RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

RiemTelegram

Erns Grundling

Valiant terug in Song vir Katryn II

@ JinxNa die goue sukses (meer as 25 000 cd's verkoop) is Valiant Swart terug met die klankbaan vir die nuwe reeks van Song vir Katryn, wat op 15 Julie afskop op kykNET. Die cd staan bekend as @ Jinx.

Hierdie keer het Mel Botes 'n groot hand in die opneem van die album. Van die songs op die cd heet "Liefde by die dam", "Die blinde man" en "Daar's 'n ster". Die song "Electric e-mail lover" herinner glo sterk aan die Rocky Horror Picture Show.

Die voorafbestellings was glo só goed dat die tweede oplaag cd's reeds gedruk word.

Sprak 'n spreuk vir Woordfees 2005!

Diep gewortel, wyd gesaai!LitNetters kan sekerlik die debakel onthou wat laasjaar uitgebreek het oor die Woordfees se plakkaat van die ietwat oneerbiedige madame wat wydsbeen sit en rook teen 'n pienk agtergrond wat min aan die verbeelding oorlaat. Die slagspreuk "Diep gewortel, wyd gesaai" het ook die wenkbroue laat lig en 'n paar stigtelike feesvrate ontstel. Op die ou einde was dit maar deel van die hype en was die Woordfees 'n reusesukses.

Nou is dit weer tyd vir die Woordfees en Protea Boekwinkel se slagspreukkompetisie. 'n Kontantprys van R500 en 'n R300-geskenkbewys wag vir dié wat die oorspronklikste spreuk vir Woordfees 2005 kan uitdink.

Die sesde Woordfees vind volgende jaar vanaf 7 tot 13 Maart plaas. Die klem val in 2005 op die Tagtigerskrywers, wat mense soos Koos Prinsloo, Etienne van Heerden en André Letoit (Koos Kombuis) insluit. Hierdie skrywers het hul stem dik gemaak tydens die hoogbloei van Apartheid, in die dae van noodtoestande, die grensoorlog en die latere Voëlvry-beweging. Feesgangers sal kan kies uit 'n verskeidenheid topgehalte-produksies.

Die feesorganiseerder is op soek na 'n feestelike, op en wakker slagspreuk wat lekker op die tong val. Hierdie slagspreuk sal met die algemene feesplakkaat geïnkorporeer word, en verder op alle bemarkingstukke gebruik word.

Die sluitingsdatum vir dié kompetisie is Vrydag 10 September en daar is geen inskrywingsgelde nie. Verder is daar ook geen beperking op die aantal inskrywings per skrywer nie. Stuur bydraes per e-pos na fees@sun.ac.za, of met gewone pos aan: Woordfees, Departement Afrikaans & Nederlands, Privaatsak X1, Matieland, 7602.

Vir enige navrae, skakel 021-8083513 / 8082901.

Is jy gebore ná 1973?

Digters onder 30!Is jy ná 1973 gebore? Dig jy soms by kerslig, by lantern of op 'n kroegtoonbank? Durf jy jouself "digter" noem? Indien wel, kan jou werk dalk in Digters onder 30 verskyn.

Genugtig-Uitgewers beplan om later vanjaar 'n versamelbundel van jong digters met die titel Digters onder 30 uit te gee. Stuur asseblief bydraes (Afrikaans, gedigte, skrywers jonger as dertig jaar) na digtersonder30@webmail.co.za.

Die boek sal in hardeband uitgegee word, saam met swart-en-wit foto's deur jong fotograwe. Indien jy belangstel om foto's by te dra, doen asseblief navraag by die gegewe e-pos-adres. Keerdatum: 15 Julie.

Spookstasie herleef!

Johann RossouwLuisteraars van rsg wat van filosofiese besinning hou, sal bly wees om te hoor dat die gewilde geselsprogram Spookstasie weer op die lug is. Johann Botha en Johann Rossouw sal voortaan elke eerste Maandag van die maand tussen 21:00 en 22:00 op rsg oor 'n verskeidenheid onderwerpe gesels. Op 2 Augustus is die onderwerp "Is Suid-Afrika 'n demokrasie?", terwyl die program op 6 September sal handel oor 9/11.

Fokofpolisiekar lek hul wonde agter mikrofoon

Fokofpolisiekar!Hoewel die lede van die groep Fokofpolisiekar volgens News24 sleg tweede gekom het in 'n vuisgeveg in Nelspruit, sit hulle beslis nie in sak en as nie. Fokofpolisiekar het pas begin om hul eerste vollengte-album (wat glo uit 12 snitte bestaan) op te neem by Bsharp Studios in die Oos-Rand.



LitNet: 7 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.