RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

RiemTelegram

Erns Grundling

Dokumentêre filmfees in Kaapstad, Johannesburg

Fliekvlooie en liefhebbers van veral dokumentêre films durf nie Encounters misloop nie. Encounters is 'n dokumentêrefilmfees van die hoogste gehalte wat van 16 Julie tot 1 Augustus in die Waterfront in Kaapstad en van 30 Julie tot 8 Augustus by die Cinema Nouveau in Rosebank aangebied word.

Meer as 60 films word vertoon, waarvan die kortste 'n skamele ses minute en die langste 145 minute lank is. Daar word ook 'n rekordgetal van 26 Suid-Afrikaanse dokumentêre films vertoon. Verlede jaar het meer as 10 000 rolprentgangers die filmfees bygewoon. Daar word ook verskeie fassinerende werkswinkels oor dokumentêre films aangebied.

Klik hier om Encounters se amptelike webwerf te besoek.

Aanlynpret by Die Burger!

Is jy verveeld by die werk? Is die baas dalk op 'n sakereis na Istanboel? Het jou sekretaresse haar sjarme verloor? Is jy gatvol vir Solitaire?

Moenie vrees nie, liewe webvraat. Ons almal se gunsteling Afrikaanse dagblad in die Wes-Kaap, Die Burger, bied 'n nuutjie in Afrikaans op hul webwerf.

Die eerste daaglikse Afrikaanse interaktiewe blokkiesraaisel verskyn nou by www.dieburger.com in samewerking met Pharos. Dit is heeltemal gratis en beloof ure se kopkrap en vermaak. Klik net op die skakel onder die hofie "Pret" in die linkerkantse kolom op die tuisblad, en siedaar! (Of klik sommer hier om direk na die blokkiesraaisel te gaan.)

Behalwe vir die blokkiesraaisel is daar ook 'n weeklikse nuusvasvra wat Woensdae gepubliseer word uit die afgelope week se koerante.

Wie ry saam aan die PEN?

Groot nuuskierigheid heers in literêre kringe oor wie die bykans 40 Afrikaanse skrywers, filosowe en literatore is wat by die eerste Afrikaanse tak van die skrywersorganisasie PEN aangesluit het.

Dan Roodt het onlangs dié tak gestig en is behoorlik met vrae gepeper deur LitNet se Paneelkloppers (klik hier vir die onderhoud).

In die onderhoud is name soos John Miles, Jaap Steyn, John Kannemeyer, Piet Haasbroek, Hermann Giliomee, George Weideman en HP van Coller genoem.

Roodt het laat weet dat die volledige naamlys bekendgemaak sal word sodra alle betrokkenes die PEN-handves onderteken het.

Sal ons hulle dalk solank die Groep van 40 kan noem?

Aanrandings en skokke wag in Song vir Katryn II

Vanaand is dit weer tyd vir die splinternuwe reeks van Jan Scholtz se Song vir Katryn II. Hierdie gewilde reeks, met rocker Valiant Swart wat die rol van Jinx vertolk, het kykNET-kykers se verbeelding verlede jaar aangegryp en Valiant se musiek aan 'n reusegehoor bekendgestel.

Therése Benade vertolk weer die rol van Katryn. Die vonke spat behoorlik in die eerste episode vanaand, waar sy wreed aangerand word in Londen en haar tassies pak terug na Suid-Afrika. Jinx en Slab (Mel Botes) is nog steeds dokters tydens kantoorure en rock-jollers in die nag. Die aartsskurk van die eerste reeks, Robert Gouws (Jacques Combault), gaan glo 'n vloek op Jinx en Katryn uitspreek wat verreikende gevolge vir dié twee gaan inhou.

Moenie Song vir Katryn II misloop nie! Donderdae om 20:30 op kykNET, met herhalings op die volgende tye:

Vrydae 15:30
Saterdae 11:00
Sondae 18:30
Maandae 14:00
Dinsdae 09:30.

Hou LitNet dop vir die spesiale Song vir Katryn II-blad wat binnekort gereed sal wees! Neem deel aan die gesprekke oor die reeks en staan die kans om CD's en ander pryse te wen.

Oom Paul se afsterwe word op Kerkplein gevier

Paul Kruger se afsterwe 100 jaar gelede is gister met groot seremonie op Kerkplein, Pretoria gevier. Die geleentheid is aangebied deur Café Riche, die FAK en die Krugermuseum. Dit het ook saamgeval met die viering van die Franse nasionale dag.

Daar was 'n militêre parade op Kerkplein en die saluut is deur Dan Roodt waargeneem. (Klik hier vir foto's en hier vir Ossewania II se stuitige stukkie satire.



LitNet: 15 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.