PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Vuur, skadu en drome

Fire Griffin

Die lewe is 'n nimmereindigende sirkel wat alles en almal in rimpels beïnvloed. Die sintuie ervaar en die brein stoor alles. Hierdie belewinge steek nou en dan stuitig kop en skouers uit of rem teen jou bors vas. Dan skryf jy vir jouself en vir ander - soms met die hart en soms met die kop.

Die lewe is so "chock-a-block" dat dit nie moontlik is om spesifieke mense en gebeure uit te lig nie (skrywers wil ook nie altyd te spesifiek wees nie, nè!) Fire Griffin en Light Raven word deur musiek, films, poësie, prosa, romanse, seks, die gotiek en die spirituele geïnspireer. (Geen sport nie, dankie!) Hulle is ook kunstenaars wat graag na die kwas gryp om te skep.

Fire Griffin Hierdie Taurus is oorspronklik van die Noordweste (of die Wilde Weste, soos sy spottenderwyse sê) - die geboorteplek van Aardklop. Sy het haar Honneursgraad in Kommunikasiekunde aan die Universiteit van die Noordweste (Universiteit van Potchefstroom) behaal. Haar belangstelling in poësie het 'n erns geword toe sy in die laat 90's na Pretoria verhuis en gereeld voordragaande by Up the Creek en Tequila Sunrise in Hatfield begin bywoon het. Fire Griffin skilder fantasietemas.

Light Raven Hierdie Aquarius is misterieus en praat nie graag oor homself nie. Hy is so te sê 'n teenpool van die "vuurvretervrou" Fire Griffin. Hy onthou dat hy met 'n pen in die hand gebore is. Hy kwyl oor rooikoppe (natuurlik óf gebottel). Hy is betrokke by 'n skrywersforum in Pretoria. Hy het by Tukkies gestudeer. Daarna het hy 'n loopbaan in die kunste gekies. Light Raven skilder ekspressionistiese portrette.

Poësie-/liedjieskrywers Leonard Cohen en Nick Cave het 'n groot rol in die lewens en skryfwerk van beide digters gespeel. In een van sy bundels, The Energy of Slaves, skryf Cohen:

I'd like to read
one of the poems
that drove me to poetry
I can't remember one line
or where to look.

(Touché, sê ons digters!)

Die fokus val op die "Energy of Slaves / Energie van Slawe", want skrywers en kunstenaars is almal slawe! Gedryf deur emosies, passies en obsessies! Dis die vuur wat skepkrag dryf en voer, want Leonard sê ook:

Love is a fire
It burns everyone
It disfigures everyone …

Fire Griffin en Light Raven het nie die bundel met 'n tema in gedagte geskryf nie. Hulle het bymekaargekom oor 'n hele paar glasies wyn (altyd ongelooflik inspirerend!), alles bymekaargegooi en begin "roer". "Tydens die proses het ons opgelet dat daar drie temas is wat soos 'n goue draad deur die bundel loop: vuur, skadu en drome!" voer Light Raven aan.

Talle Afrikaanse poësieskrywers het ook hierdie temas gebruik: Elisabeth Eybers praat in haar "Gebed van Verstarrende Siele" van "die vlamme van die oomblik". ID du Plessis skryf ("Die vlam"): "Jou liefde is 'n helder vlam wat stil en suiwer voor my brand ..." Stephan Bouwer skets die droomwêreld deur te sê: "Jy slaap nou eenkant en privaat, jou mooi kop 'n kluis vol geheime"; en Breyten Breytenbach skryf in sy "Slaap klein beminde": "wees bly in jou drome". Andre Letoit/Koos Kombuis skryf oor "soet droompies". Ingrid Jonker skep "Die donker man". Sheila Cussons kook poësie in haar "Swart heksekombuis". Opperman skryf ("Diereriem/Weegskaal"): "Die nag en dag sal ek soms bring deur wik en weeg tot ewening; maar altyd roer tussen die twee die wyser van die skemering."

Die twee digters het self die ontwerp, deurgaans in tweekleur, gedoen: rykrooi en swart, om verstaanbare redes. Die simbolisme is verder gevoer deur die plasing van die "sielsimbole" op elke binnebladsy waarop die betrokke skrywer se gedig verskyn. Selfs die reëlspasiëring is doelbewus verskillend. "Hiermee onderstreep ons ons individualitiet maar ook 'n ooreenkomstigheid as gemoedsgenote", sê Fire Griffin. Die twee skrywers is dit eens dat die bundel 'n vryheidskreet is: "Ons wou nie konformeer en ons laat voorskryf nie." Hulle glo verder dat dit juis hierdie kreatiewe tipe mens sal wees wat die bundel sal koop, lees en geniet.

Waarom tweetalig? Fire Griffin sê dat haar Engelse verse internasionaal gepubliseer is en pryse gewen het, terwyl sy skuldig moes voel omdat sy nie in haar eie taal, Afrikaans, gepubliseer kon word nie! Nuwe poësie- en prosaskrywers moet 'n kans gegun word, want daar is BAIE nuwe talent daar buite! Afrikaanse elitisme is iets van die verlede. LitNet maak die taal en publikasiemoontlikhede tasbaar vir skrywers wat hulle penkrag ernstig opneem. Indien 'n persoon tweetalig kan skryf, doen dit! Sy noem dan die name van Antjie Krog en André Brink.

Light Raven spogspot dat sy poësie donkerder as dié van Fire Griffin is en beskryf dit as 'n "abyss" van spieëls, refleksies en skaduwees en 'n plek van seer om in te verdwaal en te droom. In sy digkuns lê hy veral klem op tydsverloop en kontraste. Hy glo alles moet 'n begin en einde hê. Dit wat voortvoeter tot vervelens toe (soos sepies op TV) verveel hom grensloos. Hy geniet dit om kontraste naas mekaar te stel. Dit laat die leser dink en skep so 'n effense misterie. "Alles in my digkuns doen ek met 'n doel, byvoorbeeld die gebruik van en/of die gebrek aan spasiëring, leestekens, spelling, hoofletters en alle ander taalkundige nuanses waarvan ek soms geen benul het nie."

Fire Griffin se Afrikaanse poësie is meer satiries, want sy wil nie haar lesers in "die dal van doodskaduwee" en Hades laat nie. Sy verwring ook sprokies om die kinkels van realisme te weerspieël. Haar Engelse verse is spiritueel met 'n knypie mitologie. Sy hou ook 'n droomdagboek wat as inspirasie vir haar skryf- en skilderwerk dien.

Hulle het alreeds 'n tweede bundel in die oog.



LitNet: 09 Februarie 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.