RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

RiemTelegram

Erns Grundling

Song vir Katryn slaan Goud!

Bowline, die verspreiders van Valiant Swart se CD Song vir Katryn (Rhythm Records) het pas aangekondig dat hierdie album Goue status met verkope behaal het. Dit beteken dat meer as 25 000 eenhede verkoop is.

Volgens Peter Theunissen, besturende direkteur van Bowline, het Valiant en Rhythm Records se status en gewildheid die afgelope jaar geweldig toegeneem. “Dit is sonder twyfel Valiant se absolute toewyding wat hom so ver laat kom het. Ons sien nou uit na Platinum-verkope,” het hy gesê.

Die tweede Song vir Katryn-album verskyn in Julie, saam met die nuwe reeks op kykNET.

* * *

Digter ontsteld oor moontlike kopieregskending

Die digter Johann Lodewyk Marais is hewig ontsteld oor sy gedigte wat sonder sy toestemming op die webruimte Web-Verseboek verskyn het. Hy het per e-pos laat blyk dat al dertien sy gedigte wat in André P Brink (samest) se Groot verseboek 2000 (2000) en die CD-ROM Verswêreld (2001) opgeneem is, op hierdie blad verskyn.

“Ek het egter glad nie toestemming gegee dat hierdie gedigte op Web-Verseboek geplaas mag word nie. Op die betrokke webruimte verskyn ook gedigte van talle ander digters wie se werk in Groot verseboek opgeneem is. Dit kom my in werklikheid voor asof die betrokkene(s) probeer het om die hele Groot verseboek op hierdie manier gratis aan die leserspubliek ‘beskikbaar’ te stel,” het Marais gesê.

Behalwe vir die gedigte verskyn die volledige tekste van NP van Wyk Louw se Dias en Raka ook op die genoemde webruimte.

“Indien daar nie toestemming gegee is dat hierdie tekste gebruik mag word nie, is dit sonder twyfel ’n ernstige skending van die bepalings van die Suid-Afrikaanse en internasionale outeursregooreenkomste en word ek (en talle ander Afrikaanse skrywers) benadeel,” het Marais gesê.

Volgens Marais is daar ander webruimtes wat — met sy toestemming — van sy gedigte gebruik. “Ek kloof nie hare daaroor nie, maar dit saboteer die publikasies. Mens weet nie waar dit gaan ophou nie,” het hy gesê.

* * *

Naaimasjiene naai weer!

Een van Afrikaanse musiek se mees legendariese “underground” bands, Die Naaimasjiene, stel binnekort ’n nuwe CD bekend. Die Naaimasjiene Live, wat ’n lewende opname van ’n destydse Oppikoppi-optrede is, verskyn einde Mei by Rhythm Records. LitNet publiseer binnekort ’n eksklusiewe onderhoud met die Naaimasjiene se hoofsweep, Randy Rambo, wat allerhande geheime en stuitige staaltjies gaan uitblaker.



LitNet: 7 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.