SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Elmore Leonard se karakters is regte mense

Andries Gouws

Mr. Paradise
Elmore Leonard
Penguin
ISBN 0-670-91298-0
R142

Montez said, "Why couldn't the stock go up instead of down? Del Rio Power, man, it's a giant corporation."
Kelly sipped her drink.
She looked at Montez and for a moment or so felt sorry for him. She said, "Why don't you go hold up a liquor store? You do all this plotting ... for what? I'll bet you anything the best way to make money in crime is armed robbery."

Onthou jy daardie toneel aan die begin van Out of Sight wanneer 'n mens vir die eerste keer George Clooney se karakter sien? Wanneer hy sy das buite die bank afruk? Wanneer jy besef: Ek hou van dié ou? Só is dit met die karakters in die boeke van Elmore Leonard. Nie noodwendig wetsgehoorsame, belastingbetalende sportspan-ondersteunende burgers nie. Vergeet goeie mense. Hulle is regte mense.

Mr. Paradise se storielyn loop so: Chloe, 'n prostituut, en haar vriendin Kelly, 'n model, arriveer een aand in die woonkamer van Tony Paradiso (84). Paradiso is 'n afgetrede prokureur wat graag na wedstryde op video's van sy gunsteling-voetbalspan kyk en dit verkies as 'n paar lewende loslywe rasieleier speel.

Kort voor lank is daar twee lyke, 'n gesogte testament, 'n konkelende kroonprins, 'n speurder, terloopse gesprekke oor die beste manier om semen uit teelbulle te kry, en liefde wat blom.

Maar dit alles maak nie eintlik saak nie.

Dis die karakters wat tel. Leonard laat 'n mens vermoed dat, ongeag of iemand in Detroit of Benoni of die Gasa-strook bly, mense inherent maar dieselfde is.

Veral gaan dit ook om wat die karakters sê. En hoe hulle dit sê.

Leonard het in 'n onderhoud verklaar: "The main thing with my dialogue is the rythm of it - the way people talk, not especially what they say."

Een van sy tien reels vir skryfwerk is: "Try to leave out the parts that readers tend to skip."

Asook: "Never open a book with weather."

En vermy ten alle koste die woorde: "All hell broke loose".

Daarmee saam doen hy intense navorsing en waarnemings.

In Mr. Paradise is 'n toneel in 'n lykshuis wat meer as 'n jaar tevore in 'n onderhoud effens anders in die skrywer se notaboek neergepen was. Die sin is: "Howard, you will be responsible for brain bucket cleanup Monday."

Leonard is 'n meester van die gestroopte sin en sy humor is briljant.

Sy stories lees soos flieke. Mr. Paradise ook. En daar is al 'n paar goeie flieks van gemaak. Soos Out of Sight en Get Shorty.

'n Mens kan ook noem dat hy al diep in die dertig boeke geskryf het. En dat sy eerstes cowboy-verhale was.

Maar laat ons liefs hier halt roep.

Voordat lesers begin omblaai.



LitNet: 29 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.