RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor Harry Potter, Michael Jackson, die Groep van 69 en meer

Die vyfde Harry Potter-boek is uiteindelik beskikbaar! In China. Gretige Potter-aanhangers het kopieë van Harry Potter and Leopard-walk-up-to-dragon opgeraap wat in Beijing op straat verskyn het. Alhoewel die boek die naam en biografie van Harry se skepper JK Rowling dra, is dit deur ’n onbekende spookskrywer geskryf. Rowling en haar agente neem die saak “ernstig” op. Nie dat hulle hoef bang te wees dat daar enige verwarring kan wees nie — die namaaksel steek sleg af: “Harry is wondering in his bath how long it will take to wash away the creamy cake from his face. To a grown-up, handsome young man, it is disgusting to have filthy dirt on his body. Lying in a luxurious bathtub and rubbing his face with his hands, he thinks about Dudley’s face, which is as fat as Aunt Petunia’s bottom.”

***

Die Bolsjoi-teater in Moskou word sedert 1771 beskou as die “simbool van Russiese kuns”. “’n Knallende sukses” sal voortaan gesê kan word van produksies wat dié teater aanbied, nadat ’n geroeste maar aktiewe myn onlangs in die teater ontdek is. Die Bolsjoi ondergaan tans grootskaalse restourasiewerk en ’n werker het ’n myn ontdek wat dateer uit die Tweede Wêreldoorlog toe Duitse troepe die teater gebruik het as ’n wapenstoor. Niemand weet of daar nog soortgelyke verrassings wag nie, maar waar daar ’n rokie is …

***

Vir ouers wat wonder hoe om die immer ongemaklike storie van die bytjies en die blommetjies aan hulle spruite oor te dra, is SuperShagLand.com die antwoord. In die styl van Mario Bros jaag ’n meisie/seun die meisie/seun van hulle drome. Punte word bymekaargemaak deur kondome langs die pad op te tel en punte word afgetrek as die jaagtog onderbreek word deur drank en dwelms of ’n onderonsie met monnike, nonne of honde. Volgens die skeppers, K-Generation, is dit die ideale manier om jongelinge touwys te maak oor die feite van die lewe.

***

“Self”, ’n borsbeeld deur (en van) die skokkende Britse kunstenaar Marc Quinn, het danksy die nalatigheid van bouers tot niet gegaan. Die beeld, wat vir ongeveer £13 000 deur die versamelaar Charles Saatchi gekoop is, het “gesmelt” toe bouers wat aan Saatchi se huis gewerk het, per ongeluk sy yskas afgeskakel het. Dié rare kunswerk moes in ’n yskas gestoor word, aangesien dit gemaak is van 9 pinte gestolde bloed.

***

“The most miserable child portrait in the history of art.” Hierdie bedenklike eer is toegeken aan Walter Sickert se kinderportret “One of Madame Villaine’s Sons”. Die hoogs ongelukkige kind in die portret is in werklikheid die buite-egtelike kind van Sickert en verlede jaar het skryfster Patricia Cornwell boonop beweer hy was Jack the Ripper. Beslis geen rede tot opgewondenheid nie. Volgens die kurator van Charleston House Trust, Wendy Hitchmough, kan selfs goeie lig nie die portret ophelder nie. “But it’s true that if he was your son, you’d probably want to put him in for a bit of psychotherapy,” het sy nadenkend bygevoeg.

***

Die voormalige swart popmusikant, Michael Jackson, het uitgevaar teen die musiekbedryf se volgehoue diskriminasie teen swart kunstenaars — insluitende hyself. Jackson het by ’n byeenkoms van die menseregte-aktivis Reverend Al Sharpton gesê hy blameer die “rassistiese” platemaatskappy Sony vir die mislukking van sy nuutste album, Invincible. Swart kunstenaars word glo al vir meer as ’n eeu uitgebuit en weerhou van die rykdom wat hulle talent genereer het. ’n Honderd en vyftig van Jackson se aanhangers het sy woorde ter harte geneem en na Sony se kantore in Manhattan opgeruk vir ’n betoging. En Sony was seker onder die indruk dis ’n toergroep.

***

’n Nuwe organisasie, die Groep van 69, is in Kaapstad in die lewe geroep. Die strewe en uitsluitlike doel van dié groep is om hulle te distansieer van die Groep van 63. Die Groep van 69 staan ’n volkstaat voor (of ’n manskoshuis op Stellenbosch-kampus) waarin die 69-ers kan floreer in selfbeskikking. Lede van die Groep van 69 sal in alle uitsprake slegs namens hulself praat en geen uitsprake lewer in die naam van “Afrikaans”, “die Afrikaner”, “die Afrikaanssprekende” of die “Zoid-generasie” nie. Die volledige handves van die Groep van 69 word eersdaags by ’n gesellige bosberaad opgestel.

Bronne: Guardian Unlimited, BBC, Yahoo, IOL, News24

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.