SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Riana Scheepers het haar KKNK-rede (tydens Die Burger se lesingreeks) spesiaal vir LitNet verkort:

Om Afrika te skryf. In Afrikaans

Riana Scheepers

Die verskyning van my kortverhaalbundel Feeks, en die gebeure van kort daarna toe ek deur ’n tydskrif afgedank is, het my diep laat dink oor my bestaan in hierdie land, oor my voortbestaan as mens en as skrywer in Afrikaans. Ek het dit nooit oorweeg om te emigreer nie, maar ek het agtergekom hoekom ek hier moet bly.

Almal in Suid-Afrika weet dat hierdie land van ons nie gemaak is vir sissies nie. As dit waar is vir die mense van hierdie land, is dit ’n nóg groter, en pynliker, realiteit vir die skrywers wat hier moet oorleef.

Afrika is nie ’n land vir swakkelinge nie. Maar Afrika is ook die land wat besing word as die plek waar daar altyd iets nuut en kreatief en opwindend gebeur. As jy toelaat dat hierdie land jou voedingsbron word, dan kan jy onuitputlik uit sy geil aarde leef. Hierdie wye en droewe land van ons het alles waarvan kunstenaars in ander wêrelddele maar net kan droom.

Ek weet nie wat my toekoms as skrywer is nie. Dit bekommer my ook nie meer so baie nie. In die verlede het ek nogal arrogante uitsprake gemaak oor die toekoms van ons taal en ons land. Ek doen dit nie meer nie, want ek het vir myself ’n nuwe taak gestel.

Ek wil in hierdie land bly sodat ek kan voortgaan met my werk, om te skryf in die taal van my hart en my niere.

Ek wil op die senuweepunte van hierdie land leef, en weet dat ek ’n mens is. En ek wil dit in Afrikaans doen.

Dit is my taak om Afrika te skryf.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.