sy "rewolusionęre bedrywighede". Na sy vrylating en al die publisiteit word hy 'n held vir die jonger geslag: Afrikaanse poems was weer cool. Toe raak hy moerig oor al die gemoedelikheid en die verbasing as hy nie deel wil wees van enige bendes nie en verdwyn toe 'n tweede maal, hierdie keer blykbaar vir altyd. Soos die gewoonte met Boeddhiste is, lewe hulle baie lewens en sterf hulle gereeld.

Die tweede deel van Breytenbach se versamelde werk het onlangs verskyn: 'n versameling van sy gevangenisgedigte, lank reeds nie meer beskikbaar nie. Die bundel beslaan die volledige tekste van Voetskrif, Lewendood, Buffalo Bill, Eklips, Boek en 'Yk', asook 'n lang diggesprek met Dostojewski, "Die glimlag", wat hier vir die eerste maal gepubliseer word.

Breyten Breytenbach is al doodgeskryf. Elke servet waaraan hy ooit sy mond afgevee het, is al in verskeie departemente en bomskuilings in flarde bekyk. Hierdie is nie die plek of die tyd nie. Wat bly oor om te sę as dat hy Afrikaans sonder enige seremonie of streeksraadgoedkeuring vermoor het en toe die bloedjong lyk leer dans het soos sy nooit kon in die hande van ander mans nie? Was dit nie ook hy wat vir onse mense probeer sę het dat mens eers kan lewe as jy geleer het hoe om te sterf nie? Is hy die grootste digter in Afrikaans? Wat beteken dit?

Op die stofomslag lees jy Breytenbach se "loopbaan as digter en skilder is ontwrig" deur sy tronkstraf (1975 - 1983). Ontwrigting is 'n lam woord om sewe jaar in 'n sel te beskryf, so wees die geskrifte uit hierdie tyd tog genadig: die maer bandiet met die groen hemp hamer teen sy langwerpige tralies om vir u 'n skadelose gedig te fabriseer, soos byvoorbeeld:

Ek wil nie verantwoordelik gehou word
vir die klaarblyklike en vanselfsprekende
nie. Nog minder vir plagiaat.
Waar ek lieg is dit aspris.
Waar ek my vergis is dit gewoonlik
'n vergissing.
Waar ek 'n wet oortree is dit omdat
daar te veel wette is.
Waar ek iemand in die gesig vat -
of sy gevoelens en oortuigings
in die gesig vat en aan die baard trek -
is dit nie met opset of met kwaaie wil
so bedoel nie, al is ek ook 'n slegte
mens, en daarvoor wil ek al
by voorbaat om vergiffenis vra.
En waar ek sekerlik na u smaak
en oordeel te veel hamer op die eie,
te behep raak met die kontoere
van die ek - waar die batos
en die selfbejammering u by die keel
begin uithang - wil ek u verseker
dat ek self ook alles wat ek skryf
sou gee om liefs met iemand ánders
en 'n ander iemand
opgesluit te kon wees.2

Is hierdie vooraf-woord in Boek bedoel om te vermaak? - die man klink nie volkome ernstig nie. Speel hy met sy lesers? Hoon hy of huil hy?

("nee, Kolonel,
ek speel nie;
ek soek spéling
in dié Hel.")3

Die funksie van die tronk is nie net om digters op te sluit, om hulle weg te steek vir die maklik verleibare burgers nie, maar ook om hulle kenbaar te maak: die mens wat nie sy eie ID-nommer ken nie of, nog erger, vreemde skuilname voor op boeke laat druk, is gevaarlik. Verkleurmannetjies is moeilik beheerbaar in staatskantore.

Wat die meeste opval van hierdie gevangenispoësie is juis die onbevangenheid daarvan. Dit is die węreld, die kosmos, die geskiedenis van die mens en G_d en woorde wat hier bedig word, allermins die sel. Dit mag tronkpoësie genoem word, op dieselfde manier wat liefdespoësie meestal handel oor die sterfgang van die liefde. Dit is tronke wat Breytenbach stormloop en platvee. Die verwysings en temas kom van oral, vanuit alle tye, gelowe, letterkundes, dorpe en politieke toesprake. 'n Ou man wat sterf is 'n biblioteek in ligte laaie sę hulle, maar sit iemand in afsondering vir sewe jaar met net sy kop vol woorde en prente, en daardie prente en woorde begin met mekaar praat, mekaar ondervra en verhoor en af en toe mekaar teregstel. Opvallend baie gedigte spreek ander skrywers, of geliefdes, plekke of vyande aan. Daar is altyd 'n gesprek aan die gang.

Sy hele węreld word uitgebeeld in hierdie bundels. Ook te verstane - as jy in 'n sel sit, is al jou gedagtes daar buite. Wellington se berge, die Boland, Spanje, Frankryk, droomplekke; af en toe die sel, maar ook hier is verf teen die mure om in te verdwyn:

aan die een oewer van my sel
plak ek 'n gelykenis van die maan
en aan die ander
die ander
gebult en soos 'n vlammende wrak
die son,
en tussen die twee hou ek my hemelsbreed
hou ek my lyf kapok,
sodat die een die ander
nie in die oë moet verblind nie.4

Breytenbach mag wel 'n ontvlugting hę in sy kuns, maar as hy bykom vanuit die skrywe, dan is hy steeds in sy sel. Die tronk het hom nie oorwin nie, maar die bestaan van die sel moet tog bedig word, die Apartheidstaat as 'n tronk, die sel wat elkeen in hom saamdra:

daar was 'n sel
wat donkerder was as die somberste skakering van grys
van die blinde se nag ...
daar was ander selle
daar was altesaam 'n hel van hokke vol beskuldigdes
en die galsterige stank van misdaad en vrees
(o bitter bloeiende glinsterende en blinde land
met al jou miljoene misplaastes ...)5

Die misplaastes is nie alleen die digters, bandiete en nomades wat deur die Staat misplaas word in verskillende tipes tronke nie; dis ook die Afrikaner, misplaas in sy posisie as heerser, misplaas in Afrika, misplaas in sy mitiese identiteit as suiwer Europese volk, misplaas as sipier van Afrikaans:

Want ons is Christus se laksmanne.
Ons is op die mure om die lokasies
met die geweer in die een hand
en die masjiengeweer in die ander:
ons, sendelinge van die Beskawing.
[...]
En julle sal die Taal asseblief leer gebruik,
gehoorsaam sal julle dit gebruik, breek ...
want ons lę reeds met die doodsroggel
se klop en se spoel
aan die lippe ...6

Hy sien hoe val die mure; in 'n sel is die rewolusie altyd naby. In sy gevangenispoësie is Breytenbach veral apokalipties, lees sy politieke verse soos Griekse seges en Bybelse plae:

julle ringmure sal gepenetreer word,
julle strate vol skuifelende voete,
julle spogbuurte gaan die trompetklanke van kinderstemme hoor,
jul woonsteltorings wankel op die fondamente
en julle sal die omkeer van die tyd nie kan ontsyfer;
julle sal aan die hoenderboudjies verstik en al protes-proestende
whisky oor die borshemde mors
want ou strukture van vanselfsprekendheid en beveiliging en gesag
sal opeens blyk net illusies te wees;

julle sal julle op orde beroep en terselfdertyd
die silwerware begrawe - hoe vlak is die aarde tog!
julle sal verskansing soek agter julle kerke se witgepleisterde
sekerhede, leiding in bankrot dogmas, verligting in liberale
liefdadigheidsaksies.7

Om te lewe is om minder te word, was nog altyd Breytenbach se antwoord. Die enigste oorlewing is om saam met die voëls, die nomades te leef, om jouself so min te maak dat die aarde deel word van jou, dat jy 'n seisoen of 'n woestyn word. Die kuns, sę Deleuze en Guattari in A Thousand Plateaus8, is om alles te elimineer wat nie deel van die oomblik is nie, wat die oomblik te buite gaan, maar ook om seker te maak dat alles wat wel tot die oomblik behoort, ingesluit word.

en die gedig is die betekenis
van die gedig9

sę Breytenbach.

Hierdie oomblik is egter ook nie oombliklik nie, dit is 'n ditheid waarin mens glip en wat op sy beurt glip binne-in ander dithede deur sy radikale transparantheid. Om teenwoordig te wees by die môreskemering van die węreld.

Aarde, is dit nie juis jy wat verlang: om onsigbaar
in ons op te kom?10

Dit is die verband tussen onmerkbaarheid, ononderskeibaarheid en onpersoonlikheid - die drie deugde. Om jouself te reduseer tot 'n abstrakte lyn om jou eie sone van ononderskeibaarheid te vind en op hierdie wyse die ditheid en onpersoonlikheid van die skepper binne te gaan. Dan is jy soos gras: jy het die węreld, alles/almal gemaak tot 'n wording, omdat jy 'n noodwendig kommunikerende węreld gemaak het, omdat jy in jouself alles onderdruk het wat keer dat jy tussen dinge deurglip en tussen dinge begin groei.

"en niks is dood, en alles dans
en reik na naamlose dinge uit"11

sę Van Wyk Louw in Die swart luiperd en in 'Yk'.

Dit is die enigste weg om die Staat te ontvlug; sy wette begin by die subjek, maar buite die gegroefde grense van subjektiwiteit, oppressief en stiptelik omskryf, is die nomade, die digter met 'n heelal in sy sel.

en siedaar!
die gedig is afwesigheid


die ophang van 'n mens
is net 'n ietwat vereenvoudigde illustrasie
van die ou Indiese toukunsie

die uitverkorene klim so rats soos 'n rot
op teen die styfstaande tou in die lug -
en verdwyn12

Don Espejuelo, Panus, Lasarus, Bird, Breyten Breytenbach - die skrywer se maskers, sy familie, broers en suster, sy oupa, sy ouers, die spoke wat aan hom vreet, Dostojewski, Rimbaud, skoolvriende, sy landskappe en tuistes, sy lotusvrou:

o mon amour,
kyk ek kom weer
en intussen
oor hierdie papier wat sonder einders is
skryf ek blind skryf ek stom na jou toe.13

Hulle is almal daar. Gedigte oor die land, oor ander lande, oor donderstorms, gedigte oor verlange, speelse gedigte, laggende gedigte, treurmares, duiselende taal, die ligword in die gedig, om te lewe soos vuur: die intensiteit en kontinuďteit van vuur, maar elke deel daarvan, elke vlam, is ewe tydelik en dwalend, elkeen het ewe min identiteit:

“Om te lewe is om te brand” – Andrei Voznesenski14

Hierdie bundels, as groep saam gelees, is een lang belydenis waarmee die Staat niks kan doen nie, want die skrywer verdwyn voortdurend, om elke nou en dan van agter 'n nuwe masker tong uit te steek of 'n vinnige traan te laat. Wat hulle opgesluit het, was min; die Staat besit lywe, nommers, en name, die res swerf ín die węreld, déúr die węreld:

"vlieg, my blerrie muiskuiken, vlieg!"15

Koop hierdie boek, of steel dit by u naaste biblioteek, voor hierdie gedigte weer verdwyn; net Kook en geniet word elke jaar herdruk.



Notas:

1 Breytenbach, Breyten. 2005. Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983. Kaapstad: Human & Rousseau. (p.345: Boek, ‘voëlkreet’)

2 ibid, pp. 340-341: Boek, ‘vooraf’

3 ibid, p. 11: Voetskrif, motto

4 ibid, p. 105: Lewendood, ‘2.6. aan die een oewer van my sel’

5 ibid, p. 73: Lewendood, ‘1. Droomwaak’

6 ibid, p. 144-145: Lewendood, ‘3.14. (taalstryd)’

7 ibid, p. 429-430: ‘Yk’, ‘hulle sal kom’

8 Deleuze, Gilles & Guattari, Félix. 2003b (1987). A Thousand Plateaus. Capitalism and Schizophrenia. Minneapolis: University of Minnesota Press. p.280.

9 Breytenbach, Breyten. 2005. Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983. Kaapstad: Human & Rousseau. (p.322: Eklips, ‘Ens’)

10 ibid, p. 343: Boek, ‘’n fragment van Rilke se Die neënde elegie’

11 ibid, p. 358: ‘Yk’, motto vir ‘Moermatrys’-afdeling

12 ibid, p. 113: Lewendood, ‘2.14. die ophang van ‘n mens’

13 ibid, p. 16: Voetskrif, ‘5. (vers as boodskapper)’

14 ibid, p. 335: Eklips, ‘Lady One’

15 ibid, p. 13.: Voetskrif, ‘3. alles wat búíte is vlieg’



LitNet: 7 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SęNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.