PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Die Profeet - fragmente

Johann Boshoff

I
In ongereelde nagtelike besoek,
immergroen soos eerste liefde,
kom jare later tog jy na my
en ruimskoots wys jy huis.

Van vertrek na volgende vertrek
herinner jy my om te blaai,
te lees aan die vermaning aan my,
neerskrywer van profeetwoorde.

Soek jy, Baruk, roem vir eie ego? Staak dit!
Ek tref die mens met rampe en, profeteskrywer,
jý sal aan die rampspoed nie volmaak ontsnap,
dog wel net met die lewe jou gegee.

O, Here, spaar my die ellende
en laat my maar net skryf!

II
Die prater van preekbare woorde,
kyk skielik stip na die vrou
neffens my soos 'n siel.

"Lees wat Moses vir Aäron sê!"

Haar moed versink,
dring mý om die opgelegde woorde te praat:

Kyk! Die altaar. Kom nader.
Jý, praterpriester,
bring die offers,
dié vir sonde en dié wat brand,
vir jouself.

Ingekeer pluk ek veldblomme soos van ouds,
stapel dit op gras op klip op die koppie
anderkant die spruit onderkant die opstal.

Die vuurhoutjie vonk soos van weleer,
spring as vlam in in die droogheid van gras in
en verskroei elke ydel tekstuur en kleur en geur.

Bring dán die soenoffer vir  jou en jou mense.

Ek soen, Here.
Ek, priester, soen my mense – van ma tot beminde,
maar, heerlike Here, hoe offer mens 'n soen?
Dalk die skropvrou se hand in myne?
Bleek lippe wat op bruin vingers jammer sê?
Is dit dié offer?
'n Soen in seep?

Eers daarná, vir die ganse volk,
doen jý versoening,
nes Ek beveel.

Nee, Here, nou gaan U gans te ver.
Om hierdie dwarse volk tot teenaan U te louter
brand niks in my immers heet en hoog genoeg
behalwe …

behalwe dalk my woorde,
woorde wat boontoe walm
in meedoënlose gebed.

III
Stamverband is as kwessie netelig,
herkoms en afkoms heel verdag
in hierdie bedeling se geslag,
maar ek,
ek weet ná jare
Issaskar is my stam:

Die tye se tekens is mos geen geheim vir my,
en heimlik wis ek wat gedoen moet word,

maar geloof in hierdie tekens se vertolking
en dade dienooreenkomstig
ontbreek.

O, die wete van wéét smeul!

Dié boytjie is glo soos van Nasaret
en daaruit kom tog geen profeet,
watwou nog na hom luister!

IV
Op U kan ek nie altyd reken nie,
nie wanneer my geld ongeldig bly,
my arms en hart leeg,
my kragte in depressie
laer trek in liglose dieptes.

Nee, wisselvallig soos 'n stroom in die Karoo is U:
My pyn is bodemloos en brak;
my wonde bly bloei.

Swyg! Trek terug jou woorde,
die snert in wat jy sê,
en Ek verhef jou tot my diens.

Laat woorde waarde hê,
dan praat jy namens My.
Want mense moet jóú volg;
nie jy vir hulle nie.

Húlle sal jou alkant beveg,
Maar Ek, Ek jou Here,
jou redding en jou hulp,
is by jou wat tans twakprater is.

En alles verstil.

Here, my Here,
die guns van mense soek ek nie,
ook nie wanneer my praat bloot benoude babbel is nie.
Verlos my en my lostong van ons lompheid.

V
Salf help genees,
so sê die dokters,
maar U salf my seer anders:

Met goeie nuus
stuur Ek jou,
met 'n lag en 'n lied,
na moedeloses,
stuur jou met my woorde:
hulle is nou vry, die onvryes,
van elke sel en elke vreemdbekende hel.

Om mý dreig nuwe mure,
waaroor U woorde spring.



LitNet: 30 Augustus 2006

Klik hier vir meer oor Johann Boshoff

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.