SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hierdie bydrae is gelewer in die gewilde Filosofiekafee wat vroeër vanjaar by die Woordfees op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas oor die volgende paar weke die bydraes van twaalf skrywers en filosowe wat mekaar die stryd aangesê het oor die woorde “Wie?”, “Wat?”, “Waar?”, “Waarom?”, “Hoe?” en “Watter?”.

Waarom?

Johan Bakkes (skrywer)


“Ronnie, weet jy hoe vra ’n Stellenbosch-student sy meisie om te trou? ...”
“Jy’s wát!? ...”

Nou “wat?” is ongelukkig nie waarom ek myself in hierdie filisofiekafee bevind nie, maar “waarom?”.

En as ek die groot “rocker” Piet Botha mag aanhaal: En Siener van Rensburg kyk na sy hande en hy sê: Ek kan dit nie verstaan nie ... Waarom is ek as rekenmeester vanaand hier op die verhoog tussen ’n klomp filisowe en skrywers en waarom die woord “waarom”? ... En iewers op die vlakte begin ’n jakkals te tjank ...

Toe ek vir Theo Kemp by die Woordfeeskantoor bel om uit te vind hoe werk hierdie speletjie, waarvoor ek myself ingelaat het, sê hy: “Kies ’n woord”, en ek kies “WAAROM”.

Nou het ek ’n Kubaanse vriend — sy Afrikaans is maar ietwat geradbraak. Ek vertel hom van die “waarom”-predikament en hy sê: “Ag is maklik, jy sê net kyk daai warm meisie.”

Toe besef ek hier’s ’n kakspul en ek is in vir ’n ding. Eintlik is ek in my moer in. Hierdie anner mense, veral die filosowe, is dêm slim en hier gaan ek my naam gat roep, en toe begin ek dink ... En soos julle sal agterkom, dit was maar moeilik — veral die dinkproses.

Waarom het ek “waarom?” gekies? Ek was dan doodnugter.

Waarom was ek nugter? Omdat ek Februariemaand nie drink nie.

Waarom drink ek nie Februariemaand nie? Omdat suiplappe aan hulleself probeer bewys dat hulle vir ’n maand sonder drank kan klaarkom en Februarie is die kortste maand.

Wie weet waarom is daar ’n verskil tussen ’n suiplap en ’n alkoholis? Die suiplap hoef nie al daai vergaderings by te woon nie.

Waarom was dit nodig om vir Theo in Februarie te bel? Omdat dit nie meer Desember was nie.

Waarom het Desember iets met die saak te make? Omdat ek seker gedrink was die dag toe Theo my vra om aan die speletjie deel te neem — anders sou ek nie ja gesê het nie.

Waarom het Theo my gevra? Ek dink miskien oorlat ek hierdie helse klomp koperarmbande dra; dit kan nie oor my breinkrag of literêre reusagtigheid gewees het nie.

Waarom dra ek die armbande? Dit hang af wie die vraag vra, want daar’s twee antwoorde: Die moedswillige een en die regte een.

Die moedswillige een: Ek het ’n drankprobleem en probeer maar om my arm op die toonbank hou — gelukkig met oefening kan ek steeds my elmboog lig.

Dit laat my dink … My broer Chrisjan het sy een arm verloor in ’n krokodilaanval. (Daar was twee krokodille en die fight was ’n bietjie unfair.) Ek en hy sit en geniet ’n ietsie in Cool Runnings, ’n drinkplekkie in Pretoria, en ’n klein dogtertjie stap grootoog nader.

“Oom, waarom is oom se arm af?”

Hy sê: “Jy weet, ek het ook sulke armbande soos dié oom gehad, maar toe raak hulle te swaar en toe breek my arm af.”

Terug na waarom dra ek regtig die armbande. Hulle is herinneringsmomente en sorg dat ek nie vergeet om te reis nie.

Waarom reis ek? My ma’t gesê ek was hiperaktief, kon nooit stilsit nie en wou altyd die annerkant van die koppie sien.

Waarom wil ek die annerkant van die koppie sien? Omdat daar hopelik nog een sal wees en so hoop ek om myself uiteindelik in my moer in te reis.

Waarom sou ek myself graag in my moer in wou reis? Omdat die lewe te kort is om stil te sit en daar so baie plekke is om te sien en te beleef en ek kan nie anders nie.

Soos Martin Luther op ’n kol gesê het: “Ek staan hier oorlat ek nie anners kan nie.”

Waarom wil ek sien en beleef? Sodat ek die storie kan vertel.

Waarom wil ek die storie vertel? Want deur die vertel verwerf ’n mens immortaliteit.

Waarom wil ek immortaliteit verwerf? Het Frederik die Grote dan nie sy troepe aangepor, toe hulle tydens die Slag van Kolin geweifel het, met “Wil julle dan vir ewig lewe?” nie?

Dis sodat ek aanmekaar stories kan vertel.

So ek sit vanaand hier en praat oor “waarom”, want:

— Dit was Februarie.
— En voor dit Desember.
— En ek dra koperarmbande oorlat ek nie kan stilsit nie.

En ek verbeel my ek is die Highlander op pad na een of anner “gathering” want ek het ’n storie om te vertel ... “Eendag, lank, lank gelede was daar ’n seuntjie en ek weet nie meer waarom nie ...”

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.