RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

RiemTelegram

Erns Grundling

Nuwe besturende direkteur van NB Uitgewers pas aangekondig

Bron: Persverklaring

Eloise Wessels het vanmiddag (20 Februarie) die eerste vrou geword wat aangestel is as besturende direkteur van NB Uitgewers. Sy was voorheen ’n uitgewer en sakehoof, en staan sedert 2000 aan hoof van Van Schaik Uitgewers.

Helgaard Raubenheimer, besturende direkteur van NB Uitgewers, tree na meer as 35 jaar in die mediabedryf teen einde Maart 2004 uit. Oor hierdie tydperk het hy verskeie uitvoerende poste in die Via Afrika-groep beklee. Via Afrika Beperk is die houermaatskappy van NB Uitgewers (Edms) Bpk.

Hein Brand, besturende direkteur van Via Afrika, het aangekondig dat Helgaard as hoof van NB Uitgewers opgevolg sal word deur Eloise Wessels. Eloise het al haar merk gemaak as uitgewer en sakehoof, en staan sedert 2000 aan die hoof van Van Schaik Uitgewers.

“Eloise se aanstelling lui ’n nuwe tydperk in die geskiedenis van Via Afrika in. NB Uitgewers, met baie bekende drukmerke soos onder meer Tafelberg, Human & Rousseau, Kwela en Pharos, was nog altyd die hartklop van die groep. Dis goed dat die bestuur daarvan nou aan die sorg van ’n baie bekwame vrou toevertrou word.”

Hein het ook aangekondig dat Helgaard ingestem het om aan te bly as ’n nie-uitvoerende direkteur (en voorsitter) van NB Uitgewers se direksie, saam met bekende persoonlikhede soos prof Elize Botha en prof Russell Botman. “Ons wil graag Helgaard se ondervinding en kundigheid op hierdie manier behou.”

“Via Afrika is baie ingenome met NB Uitgewers se vordering en prestasie in die jongste verlede,” het Hein gesê. “NB het uitmuntende boekmense, en ek weet dat die span met Eloise aan die spits sal voortbou op ’n baie stewige en trotse tradisie.”

In sy kommentaar het Helgaard gesê dat NB ná ’n paar moeilike jare nou weer op stewige grond is. “Die span is ook gereed om saam met Eloise by wyse van spreke te gaan leeus jag.”

Eloise het gesê “Dit is ’n wonderlike geleentheid om my voorliefdes vir taal, goeie stories en mooi boeke met die opwinding van die sakewêreld te kombineer, binne die uitdagings van die Suid-Afrikaanse konteks. Ek sien baie daarna uit om met die NB-span saam te werk om die uitgewery se prestasies en trotse geskiedenis voort te sit en uit te bou.”

Via Afrika huisves al Naspers se boek-, private onderwys (insluitend Educor) en ander verwante bedrywighede en het vroeër bekend gestaan as Nasboek.



LitNet: 20 Februarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.