Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wen kaartjies vir Hoed af met Herman van Veen op 9 September om 20h00 by die PE Operahuis*

"…'n kunstenaar met onbegrensde talent!"

Haarlems Dagblad

"..he's the cure for anyone who suffers from the blues."

Diane de Beer, Pretoria News, 2005

"Hy's nog steeds 'n teaterdier par excellence…"

Paul Boekkooi, Beeld, 2005

Oos-Kaapenaars het die geleentheid om op 9 September die talente van die wêreldbekende Nederlandse kabaretmeester, Herman van Veen, in die PE Operahuis te beleef. Na sy uitverkoopte toer in Suid-Afrika in 2005, keer hy terug vir slegs een konsert in Port Elizabeth. Kaartjies vir sy vertoning Hoed af, is beskikbaar by Computicket, (tel 041 586 3177) of jy kan aan ons kompetisie deelneem.

Van Veen is die soort verhoogkunstenaar wat jou hartsnare met soveel akkuraatheid kan roer dat jy die een oomblik lê van die lag en die volgende geroer word tot in jou siel. Sy vertoning is onlangs in die Europese pers as 'n "tornado van gevoelens" bestempel .Sy sang en vertellings betower deur 'n mengsel van ironie, persoonlike anekdotes, 'n tikkie melancholie en briljante musikaliteit.

Hierdie Nederlander geniet sterstatus in verskeie Europese lande en tree sonder enige moeite in Nederlands, Duits, Engels, Frans en selfs Afrikaans op. Hy skryf en komponeer die meeste van sy materiaal self of maak gebruik van uiters talentvolle skrywers en komponiste. Hy neem elke jaar 2 to 3 CD's op, publiseer boeke vir volwassenes en kinders en het al 9 DVD's uitgereik.

Van Veen is 'n toegewyde filantroop en mede-stigter van vier stigtings wat veral daarop ingestel is om na die regte van die kind om te sien. In 2004 is hy vereer met die "World Peace Flame", 'n simbool vir vrede, vryheid, eenheid en waarheid, geïnspireer deur Mahatma Ghandi. Die Herman van Veen Foundation is ook aktief betrokke by projekte in Suid-Afrika.

Kaartjies vir Hoed af met Herman van Veen en die klassieke kitaarspeler Edith Leerkes, wat op 9 September om 20:00 by die PE Operahuis aangebied word, is nou beskikbaar by Computicket (tel 041 586 3177). Moenie die geleentheid om hierdie wêreldklas kunstenaar op 9 September in aksie te sien misloop nie!

Hoe om te wen!

Stuur 'n e-pos aan sharon@litnet.co.za en antwoord hierdie maklike vraag om twee kaartjies te wen: Watter teater gaan op die inisiatief van die Herman van Veen Foundation in Soweto gebou word?
(Klik hier vir 'n wenk!)

Jy moet die vertoning op 9 September 2006 by die PE Operahuis kan bywoon. Kaartjies sal beskikbaar by die kaartjietoonbank van die Operahuis om 19:15 op die aand van die vertoning.

Onthou om jou kontakbesonderhede saam te stuur sodat ons jou kan laat weet as jy die wenner is!


LitNet: 31 Augustus 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.