RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor James Welles, kinderboeke en boekpryse ...

James Welles, ’n Amerikaanse skrywer, is in Florida in hegtenis geneem op ’n aanklag van kuberpedofilie. Welles het ’n verhouding aangeknoop met ’n 15-jarige meisie wat hy in ’n Internet-geselskamer ontmoet het. Na drie weke het hy haar probeer oorreed om hom te ontmoet om met hom seks te hê. Die “tiener” was in werklikheid ’n 40-jarige polisie-inspekteur. Ironies genoeg het Welles bekendheid verwerf met boeke getiteld The Story of Stupidity en Understanding Stupidity. Beide handel oor die dom besluite wat mense neem.

* * *

Eers was daar Judy Blume, Roald Dahl, JK Rowling en Jacqueline Wilson. En nou ook Jerry Seinfeld, Spike Lee, John Lithgow, Jamie Lee Curtis, Julie Andrews en Marlee Matlin. ’n Nuwe gier het bekendes in Amerika beetgepak: die skryf van kinderboeke. Alhoewel medeskrywers en kritici die pogings van dié Hollywood-sterre bevraagteken, glimlag die uitgewers breed. Die name alleen verseker dat die boeke opgeraap word - nie soseer deur die kinders wat veronderstel is om die boeke te lees nie, maar deur hulle ouers. Maar dit is nie ’n nuwe gier nie. Een van ons eie uitgewers het hulself mos al bewys as ’n hawe vir celebrities.

* * *

Vir die eerste maal is ’n getroude paartjie genomineer vir die Whitbread-boekprys. Michael Frayn en Claire Tomalin is onderskeidelik in die roman- en biografie-kategorieë genomineer. Frayn sal met haar boek, Spies, meeding met William Trevor (The Story of Lucy Gault), Justin Cartwright (White Lightning) en Tim Lott (Rumours of a Hurricane). Tomalin se biografie oor Samuel Pepys, Samuel Pepys: The Unequalled Self, is die gunsteling om met die £5 000-biografieprys weg te stap.

* * *

Na die skokafdanking van 5fm se platejoggie Alex Jay omdat hy kwansuis nie die “vars” profiel van die stasie weerspieël nie, het Randall Abrahams, die uiters vriendelike Idols -beoordelaar en hoof van die SABC se kommersiële radiostasies, aangekondig dat radiostasies meer veranderinge kan verwag. In ’n soektog soortgelyk aan Idols en Pop Stars wil Abrahams potensiële uitsaaitalent identifiseer wat “fossiele” soos Jay en Good Hope FM se Vernon Adams kan vervang. Adams is immers al 34.

* * *

Die organiseerders van die Booker-prys oorweeg dit om ’n prys in te stel wat skrywers vir hulle oeuvres bekroon. Hierdie “lifetime achievement award” gaan moontlik aan enige skrywer wie se werk in Engels verskyn het, toegeken word. Dit sal beteken dat Amerikaanse skrywers, wat nie kwalifiseer vir die Booker-prys nie, nou ook in ag geneem sal kan word. Die reaksie was uiteenlopend. Dan Franklin, uitgewer van skrywers soos Martin Amis en Salman Rushdie, voel dat hierdie prys as ’n korrektief kan dien tot die Booker-prys, aangesien sekere belangrike werke nooit bekroon is nie. Ander, soos die literêre agent Giles Gordon, voel dat daar reeds te veel pryse in die omloop is. Indien die prys ingestel word, meen kenners dat Salman Rushdie en die Amerikaanse skrywer Philip Roth moontlik van die eerste wenners kan wees.


Bronne: Yahoo! , BBC, CNN, New York Times en IOL.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.