Riekie Human
het na skool en universiteit (albei op Stellenbosch) vir ‘n ruk koers
gekies na die Engelse platteland. Daarna het drie jaar by ‘n koerant in
die Kaap gevolg, toe amper vyf jaar as inhoudsbestuurder op die internet,
en uiteindelik het sy by tydskrifte tot rus gekom. Wanneer sy nie kniediep
in die produksieproses op pad drukkers toe staan nie, werk sy aan haar
leesrekord van agt boeke in een week. Tussenin speel sy in haar kombuis,
en kruip weg vir die wêreld op ‘n klein strandjie wat byna niemand anders
van weet nie. Daar is ‘n onbekende getal bokse in haar kaste, en hulle
is vol papiertjies en boekies met los gedagtes wat eendag wanneer hulle
groot is, gedigte wil word.
|
|
|