PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Naglied van die Siel

Omdigting van die Christen-mistikus, Juan de Yepes (die Heilige Johannes van die Kruis), se gedig waarop hy sy oordenking in Boek 4 en 5 van Die bestyging van die berg Karmel (1578) grond

Johann Boshoff

Tot buite in die duister nag,
met verdriet wat vlam vat as liefde
– o, geseënde geleentheid! –
het ek ongesiens gegaan,
my huis gehul in slaap.

Tot in dié donkerte, tog geborge,
met 'n geheime leer langs en vermom
– o, geseënde geleentheid! –
het ek gesluip in die duister, 'n geheim,
my huis in slaap gehul;

gesluip tot in die vreugdenag,
geheimsinnig, ongesiens
– self onsiende –
sonder ander lig of leiding,
buiten dit wat in my hart brand.

Hierdie lig se vlam het my gelei,
koersvaster as die son,
tot waar Hy gewag het
– Hom vir wie ek ken as etsing in my hart –
op 'n plek waar niemand kom nie.

O, nag wat my lei, rigternag,
veel soeter as die dagbreek;
o, nag, wat só tot een maak
die minnaar en sy Beminde,
verander minnaar ín Beminde.

Op my ontluikende bors,
geheel en al vir Hom opsy gesit,
het Hy aan die slaap geraak,
terwyl ek Hom streel,
Hom met 'n seder koel waai.

Vanaf die slagveld het 'n bries aangewaai,
sy hare wild laat wapper,
en met sy skone hand
het Hy my nek ligweg aangeraak,
my sinne swymelend gelaat.

Heel stil het ek gelê en onthou vergeet.
Teen my Beminde se bors het ek aangeleun
en in my gelatenheid niks meer geken nie
en my sorge weggewerp,
dit gelos tussen lelies, lelies wat lieflik is.




LitNet: 05 Julie 2005

Klik hier vir meer oor Johann Boshoff

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.