Theo Kemp
skryf as volg: Wat skryf n mens in n CV? Al jou sogenaamde hoogtepunte? Of al die boring detail van jou bestaan tussen vandag se Egoli en môre sn? Die konvensionele? Ek is gebore, eendag (twyfel of dit n reëndag was), op 21 Januarie 1976 in Humansdorp. Na my nimmereindigende skooljare het ek n BA (met hoofvakke Afrikaans en Nederlands, Filosofie) in Stellenbosch voltooi. Uit pure malheid en passie het ek toe my honneurs en meesters in die Afrikaanse letterkunde gedoen en pas ingeskryf vir my D. So tussendeur die swottery was ek Nederland toe, het geleef, beplan om nog meer te leef, het geskryf, beplan om nog meer te skryf.
|
|

|