SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Suid-Afrikaanse Akademie oor die grense

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het besluit om die Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging (NZAV) vanjaar te vereer met ’n oorkonde vir verdienstelike werk in verband met Afrikaans en Suid-Afrika in die algemeen. Die NZAV is oor die afgelope 125 jaar by Suid-Afrika betrokke en verrig steeds baanbrekerswerk op die gebied van verhoudinge op kultureel-wetenskaplike gebied tussen die twee lande, en is tewens ’n blink uitstalvenster vir Afrikaans in die buiteland.

Die NZAV het ontstaan uit ’n aantal Nederlandse komitees wat steun verleen het aan die Suid-Afrikaanse Republiek (Transvaal en die Oranje-Vrystaat), die sogenaamde Boererepublieke. Die komitees is geskep tydens die ongekende emosionele pro-Boere-stemming wat reeds na die eerste Anglo-Boereoorlog (1880–1881) ontstaan het. Die NZAV het op 12 Mei 1881 tot stand gekom.

Die NZAV het met verloop van tyd ontwikkel tot een van die belangrikste private kennis- en informasiesentrums oor Suid-Afrika in die wêreld buite Suid-Afrika self. Die NZAV-boekery is indrukwekkend en verteenwoordig onder andere ’n byna volledige beeld van wat in Afrikaans oor Suid-Afrika verskyn het. Dit geld veral die beeld van die Afrikaanse letterkunde. Die argief van die NZAV bevat ’n skat aan kosbare dokumente wat in party gevalle selfs nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Vir navorsers uit Suid-Afrika, maar ook van elders in die wêreld, is die NZAV-boekery ’n besonderse bron van inligting.

Die bydraes wat die NZAV oor die afgelope 125 jaar tot die verhoudinge tussen Nederland en Suid-Afrika gelewer het, kan onder die volgende hoofpunte saamgevat word:

  • In die eerste 20 jaar van sy bestaan het die NZAV ’n sterk betrokkenheid getoon met die lot van die Boere en die Republieke. Talle ekonomiese en kulturele inisiatiewe is ontplooi. So het die NZAV die inisiatief geneem by die uitstuur van Nederlandse onderwysers na Suid-Afrika om mee te help aan die verhoging van die onderwyspeil, veral op die platteland.

  • Ook is in 1885 die Stichting Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten opgerig. Hierdie fonds bestaan tot op hede en het oor dekades gesorg vir finansiële steun aan honderde Suid-Afrikaners wat in ’n verskeidenheid dissiplines aan Nederlandse tersiêre instellings gestudeer het. Tot vandag sorg die studiefonds dat Suid-Afrikaners hulle nie alleen vir opleiding tot Engelstalige universiteite wend en so volledig in die Engelse wetenskapstaal tuis raak nie.

  • Vanuit die bekende Keizersgracht 141 word sedert 1924 die meningsblad Zuid-Afrika uitgegee. Die volgende spruit is die SAI, die Suid-Afrikaanse Instituut, wat sorg gedra het vir die stigting van ’n besondere leerstoel Afrikaanse Taal en Kultuur, ’n leerstoel wat onder andere beklee is deur NP van Wyk Louw en Merwe Scholtz en ná ’n boikottydperk nou weer beklee word deur prof Ena Jansen.

  • Na die normalisering van betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika het kulturele en akademiese uitwisseling dramaties begin toeneem.

  • Van die bedrywighede wat vermeld kan word, is:
    • Lesings deur byvoorbeeld FW de Klerk en regter Albie Sachs
    • Studiereise deur studente van en na Suid-Afrika
    • Studiereise van regsgeleerdes
    • Multipodium Zuid-Afrikahuis waar kunstenaars hul werk uitstal of as uitvoerende kunstenaars optree.

    Die oorhandiging van ’n oorkonde met ’n bykomende huldiging is ’n welverdiende eerbewys aan die NZAV, aldus die Akademie se hoof uitvoerende beampte, prof Jacques van der Elst. Die oorkonde gaan tydens die Akademie se Jaarvergadering op 23 en 24 Junie in Bloemfontein oorhandig word.



    LitNet: 4 April 2006

      Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

       

    boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.