SeminaarKamer - dinkruimteArgief


Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Skone kunste - Martiens van der Linde oorlede

Albert Maritz

Die Weskus-kunstenaar Martiens van der Linde is Woensdagaand na 'n kort siekbed oorlede. Martiens het uitstallings gehou by Bellville Kunsvereniging, asook by SANLAM se kunsgalery. Sy werk is uitgestal in talle Weskus-galerye, en sy naam is opgeneem in The Dictionary of South African Painters and Sculptors deur Grania Ogilvie.
Martiens is in 1924 te Griekwastad gebore, en het as diamantslyper in Johannesburg gewerk. Daarna was hy eiendomsontwikkelaar van Quellerina en Birchleigh in die Kempton Park-area.

In 1976 laat vaar hy alles en verhuis na Melkplaas, waar hy voltyds begin skilder en beeldhou op die plaas Melkplaas te Velddrif. Martiens het talle landwye toere onderneem waartydens hy sy skilderye bekend gestel het en hordes vriende gemaak het. Op Velddrif was hy aktief betrokke by kultuuraangeleenthede, voorlesings, kuns- en toneeluitvoerings - waarvan een aanleiding gegee het tot 'n professionele Kuns/Woord-produksie, Skilder, by die KKNK. Die werk het sy skilderye en gedigte as tema gehad, en is lof toegeswaai in 'n volledige artikel deur Die Burger se kunsredakteur.

Martiens se kuns bestaan hoofsaaklik uit houtskool- en waterverfwerke, asook houtbeeldhou, en 'n unieke kunsvorm wat hy Mistieke Kuns gedoop het. Oor 'n tydperk van jare sou hy sy eie tegniek ontwikkel met akrielverf. Mettertyd sou 'n tema ontstaan, deurdat hy die beelde "gesien" het, wat hy dan uitgelig het, soos in die meegaande "Van Krip na Kruis", waar honderde klein figuurtjies die pad van Christus met die kruis meemaak, en elkeen 'n kruispad bereik waar keuses gemaak moet word.

Saam met sy vrou Elsje het hy in 'n kranige voëlkyker ontpop. Hulle het aan talle voëlkyk-aktiwiteite landswyd deelgeneem. Hierdie stokperdjie het natuurlikerwyse ontwikkel uit sy besondere liefde vir die veld.

Samehangend hiermee het hy ook 'n intense belangstelling in sterrekunde gehad. Dit het ook duidelik geblyk in die verse wat hy deur die jare geskryf het en wat in die onlangse tyd saam met sy skilderye in aanbiedings gebruik is.

Martiens word oorleef deur sy vrou, Elsje, sy vorige vrou Barbara, sy dogters, Bavarian en Babett, en seun, Anton, en kleinseuns Viljé en Martiens Maritz. Die roudiens het Saterdagmiddag 15h00 plaasvind in die NG Kerk Velddrif. Die teraardebestelling was op Vrydag in die familiebegaafplaas te Melkplaas.



LitNet: 09 Desember 2004

Wil jy reageer op hierdie huldeblyk? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.