SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Boek wat is wat hy is

Naomi Maartens

Koos A Kombuis
My mamma is ’n taal
Human & Rousseau 2001.
ISBN 0 7981 4183 2
Prys R59, 95

My mamma is ’n taal“Hi Koos,” skryf iemand in die gasteboek op Koos Kombuis se persoonlike webwerf (www.kooskombuis.co.za). “Ek sit hier in Londen en my broer … het gedink jou nuwe boek My mamma is ’n taal“ is nét die ding om my op te beur. Ek het gelê soos ek lag oor jou stories van ons ou siele in Londen. Ek moet sê: die pond is baie goed hier; kry Castle by die “off-licence” in ons straat, maar hier is geen Tas nie. Anyway, puik boek en sien uit na ’n nuwe een.”

My mamma is ’n taal is ’n bundel waarin rubrieke wat Koos vir LitNet skryf (Koos se Spens), bydraes vir tydskrifte soos Insig en De Kat, en selfs ’n ope brief as skrywe vir die tydskrif Ons Baba, saamgevat word. Die boek val buite ander kategorieë wat Koos self op sy website noem as “tipes” wat hy in die verlede aangedurf het — soos “soetsappige snert”; “pretentious digbundels, kortverhaalbundels, romans, en een bundel korrespondensie” … Sy eerste “ordentlike boek,” sê hy, is Paradise Redecorated. En dan voeg hy by: “Ek is regtig trots op my latest poging, Seks en Drugs en Boeremusiek, wat in Julie 2000 by Human en Rousseau verskyn (het). Die boek is outobiografies en het my gehelp om van ’n klomp hang-ups ontslae te raak!” (www.kooskombuis.co.za)

My mamma is ’n taal (die titel na aanleiding van Valiant Swart se liedjie), is ’n versameling van Koos se “gedagtes, redevoeringe, breinstuipe en ’literêre’ rubrieke tussen min of meer 1998 en nou,” verklap die agterblad. Dit bied ’n raak opsomming van wat ’n mens te lese kry.

Twee gedagtes bly ’n mens deurlopend by met die lees van elkeen van die 34 stukke:

  1. Koos het ’n slag met woorde. Soos een van sy vriende van Gauteng in ’n Alternatiewe Geloofsbelydenis aangehaal word: “…om die klein wonderwerke in die alledaagse lewe om hom raak te sien en te verwoord.” Dít doen hy, soos altyd, meesterlik. Geen alledaagse situasie is te onaantasbaar om deur hom bespreek te word nie.

  2. Die “rebel” Koos Kombuis is nou pa. André Letoit het óf meer mainstream geraak, óf die woord alternatief het deesdae ’n effens ander betekenis.

Koos skryf nie didakties of moralisties nie, maar die meeste van die stukke doen ’n tipe “oplossing” aan die hand:

  • Die belang van die verbeelding in ’n veranderende wêreld
  • Dade sal iets kan verander aan medelandgenote se lewensomstandighede
  • Kommunikasie maak ’n groot verskil
  • Stereotipes (die ATKV; “life in suburbia”) kan verander en hoef nie te wees wat ’n mens glo dit was nie.

    Maar natuurlik moet die skrywer Koos A Kombuis sy mark in ag neem. Hierdie boek gee nie voor om ’n roman te wees, of ’n dig- of kortverhaalbundel nie. Die leser van die tydskrif of Internetrubrieke moes in ’n beperkte ruimte te lese kry wat die skrywer op die hart het. En in hierdie doel slaag Koos volkome.

    Koos kyk met ’n ander bril na die lewe — en is dít nie “alternatief” genoeg nie? ’n Verdere stuk sjarme aan die bundel is dat dit die Kombuis-aanhanger ’n kykie gee in die “dag in die lewe van” Koos Kombuis. Koos beskryf die mees normale situasies met humor en onverwagshede.

  • Voorwoord
    As die leser wonder oor die titel van die bundel, gee Koos ’n goeie verduideliking in die Voorwoord:
      Geen ander gemene deler vir die bont spul wanpraktyke as ons moedertaal, Afrikaans, nie ...

  • Die blou kamer
    Hier peins Koos K oor die tegnologiese wêreld, die Internet en sy impak op die samelewing. Hy besluit: jou wêreld is so groot soos jou hart, of soos jou verbeelding. Newwermaaind die Internet en alles wat jy daarvan kan aflaai. (Akkerjol)

  • ’n Hand vol winters
    Koos skryf oor ’n sabbatsjaar, ’n tydperk van rus. Hy noem dit “ballasbak met ou boeke”, waarvan jy party gewoon koop vir die reuk. “Jy besef die vroeë Afrikaners was nie net ’n swartgallige spul Boere-Calviniste en doemprofete nie. Hulle was spuls, nes ons ...”
    En hy noem die belang van so ’n rusperiode. Gee aandag aan jouself, meen hy. (Insig)

  • Moenie hierdie Kersfees vir die armes bid nie!
    Die verskil tussen mense met finansiële probleme, volgens Koos: Sommiges kla oor hulle nie DStv het nie en ander is honger omdat die chicken liver paté wat eersgenoemde se vrou in die vullissak gegooi het, al sleg geword het. Die issue is: ons mense is nou armer as ooit. Full stop. Doen iets, sê Koos. Amen. (Voorheen ongepubliseer)

  • Van braaivleis tot cyberspace

    — As hy ontdekkings moet uitsonder, sal dit wees: braaivleis, die wiel en die geskrewe woord.
    — Mense was skytbang om met mekaar eerlik te wees, vertel Koos. Die woord tolerance raak in die mode — en hier is die Internet van hulp. Praat, dit help dalk om die wêreld van sy probleme te red. (Sêgoed — www.kooskombuis.co.za)

  • Stephen King en die Volkstaat
    “Soos oor die idee van ’n Volkstaat het ek natuurlik ook gemengde gevoelens oor skrywers soos Stephen King.” In beginsel is daar niks verkeerd met die idee van ’n eie stuk grond vir mense van eie kultuur of geloof nie. En dis waar King in die prentjie kom: hy ontmasker die mite ... Pulp Fiction: Orania, Stephen King, die hiernamaals ... alles ’n gejaag na wind, sê Koos. Hou matigheid voor oë as jy iets — jou eie mite — najaag, voel hy.
    (Koos se Spens — LitNet)

  • Noem dit Zen-Calvinisme (Breyten Breytenbach en die nuwe Broederbond)
    Koos skryf oor die Afrikaner, hierdie moeilike nasie. ’n Uiteenlopende spul. Ten slotte skryf hy: “En dan bly daar: Afrikaans, die môrestond, die boeretroos, hierdie drie.” En almal is Afrikaners. ’n Stuk oor onderlinge aanvaarding. (Koos se Spens)

  • Ek verlang na die Bothas!
    Dit was maklik om te sê: “Gaan weg en die hele wêreld is reg!” Maar dis nie meer goed genoeg om te sê: Blameer dit op Apartheid nie. Hoe kan ons mense agter die verlede wegkruip? Dink aan Oplossings, in plaas daarvan om vir die Perfekte Verskoning aan te hou soek ... (Koos se spens)

  • Oor fêns en Frik du Preez
    Hoe ’n mens fans hanteer en watter simpel goed hulle sê. Vermaaklik, as jy nie self een van die fans was wat soortgelyke dinge kwytraak soos Koos hier uitsonder nie …
    (Sêgoed)

  • Your call will be answered
    Suid-Afrikaners moet begin aandring op diens. Dis die lank en kort daarvan. (Sêgoed)
  • Wat ná Generasie X?
    Koos voel die Angst oor die jaar 2000. Hoe gaan die mens dit hanteer? Hy kan die partytjie van sy lewe hou. Die Paartie wat die nuwe Millennium inwy: kennis is vry! (Koos se Spens)

  • Die Dieper Dors
    Die millenniumprobleem is meer ’n godsdienstige probleem as wat dit ’n rekenaarprobleem is. (Sêgoed)

  • ’n Alternatiewe Geloofsbelydenis
    ’n Verhaal oor vriendskap en oor kuns: elke kunswerk bepaal sy eie reëls. God maak nie net dolfyne nie, maar ook Parktown Prawns. En One-Love skilder sy eie skilderye, as bachelor-vriend van Koos en nou, hierdie dag as Koos ’n toespraak by sy troue moet hou.
    (Koos se Spens)

  • Die agterstevoorom Groot Trek — ’n nuwe fenomeen
    Kommentaar op Suid-Afrikaners wat van die Noorde na die Suide verhuis. En terugkeer na waar hulle vandaan kom. Die Gautengers loop hulle vas in die kultuurverskille van die Kapenaars ... (Koos se Spens)

  • “We are marching to Pretoria” ... but no-one knows exactly why
    Koos sê (in Engels) waarom hy nie vir Afrikaans gaan veg nie. (Koos se Spens)

  • ’n Dag in my lewe
    ’n Staaltjie oor life in suburbia, wat uitdraai om hoegenaamd juis nie dit te wees nie. Verwers, ’n swanger vrou, speletjies op DStv. ’n Dag in die lewe van Koos Kombuis.
    (Sêgoed)

  • Dood in die familie
    Hoe gemaak as iemand doodgaan van wie jy nie gehou het nie? Soos Bles Bridges, soos jou pa? As jy nie meer kwaad is nie, is die rouproses voltooi. Die lewe gaan voort. (Sêgoed)

  • Seks, die ATKV en u
    Te midde van ’n Mein Kampf was die ATKV ’n Cinema Paradiso. Dankie, ooms, die pannekoek was befok, sê Koos. En die kaal girl ook. (Koos se Spens)

  • Enigiets is beter as stilte
    Dat mense met mekaar praat — nation-building doen — dít is baie beter as hoe dinge eers was in hierdie land. (Koos se Spens)

  • Die wonder van Afrikaans
    Koos verduidelik die pad van ekstremiteite, soos hy dit sien. Eers: die wonder van Afrikaans, toe ware kuns, toe die Donker Vallei. Is daar nie ’n derde alternatief nie?
    Balans ...? Dis ’n woord wat geïmpliseer word. Moenie vir Mugabe “Oom” sê nie, maar moet ook nie alle swart mans haat nie. (Koos se Spens)

  • Stephen Kinky — fashion icon van die letterkunde
    ’n Huldeblyk aan Etienne Leroux, hoe Koos hom (ge)sien (het). Etienne Leroux: die nice ou in die funky outfit. Pose is alles. Hy leef voort in die kollektiewe on(der)bewuste van Afrikaans. (De Kat)

  • Het jy al vandag jou “inner child” ’n oorveeg gegee?
    (’n Satire op die postalternatiewe Afrikaner)
    Sentiment oor die Ou Suid-Afrika …? Nee, die omhelsing van alles wat nuut — en Afrikaans — is ... (Insig)

  • Ope brief aan my ongebore seun
    Kom gee ons slaaplose nagte, nooi Koos sy ongebore seun. (Ons Baba)

  • My seun, Simon
    My seun se geboorte is al wat die afgelope tyd in my lewe gebeur het. Dis al wat ek te sê het. Vir ’n baie lang tyd. (Sêgoed)

  • Brave new boggerol — my drie vrae aan die moderne wetenskap
    Koos opper drie kwessies wat hy in die moderne samelewing sou wou verander:
    wynbokse se lekkende krane; om jou motor te verloor op ’n parkeerterrein; ruil tandepasta- en grondboontjiebotterhouers om. (Nuwejaarsboodskap oor RSG)

  • Nuwejaarsboodskap aan die volk
    Sentiment, tere herinneringe, hoogtepunte. Uit Koos se lewe. (Sêgoed)

  • Afskeid aan Die Warmblankes
    Hoekom hierdie groep opgebreek het. Koos verskaf redes. (Sêgoed)

  • Send in the bulldozers (Die Staatsteater: ’n alternatiewe opinie)
    ’n Aspris opinie — oor ’n gebou vir hom lelik is?! Oor kunstenaars nou kwansuis korrup is? Satire, alles satire? ’n Mens sukkel om hierdie stuk met ’n oop gemoed te lees, al skryf Koos tong in die kies — en moontlik om juis krapperige reaksie uit te lok. (Koos se Spens)

  • Die gevare van room service
    Koos skryf oor Mbeki en room service; hy vra TB-entstof vir sy baba. (Koos se Spens)

  • Oor regstellende aksie, stywe onderbroeke en my eie Damaskus-ervaring langs ’n munisipale vullissak
    Aanpassings in die Nuwe Suid-Afrika — en een of twee voorbeelde: Johan Stemmet met kokaïne, onder andere. Lekker debatteer, groet hy die leser van dié gedeelte. (Koos se Spens)

  • Van Boetman tot Kroegman
    Sonder boeke, liedjies of gedigte kan Afrikaans nie oorleef nie. (Die Matie)

  • Boetie gaan Londen toe
    Boetie, kom terug! (The South African Times, Londen)

  • Chris Kras sê sy sê
    Chris Louw lees boeiend, ongeag wat ’n mens se persoonlike opinie van hom is. (Insig)

  • As TV-kyk onwettig was (’n Pleidooi vir ’n nuwe benadering tot die gebruik of misbruik van cannabis)
    Elke mens het die reg om sy eie sondes te kies. Hy kies rooiwyn, onder andere ... en vir LitNet. (Koos se Spens)

  • Afrikaans met ’n hoed op
    Hoe Afrikaans lyk: ’n Hollander bruingebrand deur die son, gebrei deur sensuur en swaarkry? Zola Budd op die kruin van haar loopbaan? (Toespraak by die Stellenbosse Woordfees, 30 Maart 2001)

    * * * *

    Hier is ’n man wat met ’n alledaagse situasie kan toor. Dis ’n versameling werke uit die pen van ’n skrywer wat deur heelwat verskillende stadia beweeg het: alternatief, ernstig, digterlik, anti-establishment. Die feit dat hierdie man egter nou ook vir brood-en-botter skryf, beteken nie dat hy noodwendig volkome konformeer nie. Telkens kom die stukke in My mamma is ’n taal eg oor, ten spyte van die verskeidenheid ruimtes waar elkeen daarvan verskyn het.

    Die bundel doen hom nie voor as iets anders as wat dit is nie. Uit die aard van die Internet- en tydskrifpublikasies kan die leser beswaarlik ’n werk verwag wat “literêr” gelees behoort te word. Dis ’n onpretensieuse boek met ’n speelse aanslag en Koos laat ’n mens vir ’n rukkie lekker voel oor die land waar jy bly en die taal wat jy praat.

    Dis ’n boek wat is wat hy is. Soos die skrywer daarvan.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.