PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



naglied van johannes kerkorrel

Tom Gouws


Men at forty
Learn to close softly
The doors to rooms they will not be
Coming back to.
      - Donald Justice

die son val geluidloos die skemer in
oorryp appelkoos
i have no cause to be awake
die dorp word koud kafees gaan toe
my oog word die sluiter van ’n kamera
ligsensitief staccato
die donker sak ’n stadige blinding oor my
sekelmaan se snykant
’n lemmetjie wat oor my wang vee
hoeveel keer sal die son vannag nog sak
my patrollie ry môre weg
ek sing saggies om die duister teë te hou
al lê die berge nog so blou
ek weet die nag is honger
vanaand gaan die volkies koring sny
alas
that night should be to thee
instead of morning

die stilte stap in soos ’n gehoor
ek kyk na die bedroefde palms van my hande
die vrees klamp toe soos boeie
diep-lang kepe kom lê gemaklik in vleis
niks niks teen die grein nie
soos bloed kleef herinneringe klééf
agter my glimlag is ’n doringdraad gespan
verhale stomp op my droë lippe
te teer om oor te vertel
i have no cause to be awake
intiem soos aids kom lê die naggeluide in my
dood groet met ’n sagte hand
lankal reeds het ek my tent verlaat
hy wapper wapper in die wind
in verbeelding staan ek smôrens op my pa se stoep
maak oop jou hart maak oop jou deur
laat my binnekom laat my bly
as die siener moeg geword het van wag
neem hy sy hart in sy hand
en wring sy gedigte hardop uit
gedigte is niks anders nie as gebede

onaangeraak
vel skeur sag
die kleintong hang ’n valbyl
asem hyg van hartseer soos ’n hond
bloed pleit kloppend aan die weerlose keel
klop klop aan ’n swaar deur
as dit donker is as almal slaap
is ek voor jou skrefiesdeur en ek wag
my hande deel my erfdeel uit
die son val ’n pap appelkoos
dis lánk na twaalfuur
die boom lig sy arms in wanhoop
die nag loop leeg soos ’n konsertsaal
tula tokkelossie almal almal is nou weg
tula babbenini niemand maak vir kleintjie seer nie
tula al is pappa ver
       vannag gooi ek my geweerband weg
       ek haal my gordel af

geen snik in die longe
dis sagter as slaap
tussen hemel en aarde is ek lig so lig
i have no cause
maak toe jou hart sluit dig jou deur

kyk hoe hang my oorjassie van klei
my geliefde hang in die bos
nooit as nimmer kom hy los
wiegend in die wind
wag-’n-bietjie wag-’n-bietjie
in die bitterbessiebos

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.