SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Leesbare gids oor die nuwe kurrikulum

Coenraad Walters

Curriculum 2005: a guide for parents
Koop nou!

Outeurs: Spady, William & Schlebusch, Anne
Titel: Curriculum 2005: a guide for parents
Uitgewer: Renaissance (1999)

“Niks is permanent nie, behalwe verandering,” het die Griekse wysgeer Heraklitus al ’n klompie millennia gelede gedeklameer. Inderdaad: vandag is veranderingsbestuur ’n belangrike onderwerp in bestuurskursusse. Voornemende bestuurders leer hoe om self verandering te hanteer, en ook hoe om kollegas en ander mense mee te neem om verandering positief te benader.

Oor die afgelope dekades het verandering soos vloedwater oor die Suid-Afrikaanse toneel gestroom. Een daarvan is die Departement van Onderwys se besluit om ’n nuwe benadering in Suid-Afrikaanse skole in te voer: die veelbesproke Kurrikulum 2005, oftewel Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO).

Soos enige verandering, word ook hierdie benadering op verskillende wyses ontvang: positief, negatief of traag. Enigeen van die drie kan ongelukkig deur onkunde veroorsaak word!

Om hierdie rede is Spady en Schlebusch se boekie van soveel waarde: dit verwyder onkunde oor Kurrikulum 2005. Al is dit spesifiek op ouers gerig, is dit veel meer leesbaar as die amptelike dokumentasie oor die onderwerp wat die Departement van Onderwys versprei, en daarom behoort onderwysers ook te lees wat aan ouers verduidelik word! Skoolbiblioteke behoort kopieë aan te koop, en skoolhoofde behoort die boekie in nuusbriewe aan ouers bekend te stel. Ook senior leerlinge, wat oor ’n paar jaar jong ouers gaan wees, kan daarby baat vind om nou al vas te stel hoe hul kinders se skole anders gaan wees as hul eie.

Natuurlik is die skrywers positief oor die nuwe kurrikulum, maar hulle is ook bewus van moontlike kritiek. Kritiese opmerkings en weerstand teen UGO word bespreek en pasklaar antwoorde word verskaf. ’n Werklik diepsinnige bespreking op filosofies-pedagogiese vlak word nie gevoer nie, maar dan is fundamentele opvoedkundiges ook nie die teikenlesers nie.

Die teikenlesers is die groot getalle ouers wat in die ou stelsel opgevoed is, en nou nie mooi weet wat op aarde in hul kinders se skole aangaan nie. Leer die kinders ooit die basiese vaardighede? Word die kinders voorberei vir die lewe ná skool? Word die skoolfonds bestee aan dinge wat die moeite werd is? Ja, ja en ja, antwoord Spady en Schlebusch. Hulle doen aan die hand waarna ouers moet oplet in die nuwe skoolbenadering om seker te maak dat die skool die kurrikulum korrek toepas en gebruik. Daar word ook sterk klem gelê op die feit dat ouers, asook die res van die gemeenskap, mede-verantwoordelik is vir alle kinders se opvoeding. Tradisionele opvattings, soos dat leer slegs in die klaskamer plaasvind, en dat slegs die onderwysers die leerlinge leer, word nek omgedraai.

’n Leerling moet omskep word in ’n leerder, iemand wat aktief leer. Die onderwysers word opvoeders en hulle moet geleenthede vir die leerders skep om te ontdek, hul eie talente te ontwikkel en teen hul eie tempo te werk. Enige lid van die gemeenskap kan ingeroep word om deel te neem aan die opvoedingsproses, en behoort ook aktief deel te word daarvan. Ouers word ook aangemoedig om hul kinders reeds voor hul skooljare voor te berei om UGO met sukses te kan hanteer, deur UGO toe te pas in alledaagse situasies in die huis. Kurrikulum 2005 kan dus ook tradisionele gesinsverhoudings verander — en, as Spady en Schlebusch se raad gevolg word, hegter gemaak word, iets wat van die kinders in elk geval meer suksesvolle leerders sal maak.

Die skrywers skep nie net ’n utopiese skool met mooi woorde nie. Hulle bespreek die grondliggende sake van Kurrikulum 2005 deeglik en helder, en maak die groot, nuwe terme wat gebruik word, verteerbaar. Selfs onderwysers wat nog nie mooi kon agterkom wat Kritieke uitkomstes, Besondere uitkomstes, Leerareas, Leerprogramme en die Nasionale Kwalifikasieraamwerk nou eintlik is nie, kan in hierdie boekie van 125 bladsye gaan kers opsteek. Die taalgebruik, uitleg en vele opsommings maak die inhoud maklik om in te neem — hoera vir die uitgewers wat so baie aandag aan die voorkoms van die bladsye gegee het!

Kan Suid-Afrika hierdie wonderlike nuwe kurrikulum bekostig? is een van talle vrae wat skeptici vra. Spady en Schlebusch bespreek die ingewikkelde saak met soveel intelligensie, passie en helderheid dat ’n mens hulle systap aanvaar wanneer hulle vra: Kan Suid-Afrika dit bekostig om hierdie kurrikulum NIE te aanvaar nie?!

Die boekie se normale prys is R69,95, maar deur Kalahari.net is daar dikwels ’n spesiale afslag te kry. Om die veranderinge in die onderwys die hoof te bied, is dit verpligte leesstof vir enige betrokkenes en belangstellendes in die onderwys, en teen so ’n weggeeprys ook ’n goeie geskenk!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.