RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Nuwe groep digters het tot die internasionale poësie-arena toegetree ...

Warm drift, graze gentle,
Soft sheep, mirrors,
Snow clouds.

’n Nuwe groep digters het tot die internasionale poësie-arena toegetree. ’n Trop skape van Northumberland het pas hulle eerste haikoe-verse bekendgestel. Valerie Laws het £2 000 van die Northern Arts ontvang om skape te gebruik om sogenaamde “random poetry” te skep. ’n Woord is op elk van die skape geverfspuit en soos hulle niksvermoedend wei, vorm hulle nuwe verse. Kenners meen hierdie projek is nie net ’n uitstekende manier om “lewende” poësie te skep nie, maar is ook ’n eksperiment in die kwantummeganika — ’n sytak van die fisika wat beweer die heelal word saamgestel uit onsekerheid en lukraakheid.

* * *

“Her hand is moving away from my knee and heading north. Heading unnervingly and with a steely will towards the pole. And, like Sir Ranulph Fiennes, Pamela will not easily be discouraged. I try twitching, and then shaking my leg, but to no avail. Ever northward moves her hand, while she smiles languorously at my right ear. And when she reaches the north pole, I think in wonder and terror — she will surely want to pitch her tent.”

Hierdie passasie het skrywer Christopher Hart in 2001 die ontvanger van die Bad Sex-toekenning gemaak vir sy boek Rescue Me. Die toekenning word sedert 1993 deur die Literary Review toegeken aan enige boek met die swakste sekstoneel. Vanjaar se wenner van die prys is Hari Kunzru vir The Impressionist. Kunzru se boek was, ironies genoeg, ook vanjaar een van die finaliste vir die gesogte Whitbreadprys.

* * *

Die Oscar-bekroonde akteur Kevin Spacy het ’n webtuiste, www.triggerstreet.com, opgestel om aspirant-draaiboekskrywers en -filmmakers die geleentheid te gee om ’n voet in Hollywood se deur te kry. Die webblad, met medewerkers soos Sean Penn, Ed Norton, Mike Myers, Billy Crystal, Cameron Crowe, Danny Devito, Tim Burton en U2 se Bono, beoog om konstruktiewe kritiek aan die skrywers en filmmakers te gee, en sal hulle ook help om hulle produkte aan regisseurs en produksiehuise te verkoop. Die werk van die nuwe talent sal drie maal per jaar tydens ’n aanlyn filmfees bekendgestel word. “If you have done well in whatever business you are in, it is your duty to send the elevator back down and try to help bring up the next generation of undiscovered talent.” Aldus Kevin Spacy.

* * *

“Ek sal jou graag wil besoek, maar ek mag nog nie alleen oor die straat stap nie.” Met sulke kommentaar van jong lesers in gedagte het die suksesvolle Amerikaanse kinderboekskrywer Eric Carle besluit om ’n museum te open wat spesialiseer in kinderboekillustrasies. Die Eric Carle Museum of Picture Book Art het pas geopen in Amherst, Massachusetts, ook bekend as die tuiste van digter Emily Dickenson. Die museum, geleë in ’n 7,5 akker-appelboord, het $11,5 miljoen ontvang van donateurs soos die Eric and Barbara Carle Foundation, Penguin Putnam Inc en HarperCollins. ’n Permanente versameling illustrasies sal in die museum hang (effens laer, spesiaal vir kinders), ’n ouditorium sal vertonings en boekbekendstellings vir kinders huisves, ’n biblioteek gaan toegang bied aan die belangrikste werke en ’n kunsateljee sal klasse aan skoolgroepe en belangstellendes bied. Carle beklemtoon dat die museum nie slegs vir kinders is nie, maar vir die hele spektrum liefhebbers.

* * *

Harry Potter woon en werk in Observatory, Kaapstad. In ’n onlangse onderhoud het Harry Potter-skrywer JK Rowling te kenne gegee dat haar karakter gebaseer is op ’n skoolvriend, Stephen Potter. Die donkerkop-, lenige Potter was saam met Rowling in Wyedean Comprehensive en Tutshill School en werk vandag as astronoom by die Sterrewag in Observatory. Soos Harry is dit sy droom om te vlieg — nie op ’n Nimbus 2000 nie, maar as ’n ruimtereisiger by NASA. Ongelukkig onthou Potter nie vir Rowling nie. Selfs al was sy die hoofmeisie.

* * *

Die gebrekkige 2000-heruitgawe van die tweedelige Perspektief en Profiel gaan nou aangevul word deur ’n derde deel wat vir publikasie in 2003 beplan word. Die 2000-uitgawe, onder redakteurskap van HP van Coller, is gekritiseer omdat belangrike skrywers soos die Tagtigerdigters, Olga Kirsch, PJ Philander en AHM Scholtz om duistere redes nie gefigureer het nie. Dit het die oogmerk van die publikasie — om ’n oorsig en bespreking van tendense in die Afrikaanse letterkunde te gee en profiele van skrywers daar te stel — ’n knou toegedien. Ons wag nou net vir die aankondiging dat ’n vierde deel gepubliseer gaan word — een wat die steeds ontbrekende kinder- en jeuglektuur sal bevat.


Bronne: BBC News, New York Times, IOL, USA Today


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.