SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Goeie voorbeeld van regstellende skryfwerk

Marius Crous

Blinde sambokBlinde sambok
Riana Scheepers

Tafelberg 2001
0 624 03980 3
122pp
slapband

Riana Scheepers was van die begin af ’n interessante verskynsel in die Afrikaanse literatuurdiskoers. Sy is be-teken as die femme fatale wat die plaaswêreld verruil het vir die minsame beskrywings van die eliksers van die erotiek; wat probeer het om ’n vererotiseerde beeld van haar as feminisskrywer daar te stel en sy het probeer om soos bruin huisbediendes te praat om sodoende aan wit merrims sielsrus te gee oor die goeie relasies wat (kan) bestaan tussen heerseres en oorheersde; en sy is die outoriteit op die geskryfdes in die lewe van Koos Prinsloo. Tans is sy ’n onderwyseres aan ’n seunskool en ek verstout my om te dink wat haar 8E2-klas oor haar uitstort in hul drome. Sy is veral bekend vir haar beskrywing van die Zoeloelandse ervaring; haar passie vir die landelike en haar regstellende skryfwerk — soos blyk uit haar kortverhale en haar minder geslaagde roman oor die wip wat in die barakke by haar army-outjie gaan oornag.

Blinde sambok is ’n goeie voorbeeld van hierdie regstellende skryfwerk. Dit is ’n jeugteks wat stem probeer gee aan generasies plaasmeisies wat net so goed soos seuns kan jag, perdry, skyfskiet en in harmonie met die natuur kan leef. ’n Mens weet natuurlik dat die goeie verhouding tussen Gideonette en Bhubesi later tot heelwat probleme sal aanleiding gee, maar ter wille van die konteks hier word dit as jeugvriendskap vertolk.

Gideonette se naam dien reeds as ’n merker van haar nie-man- / eremanstatus binne die patriargale plaasopset. Haar pa sou graag ’n seun wou hê om sy bloedlyn voort te sit, maar sy eersgeborene is ’n tingeringe meisietjie. ’n Vonds in die teks is die feit dat die ongebore kind as fokalisator waarneem en reeds vanuit die baarmoeder bewus word van haar onwelkome status. As pasgeborene hoor sy haar pa en die verpleegsuster praat oor haar en word sy beskryf as ’n fighter. En hierdie subjekposisie probeer sy deurgaans gestand doen.

Die oudste De la Rey is ook die slagoffer van ’n vloek wat oor die familie uitgespreek is, en die blinde sambok van die titel wat hulle tref. Nie net slaag Gideonette daarin om die tradisionele manlike rolverdeling om te dop nie, maar sy spring ook die vloek vry. Sodoende verlos sy die plaas en haar gesin van die vloek wat oor hulle geheers het.

Die teks is ’n interessante eksperiment met sy regstellende genderperspektief, maar mens vind tog dat die ouertydse waarnemings van die skrywende instansie die teks deurspek. Of moderne tieners nog met van die goed kan identifiseer, twyfel ek. En al het die outeur die teks getoets op haar leerlinge, dink ek nie hulle sal te krities en objektief kan staan teenoor haar in haar posisie as lerares nie. Net soos ek ook nie weet of moderne tieners enigsins nog met die stringe jeugboeke oor die plaaservaring kan identifiseer nie. Die moedersubjek in die teks oortuig ook nie, want sy verander net te vinnig van opinie en die ontwikkeling en aanvaarding wat by haar intree, kom net te maklik en dit maak die slot ietwat onbevredigend. Hoekom verander die Juffrou se houding ook so skielik? Kyk, ons weet die skole wemel van bedreigde juffrouens (om van die menere nie eens te praat nie) wat nie hou van slim en bekkige kinders nie — en om so skielik van posisie te verander, oortuig nie.

’n Skerpsinnige tienerleser, Marlie van Zyl, het die teks onder oë gehad en ek haal haar kritiek aan: “Ek het die boek baie geniet. Ek hou daarvan dat hulle vertel van wat die baba dink. Ek hou nie van die meisie se naam nie. Ek hou ook daarvan dat die skrywer oor dinge skryf waaroor kinders soms wonder.”

’n Ander leser het opgemerk dat die kind voorop lyk soos Riana Scheepers self — en dit open heelwat outobiografiese lesings by die teks. Sodoende sal jeugliteratuur nog ernstiger opgeneem kan word, want mense kla tog immer dat die besprekings daarvan maar yl is. Word die skrywende instansie sodoende die subjek / beskrewe objek van haar eie teks? ’n Mens sou voorts allerhande interessante psigoanalitiese patrone in die teks kon raaklees en herroep. Ook die titel met sy konnotasie van substituutfallus/ onvrugbare falliese instrument / goddelike falliese mag sou betrek kon word. Miskien moet iemand nou nog die gay wedervaringe van die ’n plaasseun op kosskool karteer. ’n Moderne Trompie en ’n ewe geil Boksombende?

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.