Marius Botha
matrikuleer in 1989 aan die Hoërskool Die Kruin (Johannesburg) met kuns
as hoofvak. Hy voltooi sy BA by die Universiteit van Pretoria in 1992;
verdere studie by UNISA in die Bedryfsielkunde. Sedert 1994 is hy werksaam
as personeelbestuurder by die Landbounavorsingsraad, eers by Onderstepoort
Veeartsenykunde-Instituut, daarna en tans by Landbou-ingenieurswese. Hy
skryf sedert st 6, hoofsaaklik poësie en hoofsaaklik oor persoonlike a-ha
belewenisse, emosies, ontnugterings. Afrikaans is vir my n
passie, sê hy.
|
|
|