PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



derrida: woorde dui altyd 'n afwesigheid aan

Tessa Louw

“My mother Elizabeth hardly drinks, but she does smoke a lot.” (Richard Billingham)

ek kan jou bedig ma
ek kan jou bekleed met supernovas en daisies uit barberton
ek kan die blyspel van jou moederskap met alttimbre besing
(piet-piet-piet-verdriet) en met my aangebore uitveekrag
kan ek al jou leeffoute uitskandeer maar mutton dressed as lamb my kind
sou jy protesteer en as ek eerlik moet wees is jy nie digbaar
nie jy die aanstigter van konflik
die versoener van teenstanders
die lapper-plakker-perfeksionis en ma van drie
wat op ’n doodgewone maandagmiddag in maart
schwiesch uit my arms verdamp het soos afvalwater
op ’n warm plaat (of was dit soos ’n nebula)
en ek hurk voor die dam van die dood met amazing grace
wat oor die walle van my droëmond  stoot
’n opdrifsel vir jou onthalwe en vir ingeval
maar ek glo die genade onbeskryflik groot is die grootste
universele lieg en sy waarheid en seën ’n leuen sigbaar en tasbaar
en ruikbaar (soos ontbinding) toe jy doof en blind en ademloos
op maandag
31 maart 2003
om kwart voor 5
vanuit bed 1
hoësorgsaal
afdeling 495
joburg gen
gedisintegreer het en weg was jy en here ma
ek sien jou in die donker sweepslae van my oë 
in die knoeiïngs van my skeefgevurkte vingers 
in my voete wat tuinmaak in jou leersandale
waar ek skrop in die grond vir ons laaste dag totdat
die beeld in geheel weer onder my hand in die sand
herleef en fok ma ek dring aan dat hulle jou was
dat jy skoon moet wees vir die vertrek
en jy sê vat my huis toe en eksê spuit en jy slaap gesloop
in die stil katedraal van morfien met my hand op jou knie
jou bene hoog op- en oopgetrek en ek kyk en ek sien
jou skaamlippe verrassend pienk en fyn gespleet  
vir 59 en ma ek skree soos die dag van my geboorte
(stil na binne toe ingedraai hierdie keer)
oor die geweld van volbringing maar veral omdat ek en jy
so intiem verkeer vir die tweede en heel laaste keer
en ek weet dat jy in tyd en ruimte finaal onbeskikbaar is 
dat ek jou nooit met woorde kan pekel of met verse in kan lê 

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.